Menu terloops
In Wat om te kyk [16 Okt 2023]

Wat om te kyk: ‘Boetie Boer’, ‘Straat’, ‘1923’ en meer


Wat om te kyk: Angsjaende tonele in Showmax se dokkie ‘Boetie Boer’; kykNET se nuwe drama, ‘Straat’ met Nico Panagio; en Martin Scorsese se nuutste meesterstuk, ‘Killers of the Flower Moon’ tel onder vandeesweek se beste keuses, aanlyn en op TV.

Wat om te kyk: ‘Boetie Boer’, ‘Straat’, ‘1923’ en meer

Wat om te kyk op TV en aanlyn te stroom hierdie week – hier is ons top-keuses vir 16 tot 22 Oktober 2023. 

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

Boetie Boer

Vanaf 18 Oktober 2023 op Showmax

Boetie Boer, Inside The Mind Of A Monster  is Showmax se nuutste ware misdaad-dokkiereeks waarin die reeksmoordenaar Stewart ‘Boetie Boer’ Wilken oor sy grudade vertel. Dit neem kykers terug in tyd na 1990 toe Wilken sy moordtog in Port Elizabeth, nou Gqeberha begin het. Soos die joernalis Brett Adkins in die lokprent sê: “Toe hy in hegtenis geneem is, het dit geklink soos iets uit ‘n fliek. Skielik het ons ’n reeksmoordenaar gehad.”

In die vyfdelige dokkiereeks bespreek Wilken openlik sy misdade met dr. Gérard Labuschagne, die voormalige afdelingshoof van die polisie se ondersoekende sielkunde-afdeling.

Buiten Wilken se weergawe van gebeure is daar ook verskeie onderhoude met onder andere sy kinders, Sonika en Sergius, die familie van een van die slagoffers, asook sers. Ursula Barnard van die polisie se kinderbeskermingseenheid, en sers. Derick Nosworthy van die moord-en-roof-eenheid wat albei sleutelrolle in Wilken se vervolging gespeel het. 

Straat

Weeklikse episodes vanaf 17 Oktober om 20:00 op kykNET en DStv Stream (kanaal 144).

kykNET se nuwe drama is ’n tong-in-die-kies-storie oor ’n fluitjieblaser wat in witness protection beland as ’n gevaarlike sakeman ’n hitman huur om van hom ontslae te raak voordat hy teen hom kan getuig. Dit blyk egter gou dat Robert Muller (Nico Panagio) nie die enigste een is wat geheime hou nie… Terwyl hy wegkruip – en wegsteek dat hy in witness protection is – is sy bure in Aarbeistraat nie sonder hul eie sondes nie. Ken enige van die inwoners in dié cul-de-sac (werklik) mekaar?

Onder die ander akteurs in die rolverdeling tel Leandie du Randt, Amalia Uys, Hélène Truter, Hannes Brümmer, en Nicole Holm.

Killers of the Flower Moon

Vanaf 20 Oktober 2023 op Apple TV+.

Martin Scorsese se nuutste fliek, Killers of the Flower Moon, het groot lof op vanjaar se Cannes-rolprentfees ontvang, met die draaiboek wat gegrond is op die gelyknamige boek deur David Grann.

Maar, wees gewaarsku, dié vertelling, so intens en briljant soos wat dit is, is lank. Blerrie lank. 206 minute lank.

Die storie, ’n epiese Western misdaaddrama, beeld die reeksmoord op lede van die olieryke Osage-stam in Oklahoma in Amerika uit. Dié reeks grudade sou later as die “Reign of Terror” bekendstaan. Die verhaal, wat in die 1920’s afspeel, is op ware gebeure gegrond en word vertel deur die onwaarskynlike romanse tussen Ernest Burkhart (Leonardo DiCaprio) and Mollie Kyle (Lily Gladstone).

Ook in die rolverdeling is Scorsese-gunsteling, Robert De Niro, en Jesse Plemons.

Dana Stevens van Slate beskryf dit in haar resensie só: “Killers of the Flower Moon is ’n katedraal van ’n fliek; groot in ambisie en omvang, maar tog vreemd intiem in die effek daarvan op die kyker.”

1923

Vanaf 16 Oktober 2023 op Showmax.

As jy dié reeks op M-Net vroeër vanjaar gemis het, kan jy dit nou op Showmax kyk. Sommer als op een slag, want dis moeilik om op te hou as jy eers begin het.

1923 spog met veteraan- en bekroonde akteurs soos Helen Mirren, Harrison Ford en Timothy Dalton en dien as ’n prequel vir die uiters gewilde dramareeks, Yellowstone. Soos met Yellowstone, draai die verhaal in 1923 om die Dutton-familie. Hier word daar egter op vroeër generasies gefokus met die vertelling wat in 1923 afspeel. Dis ’n periode van geweldige broekskeur. En nie net vir die Duttons nie, maar ook vir die groter Amerikaanse volk met onder meer die beginstadium van die Groot Depressie en die Prohibisie-tydperk. 

Die reeks het ’n punt van 90% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes met talle kritici wat Mirren en Ford se gemaklike chemie uitwys as genoegsame rede om te kyk.

Domina S2

Kyk die tweede seisoen vanaf 16 Oktober 2023 op Showmax.

Domina speel af in antieke Rome en vertel die verhaal van Livia Drusilla (gespeel deur die bekroonde Poolse aktrise Kasia Smutniak), die magtige vrou van die Romeinse Keiser Augustus. 

Die storie word in die tweede seisoen – waarvoor ons sowat twee jaar moes wag – weer vanuit ’n vroulike oogpunt vertel. Livia, verstrengel in ’n disfunksionele gesin en in ’n onstuimige heerskappy, verkeer midde ’n magstryd om beheer oor die Romeinse Ryk.

Soos The Guardian dit gestel het, vul dié bloederige reeks die gat wat deur Game of Thrones agtergelaat is.

Rain Dogs S1

Vanaf 19 Oktober 2023 op Showmax.

Rain Dogs, ’n Britse tragi-comedy, volg ’n sukkelende enkelma, Costello Jones (Daisy May Cooper), en haar jong dogter, Iris (Fleur Tashjian). Sy hustle om ’n beter bestaan vir haar dogter te skep, maar ons weet mos it takes a village. Sy moet dus ook staatmaak op ander, soos Selby (Jack Farthing), Iris se kamma-pa, asook Costello se holderstebolder beste vriendin, Gloria (Ronkẹ Adékoluẹjo). Saam-saam vorm hulle ’n anderste tipe familie vir wie weinig dinge glad verloop…

Die New Yorker beskryf die reeks as ’n “vertoonvenster vir gebrekkige menslikheid en (soms verregaande) galghumor”. Dít terwyl TIME die reeks prys as “manjifiek donker… soos geen ander gesinskomedie op TV nie…”

The Guardian beskryf Rain Dogs weer as “ ’n somber en pragtige drama waarin die min ligpunte ’n kwessie van oorlewing is, soos gate wat deur die donker geslaan word.”

Die reeks het ’n punt van 93% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes en word daar ook tans aangedui as nommer 37 op die ranglys van vanjaar se beste TV-reekse (tot dusver).

Vjeran Tomic: The Spider-Man of Paris 

Vanaf 20 Oktober 2023 op Netflix

In dié dokumentêr vertel Vjeran Tomic, die sogenaamde “Spider-Man van Parys”, hoe hy – met erg min moeite – dit reggekry het om in 2010 kunswerke van Picasso, Braque, Matisse, Léger en Modigliani uit die Museum of Modern Art in Parys te steel.

Ook nuut hierdie week:

Vanaf 16 Oktober 2023:

It Takes a Killer S1, 20:00 op CBS Justice en DStv Stream (kanaal 170)

Essex County S1, weeklikse episodes om 20:00 op M-Net en DStv Stream (kanaal 101)

Oggy Oggy S3, Netflix 

A Quiet Place, Showmax

Black Cat, Showmax

Coach Carter, Showmax

Forrest Gump, Showmax

Geduld Is ’n Virtue, Showmax

S.W.A.T, Showmax

Tiger Cage 3, Showmax

 Vat Jou Goed En Trek S9, Showmax

 Zu: Warriors from the Magic Mountain, Showmax

Vanaf 17 Oktober 2023:

I Woke Up A Vampire, Netflix 

Heather McMahan: Son I Never Had, Netflix 

The Devil on Trial, Netflix 

Vanaf 18 Oktober 2023:

Kaala Paani, Netflix 

Vanaf 19 Oktober 2023: 

Bodies, Netflix

Cocaine Bear, Showmax

Bumblebee, Showmax

Dankie Lottoland S7, Showmax

Hannes Aan Huis S8, Showmax

Hotel Transylvania 3: Summer Vacation, Showmax

Transformers, Showmax

Transformers: Age of Extinction, Showmax

Transformers: Dark of the Moon, Showmax

Transformers: The Last Knight, Showmax

Transformers: Revenge of the Fallen, Showmax

When A Stranger Calls, Showmax

Witness To Murder: A Darrow Mystery, Showmax

Crashing Eid, Netflix

Neon, Netflix 

Crypto Boy, Netflix 

Vanaf 20 Oktober 2023:

Upload S3, Prime Video

The Pigeon Tunnel, Apple TV+

Big Mouth S7, Netflix

Creature, Netflix 

Doona!, Netflix 

Elite S7, Netflix

Surviving Paradise, Netflix

Disco Inferno, Netflix 

Flashback, Netflix 

Kandasamys: The Baby, Netflix 

Old Dads, Netflix 

Vanaf 21 Oktober 2023: 

Young Sheldon S6, weeklikse episodes om 18:30 op M-Net en DStv Stream (kanaal 101)

Riverdale S7, weeklikse episodes om 21:00 op M-Net en DStv Stream (kanaal 101)

The Bala Family S1, Showmax

Vanaf 22 Oktober 2023: 

The Rookie: Feds S1, Showmax

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies