Menu terloops
In Wat om te kyk [3 Des 2024]

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Desember 2024


Amanda probeer realiteit ontwyk, terwyl Kyla se lewe ontrafel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Stroom 'Wyfie' aanlyn

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Desember 2024

Wyfie oor ʼn groep universiteitsvriendinne, speel af by die Pantera-koshuis van die denkbeeldige Eike-universiteit.

Die tweede aflewering van Wyfie word tans op Showmax vrygestel. Daar is elke Dinsdag twee nuwe episodes beskikbaar. Hier is wat jy vandeesmaand op dié universiteitsdrama kan verwag.

Dinsdag, 3 Desember

Baby Daddy Deel 1

In ’n poging om ’n versoek van Daniël te ontduik, reël Amanda ’n Grot-fliekaand. Mia word gedwing om eerlik oor haar optrede te wees. 

Baby Daddy Deel 1

Die Otters ondersteun Amanda om die waarheid te konfronteer, al die dreig die web van leuens om haar in te sluk. 

Wyfie Showmax
Amanda (Celeste Loots) sukkel om die waarheid te konfronteer. Foto: Verskaf

Dinsdag, 10 Desember

Waar daar ’n rokie is

Daar ontstaan ’n brand in Iemand se kamer en die koshuis moet ontruim. Midde dié chaos, kom Mia tot Jessie se redding en Amanda is dankbaar vir die afleiding. 

Geen fenikse hier nie

In die nadraai van die brand, probeer Jessie haar geheim hou. Mia is steeds op die oorlogpad met die Otters en Natasha beraam ’n gevaarlike plan.

Dinsdag, 17 Desember

Eilande

Die HK word geskors, Natasha trek uit, Shay is siek, Amanda is eensaam, Kyla word amper uitgevang vir kroekery en Mia besef sy is tog lief vir die koshuis.

Die engel

Shay word in die hospitaal wakker. Sy deel ’n kamer deel met die regte Barbara Kannemeyer, wat haar nuwe perspektief gee.

Dinsdag, 24 Desember

Een week later

Kyla loop haar vas in die nagevolge van haar optrede. Amanda sukkel om vrede te maak met Mia. Shay herstel nadat sy met Maggie opgebreek het.

Warm water

Die Otters gaan laai vir Kyla af nadat sy geskors word, maar hulle besef hoe diep in die moeilikheid Kyla regtig is.

Wyfie Showmax
Shay (Beáta Bena Green) en Maggie (Cintaine Schutte) se verhouding kom tot ’n einde. Foto: Verskaf

Dinsdag, 31 Desember

Keeping it classy

Dis Jessie se eerste huisdans, en André is haar date, wat natuurlik die Otters vreeslik oorbeskermend maak. Daniel konfronteer vir Simeon by die huisdans.

Die pandemie

Daar breek ’n siekte in die koshuis voor die groot sêr-uitdunne uit. Mia neuk haar eerste werkie as HK op. Amanda en Shay kom tot haar redding. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer
Sien alle opsies