Menu terloops
In Wat om te kyk [3 Sep 2024]

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024


Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Stroom 'Wyfie' aanlyn

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Wyfie oor ʼn groep universiteitsvriendinne, speel af by die Pantera-koshuis van die denkbeeldige Eike-universiteit.

Die tweede aflewering van Wyfie word tans op Showmax vrygestel. Daar is elke Dinsdag twee nuwe episodes beskikbaar. Hier is wat jy vandeesmaand op dié universiteitsdrama kan verwag.

Donderdag, 5 September

“Stoepskou”

’n Belangrike eerstejaar-tradisie het die hele koshuis op hol. Nastasha is op haar senuwees oor Pantera se finansies. Die Otters neem ’n belangrike besluit rakende Kyla se desperate situasie.

“Back 2 School”

Die eerste dag terug op kampus bring verrassings: ’n nuwe Mia Meyer, ’n ultimatum aan Kyla, ’n reeks gatkrampe vir Amanda met komplimente van Simeon, en ’n geskenk wat Shay laat smelt.

Donderdag, 12 September

“Koshuisfoto”

Pantera se jaarlikse koshuisfoto word geneem, maar niemand is so gereed soos hulle behoort te wees nie. Kyla beland langs die verkeerde persoon op die foto. 

“Die Klou”

Nastasha betrek vir Amanda by een van Pantera se oudste tradisies, maar dit gaan beteken dat sy vir Kyla verraai.

Celeste Loots as Amanda in Wyfie. Foto: Verskaf
Gaan Amanda (Celeste Loots) vir Kyla (Kristen Raath) verraai? Foto: Verskaf

Donderdag, 19 September

“Onse Vaders”

Shay laat ontwikkel al haar pa se ou foto’s en dit is ’n ontnugtering oor die mens wat sy besig is om te word. Haar ma, Ragel, vind uit van haar kuiers met die professor. 

“Op jou knieë”

Shay daag overwags by Maggie se woonstel met ’n belangrike vraag op. Sal hulle twee die antwoord kan vind? Amanda word onkant gevang deur ’n verrassende boodskap van ’n ou vlam.

Donderdag, 26 September

“Tannie Adri”

Koshuismoeders word gesien en nie gehoor nie. Maar Tannie Adri het genoeg gehad en gee vir Nastasha en die huiskomitee hel.

“Liewe Toekomstige Ek”

Jessie, die Ottters se koshuisdogter, beland in die gemors wanneer sy een van Shay se grootste geheime aan almal in Pantera uitlap.


Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies