Menu terloops

Troukoors S1

Op Showmax [Gepubliseer op 13 Des 2021]


In Showmax se eerste oorspronklike romkom speel Ilse-Lee van Niekerk ’n trouebeplanner wat tussendeur ander se liefdesvieringe ook ’n pasmaat soek.

Kyk nou

Troukoors S1
Kyk lokprent

In Showmax se eerste oorspronklike romkom speel Getroud met Rugby se Ilse-Lee van Niekerk ’n borrelende, altyd-glimlaggende trouebeplanner wat tussendeur ander se liefdesvieringe self ook ’n pasmaat soek.

Troukoors is deur die kreatiewe duo Louis Pretorius en Albert Snyman van Infinity Films geskep, met Nina Swart wat die regie behartig. Onder Louis en Albert se gewildste reekse tel Die Boekklub en Fynskrif.

Daar is ’n mengsel van nuwe en bekende gesigte in die rolverdeling. Die voormalige kinderster Blyde Smit (Erfsondes, 7de Laan) speel Jessica se suster Luca, ’n sagteware-ontwikkelaar wat meer vlot is in die Star Trek-taal, Klingon, as flirt, met Bianca Flanders (Nêrens, Noord-Kaap) as Jessica se biseksuele beste vriendin Abi, ’n professionele bakker. SAFTA-wenner Kevin Smith (Skemerdans) is Abi se pa (en Luca se baas), met Melt Sieberhagen (Proesstraat) as sy kêrel.

“Wat verfrissend van hierdie reeks is, is dat Louis en Albert realistiese stories geskep het wat ook wys dat daar geen mens is wat heeltemal perfek vir jou gaan wees nie,” sê Armand Aucamp, een van Jessica se lovers in die eerste seisoen van die reeks. “Daar gaan iemand in jou lewe kom wat jou seksueel bevredig, maar dalk nie emosioneel nie. En dan kom iemand wat jou emosioneel vervul en dan werk die fisieke aantrekking nie. Of iemand is té rustig en jy wil meer intensiteit hê. Jy wil rigting hê, iemand wat nie beige is nie.”

Kyk Troukoors slegs op Showmax vanaf 13 Desember 2021. Showmax het reeds die reeks vir  ’n tweede seisoen hernu. Dit sal in 2022 bekendgestel word.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies