Menu terloops
In Gons [23 Jan 2024]

Wie’s wie in M-Net se nuwe gesinsdrama, ‘Summertide’


Frank Rautenbach en Amalia Uys is deel van die rolverdeling van ‘Summertide’, ’n nuwe plaaslike gesinsdrama wat op Sondae op M-Net sal uitsaai.

Stroom aanlyn

Wie’s wie in M-Net se nuwe gesinsdrama, ‘Summertide’
Kyk lokprent

Summertide draai om ’n mariene-bioloog, Martin Field (Frank Rautenbach) wat ná die dood van sy vrou (Amalia Uys) saam met sy twee kinders na die Valsbaai-omgewing verhuis. Hier begin hy ’n nuwe bewaringstrust, maar die lewe is nie so sonnig en droomagtig soos die see-uitsig nie. 

Die reeks verken die lewens van die Field-familie en die interessante karakters wat hul paaie kruis – elkeen met hul eie geheime en begeertes. Ons ontmoet Martin se ma, Wilma, en pa, Jack Field, ’n afgetrede vlootbevelvoerder.

Martin se kinders, Tristan en Lucy, sukkel intussen om tot verhaal te kom ná hul ma se dood. Dis nou buiten die gewone druk en spanning wat hulle op skool ervaar. 

Dan is daar ook Martin se broer, Gavin, ’n afgetrede professionele branderplankryer wat ’n klein branderplankbesigheid bedryf en ’n sorgvrye lewe lei. 

Martin se eks, Rebecca Solomons, is ook in die prentjie. Sy het as ’n bekende Michelin-ster-sjef in New York gewerk en gaan nou met Gavin uit. 

Summertide se 52 episodes sal vanaf einde-Januarie aanstaande jaar op Sondae om 18:00 uitgesaai word. Die episodes se storielyne is gemik daarop om vir die hele gesin bedoel te wees.

Die akteurs

Frank Rautenbach as Martin Field 

Rautenbach is bekend vir sy kragtige optredes in rolprente soos The Bang Bang Club en Hansie: A True Story. Hy het ook ’n paar sterk TV-dramas op sy kerfstok, waaronder sy rol as Jason Hugo in M-Net se bekroonde Lioness (nou op Showmax). Hy het bekendheid verwerf as Tiaan in 7de Laan.

“Ek is oor die maan! Ek hou daarvan om stories te vertel, veral stories oor gesinne. is die perfekte voertuig om dit te doen,” sê hy in ’n mediaverklaring.

Amalia Uys as Julia Field

Julia was die sonskyn in Martin se lewe en saam met haar sterf ’n groot geheim… Amalia Uys is tans op die kassie in die kykNET-reeks Straat en is ook bekend vir haar rolle in Desert Rose en Die Byl.

Monique Rockman as Rebecca Solomons

Die SATFA-benoemde aktrise Monique Rockman voeg ’n laag van romantiese kompleksiteit by die intrige in die reeks. Sy is bekend vir haar rolle in Suidooster, Die Spreeus, Binnelanders en die veelbekroonde eko-gruwelfilm, Gaia (op Showmax). 

Andre Jacobs en Terry Norton as Jack en Wilma Field

Norton is veral bekend vir haar rol as Trish Greeff op die ikoniese sepie Egoli. Sy het reeds in meer as 33 rolprente en 22 TV-reekse gespeel en ook drie Fleur du Cap-teatertoekennings vir beste aktrise gewen. 

Jacobs is ook ’n veteraan in die bedryf. Buiten sy teaterwerk het hy al in onder meer Invictus, Mandela: Long Walk to Freedom, The Mauritanian en Hammerskjold rolle vertolk. 

Jan Combrink as Tristan en Evangelina Hallock as Lucy

Combrink het ’n hoofrol in die bekroonde Oliver Hermanus-fliek Moffie vertolk. 

Die jong Hallock het ’n rits teaterrolle en TV-advertensies agter haar naam.

Tyrone Keogh as Gavin Field

Hy is bekend as die ster van M-Net se sepie The Wild. Keogh het ook in The Girl from St. Agnes (Showmax), Blood Diamond en 24 Hours to Live gespeel. Hy is ook ’n nuwe gesig in die vyfde seisoen van Die Byl en vertolk die rol van kapt. William Miller, die ondersoekeenheid se nuwe profiler.

Ook in die rolverdeling:

Ntombi Makhutshi (Devil’s Peak, Cold Harbour, Disgrace)

Cassiel Eatock-Winnik (Kite, The Dark Tower)

Euodia Samson (Arendsvlei)

Maurice Carpede (Chappie)

Morné Visser (Dis Ek, Anna


Weeklikse episodes vanaf Sondag, 28 Januarie 2024 om 18:00 op M-Net (DStv-kanaal 101) en DStv Stream. Ook op Catch Up ná uitsending beskikbaar. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies