Menu terloops
In Lysie-lysie [19 Aug 2022]

Wie’s wie in ‘House of the Dragon’


Soos dit ’n epiese reeks betaam, het ‘House of the Dragon’ etlike karakters, elk met hul eie duistere plannetjies en geraamtes in die kas. Hiér vertel ons jou meer oor die reeks se karakters en die akteurs wat hulle vertolk.

Kyk vanaf Maandag, 22 Augustus

Wie’s wie in ‘House of the Dragon’
Kyk lokprent

House of the Dragon, gegrond op die skrywer George R.R. Martin se Fire & Blood, speel sowat 200 jaar voor die gebeure van Game of Thrones af. Dit draai om die geskiedenis en bewind van House Targaryen en die magsbeheptheid wat dié ryk en sy draakruiters uiteindelik tot ’n val gebring het.

Hoewel dit nie noodwendig nodig is om met Game of Thrones (al agt seisoene is op Showmax beskikbaar) bekend te wees om die nimmereindigende geveg vir die Iron Throne te volg nie, het House of the Dragon, nes Game of Thrones, ’n baie, baie lang lys van karakters. Elkeen natuurlik met hul eie idees oor wie (letterlik) koning (of koningin) moet kraai. Dit kan moeilik raak om kop te hou, veral met al die rugstekery wat aangaan. Regtig, hierdie mense kry g’n skaam nie.

Hier is dus ’n opsomming van die reeks se hoofkarakters, die akteurs wat hulle vertolk en ’n bietjie agtergrond oor hoe hulle in die storie se grootse legkaart pas.

Kyk House of the Dragon se weeklikse episodes vanaf Maandag, 22 Augustus, om 03:00 (Express from the US-uitsending) met ’n herhaling om 21:30. Ook op DStv Online en Catch Up.

1

Paddy Considine – King Viserys I Targaryen

Viserys House of the Dragon

Viserys is destyds deur die here van Westeros tot koning verkies om sy oupa, Jaehaerys Targaryen, op te volg. Hy is ’n goedhartige man wat die vredeliewende heerskappy van sy oupa wil voortsit, maar as Game of Thrones vir ons enigiets geleer het, is dat mooi speel jou nie baie ver in Westeros kry nie… Daar is ongelukkigheid oor die manier wat Viserys koning geword het en dié twis bereik nuwe hoogtes as daar faksies ontstaan midde onenigheid oor wie hom dan moet opvolg.

2

Emma D’Arcy – Princess Rhaenyra Targaryen

Die rol word deur twee aktrises vertolk – die nuweling Milly Alcock vertolk die jonger Prinses Rhaenyra, terwyl Emma D’Arcy ’n ouer weergawe vertolk. 

Rhaenyra is die koning se oudste kind, met Valyrian-bloed en ook ’n draakruiter. Tog… sy is nie ’n man nie. En dís mos baie “problematies” (*eye roll*) – veral omdat die hooggeplaastes in Westeros niks van ’n vrou op die troon wil weet nie. Tog, sy hoop om die eerste koningin van die Seven Kingdoms te word. 

3

Matt Smith – Prince Daemon Targaryen

Matt Smith as Daemon in House of the Dragon

Daemon is die koning se jonger broer, ’n genadelose kryger en draakruiter. Hy word beskou as die koning se opvolger, maar hy is roekeloos en dra nie almal se goedkeuring weg nie. Hy word dikwels “The Rogue Prince” genoem.

4

Eve Best – Princess Rhaenys Targaryen

Rhaenys staan bekend as “The Queen Who Never Was”. Sy is ’n draakruiter en getroud met Lord Corlys Velaryon. Viserys is destyds bo haar as koning gekies, bloot omdat hy ’n man is. Tegnies was sy egter volgende in lyn om te regeer. Kom ons sê maar net sy is nie baie gelukkig met hoe dinge uitgedraai het nie… 

5

Steve Toussaint as Corlys Velaryon, “The Sea Snake”

Corlys Velaryon, “The Sea Snake”, staan aan die hoof van Huis Velaryon. Dié bloedlyn is net so oud as dié van Huis Targaryen. Hy is ’n beroemde see-avonturier en geweldig ryk – ryker as die Lannisters – en beskik oor die grootste vloot in die wêreld. Hy is getroud met Rhaenys Targaryen. 

6

Sonoya Mizuno as Mysaria

Mysaria se verhaal begin as ’n slaaf wat oor en oor verkoop word en as danser en prostituut werk. Maar aan haar is daar geen keer. Sy word later Daemon se vertroueling en minnares. 

7

Rhys Ifans as Otto Hightower

Ser Otto is die koning se regterhand, óftewel “The Hand of the King”. Hy is lojaal aan Viserys en sien die koning se broer, Daemon, as ’n bedreiging tot die vrede in die koningkryk. Hy is een van die hooggeplaastes wat enigiets sal doen om te keer dat Daemon koning word. 

8

Olivia Cooke as Alicent Hightower

Alicent is Otto se dogter en het in die Red Keep as deel van die koninklike sirkel grootgeword. Hoewel sy vriende met Rhaenyra is, ontwikkel daar later konflik tussen die twee namate die opvolgingsstryd al gevaarliker raak. ’n Jonger weergawe van Alicent word deur Emma Carey vertolk. 

9

Fabian Frankel as Ser Criston Cole

Criston Cole is bekend vir sy eerbaarheid, heldemoed en talent met sy swaard. Dis daai juiste talent wat vir sy opgang by King’s Landing sorg. 

Ook in die rolverdeling:

  • Graham McTavish as Ser Harrold Westerling
  • Michael Carter as King Jaehaerys Targaryen
  • Sian Brooke as Lady Aemma Arryn
  • Jefferson Hall as Lord Jason Lannister en Ser Tyland Lannister (die Lannister-tweeling)
  • David Horovitch as Grand Maester Mellos
  • Wil Johnson as Ser Vaemond Velaryon
  • John Macmillan as Ser Laenor Velaryon
  • Theo Nate as young Laenor Velaryon
  • Savannah Steyn as Lady Laena Velaryon
  • Gavin Spokes as Lord Lyonel Strong
  • Ryan Corr as Ser Harwin Strong
  • Matthew Needham as Larys Strong
  • Bill Paterson as Lord Lyman Beesbury
  • Bethany Antonia as Lady Baela Targaryen
  • Phoebe Campbell as Lady Rhaena Targaryen
  • Harry Collett as Prince Jacaerys Velaryon
  • Tom Glynn-Carney as Prince Aegon Targaryen
  • Phia Saban as Princess Helaena Targaryen
  • Ewan Mitchell as Prince Aemond Targaryen

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Oktober 2024

Dinge raak ernstig tussen Maggie en Shay en Kyla moet moeilike keuses maak. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer
Sien alle opsies