Menu terloops
In Gons [23 Jan 2024]

Wie’s wie in M-Net se nuwe gesinsdrama, ‘Summertide’


Frank Rautenbach en Amalia Uys is deel van die rolverdeling van ‘Summertide’, ’n nuwe plaaslike gesinsdrama wat op Sondae op M-Net sal uitsaai.

Stroom aanlyn

Wie’s wie in M-Net se nuwe gesinsdrama, ‘Summertide’
Kyk lokprent

Summertide draai om ’n mariene-bioloog, Martin Field (Frank Rautenbach) wat ná die dood van sy vrou (Amalia Uys) saam met sy twee kinders na die Valsbaai-omgewing verhuis. Hier begin hy ’n nuwe bewaringstrust, maar die lewe is nie so sonnig en droomagtig soos die see-uitsig nie. 

Die reeks verken die lewens van die Field-familie en die interessante karakters wat hul paaie kruis – elkeen met hul eie geheime en begeertes. Ons ontmoet Martin se ma, Wilma, en pa, Jack Field, ’n afgetrede vlootbevelvoerder.

Martin se kinders, Tristan en Lucy, sukkel intussen om tot verhaal te kom ná hul ma se dood. Dis nou buiten die gewone druk en spanning wat hulle op skool ervaar. 

Dan is daar ook Martin se broer, Gavin, ’n afgetrede professionele branderplankryer wat ’n klein branderplankbesigheid bedryf en ’n sorgvrye lewe lei. 

Martin se eks, Rebecca Solomons, is ook in die prentjie. Sy het as ’n bekende Michelin-ster-sjef in New York gewerk en gaan nou met Gavin uit. 

Summertide se 52 episodes sal vanaf einde-Januarie aanstaande jaar op Sondae om 18:00 uitgesaai word. Die episodes se storielyne is gemik daarop om vir die hele gesin bedoel te wees.

Die akteurs

Frank Rautenbach as Martin Field 

Rautenbach is bekend vir sy kragtige optredes in rolprente soos The Bang Bang Club en Hansie: A True Story. Hy het ook ’n paar sterk TV-dramas op sy kerfstok, waaronder sy rol as Jason Hugo in M-Net se bekroonde Lioness (nou op Showmax). Hy het bekendheid verwerf as Tiaan in 7de Laan.

“Ek is oor die maan! Ek hou daarvan om stories te vertel, veral stories oor gesinne. is die perfekte voertuig om dit te doen,” sê hy in ’n mediaverklaring.

Amalia Uys as Julia Field

Julia was die sonskyn in Martin se lewe en saam met haar sterf ’n groot geheim… Amalia Uys is tans op die kassie in die kykNET-reeks Straat en is ook bekend vir haar rolle in Desert Rose en Die Byl.

Monique Rockman as Rebecca Solomons

Die SATFA-benoemde aktrise Monique Rockman voeg ’n laag van romantiese kompleksiteit by die intrige in die reeks. Sy is bekend vir haar rolle in Suidooster, Die Spreeus, Binnelanders en die veelbekroonde eko-gruwelfilm, Gaia (op Showmax). 

Andre Jacobs en Terry Norton as Jack en Wilma Field

Norton is veral bekend vir haar rol as Trish Greeff op die ikoniese sepie Egoli. Sy het reeds in meer as 33 rolprente en 22 TV-reekse gespeel en ook drie Fleur du Cap-teatertoekennings vir beste aktrise gewen. 

Jacobs is ook ’n veteraan in die bedryf. Buiten sy teaterwerk het hy al in onder meer Invictus, Mandela: Long Walk to Freedom, The Mauritanian en Hammerskjold rolle vertolk. 

Jan Combrink as Tristan en Evangelina Hallock as Lucy

Combrink het ’n hoofrol in die bekroonde Oliver Hermanus-fliek Moffie vertolk. 

Die jong Hallock het ’n rits teaterrolle en TV-advertensies agter haar naam.

Tyrone Keogh as Gavin Field

Hy is bekend as die ster van M-Net se sepie The Wild. Keogh het ook in The Girl from St. Agnes (Showmax), Blood Diamond en 24 Hours to Live gespeel. Hy is ook ’n nuwe gesig in die vyfde seisoen van Die Byl en vertolk die rol van kapt. William Miller, die ondersoekeenheid se nuwe profiler.

Ook in die rolverdeling:

Ntombi Makhutshi (Devil’s Peak, Cold Harbour, Disgrace)

Cassiel Eatock-Winnik (Kite, The Dark Tower)

Euodia Samson (Arendsvlei)

Maurice Carpede (Chappie)

Morné Visser (Dis Ek, Anna


Weeklikse episodes vanaf Sondag, 28 Januarie 2024 om 18:00 op M-Net (DStv-kanaal 101) en DStv Stream. Ook op Catch Up ná uitsending beskikbaar. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies