Wyfie oor ʼn groep universiteitsvriendinne, speel af by die Pantera-koshuis van die denkbeeldige Eike-universiteit. Dubbelepisodes word elke Dinsdag op Showmax beskikbaar gestel om te stroom. Hier is wat jy vandeesmaand op dié universiteitsdrama kan verwag.
Dinsdag, 4 Junie 2024
“Effing Ermelo”
Thando reël ’n verrassing vir Mia in ’n hotekamer. Maar is dit meer as wat Mia kan hanteer? Of is dit presies wat sy nodig het?
“Kill your darlings”
Die hele kampus maak gereed vir ’n groot kulturele geleentheid. Soos wat Shay in haar skryftalent delf, ontdek sy ’n teer waarheid rakende haar verhouding.
Dinsdag, 11 Junie 2024
“Die warmste dag van die jaar”
Dis die warmste dag van die jaar, en die spanning loop hoog langs die universiteitswembad. Daniel, Hanco en Simeon probeer om hul hoogs plofbare ego’s in toom te hou.
“Dors”
Leo Manskoshuis hou hul jaarlikse Dors-dag en Daniel is vasberade om dit die beste een nóg te maak. ’n Oorgretige Hanco wurm hom in by die tradisie wat lelik skeefloop.
Dinsdag, 18 Junie 2024
“Verwagtinge”
Dis die dag van Ragel se groot boekbekendstelling. Tussen die intellektuele elite van Eikestad raak Shay so bietjie weg en Neo staan uit. Shay en Ragel eindig in die spervuur op.
“Mandla, 1996”
In ’n terugflits-episode na Londen in die laat negentigs, leer Shay haar ma en pa as studente ken. Sy vind die waarheid uit oor waarom haar pa nie in Suid-Afrika gebly het nie.
Dinsdag, 25 Junie 2024
“Vreet en vergeet”
Wilmien veg teen sabotasie terwyl sy ’n reünie probeer reël – net om te besef dat haar pogings deur Natasha se slinkse planne verydel word. Kyla se oë dwaal.
“Wildemien”
Wilmien se dae is getel terwyl Mia haar hoërskooldae met Wilmien herroep. Dinge raak moeilik tussen Daniel en Hanco wanneer Baksteen kompeteer vir die posisie van beste vriend.