Menu terloops
In Wat om te kyk [27 Mei 2024]

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Junie 2024


Shay leer die waarheid oor haar pa terwyl Natasha slinkse planne het. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Stroom 'Wyfie' aanlyn

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Junie 2024

Wyfie oor ʼn groep universiteitsvriendinne, speel af by die Pantera-koshuis van die denkbeeldige Eike-universiteit. Dubbelepisodes word elke Dinsdag op Showmax beskikbaar gestel om te stroom. Hier is wat jy vandeesmaand op dié universiteitsdrama kan verwag.

Dinsdag, 4 Junie 2024

“Effing Ermelo”

Thando reël ’n verrassing vir Mia in ’n hotekamer. Maar is dit meer as wat Mia kan hanteer? Of is dit presies wat sy nodig het?

“Kill your darlings”

Die hele kampus maak gereed vir ’n groot kulturele geleentheid. Soos wat Shay in haar skryftalent delf, ontdek sy ’n teer waarheid rakende haar verhouding. 

Wyfie
Beáta Bena Green vertolk die rol van Shay in Wyfie. Foto: Verskaf

Dinsdag, 11 Junie 2024

“Die warmste dag van die jaar”

Dis die warmste dag van die jaar, en die spanning loop hoog langs die universiteitswembad. Daniel, Hanco en Simeon probeer om hul hoogs plofbare ego’s in toom te hou.

“Dors”

Leo Manskoshuis hou hul jaarlikse Dors-dag en Daniel is vasberade om dit die beste een nóg te maak. ’n Oorgretige Hanco wurm hom in by die tradisie wat lelik skeefloop.

Dinsdag, 18 Junie 2024

“Verwagtinge”

Dis die dag van Ragel se groot boekbekendstelling. Tussen die intellektuele elite van Eikestad raak Shay so bietjie weg en Neo staan uit. Shay en Ragel eindig in die spervuur op. 

“Mandla, 1996”

In ’n terugflits-episode na Londen in die laat negentigs, leer Shay haar ma en pa as studente ken. Sy vind die waarheid uit oor waarom haar pa nie in Suid-Afrika gebly het nie.

Dinsdag, 25 Junie 2024

“Vreet en vergeet”

Wilmien veg teen sabotasie terwyl sy ’n reünie probeer reël – net om te besef dat haar pogings deur Natasha se slinkse planne verydel word. Kyla se oë dwaal.

WYFIE
Marguerite van Eeden as Wilmien. Foto: Verskaf

“Wildemien”

Wilmien se dae is getel terwyl Mia haar hoërskooldae met Wilmien herroep. Dinge raak moeilik tussen Daniel en Hanco wanneer Baksteen kompeteer vir die posisie van beste vriend.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies