Menu terloops

Yellowstone S1-5

Op Showmax [Gepubliseer op 6 Jul 2023]


‘Yellowstone’, met Kevin Costner in die hoofrol, is deur verskeie resensente as ’n hedendaagse ‘Dallas’ beskryf. Al vyf reekse is nou op Showmax beskikbaar.

Kyk nou

Yellowstone S1-5
Kyk lokprent

Yellowstone se dramatiese storielyne (dit word nie verniet as ’n hedendaagse Dallas beskryf nie…) hou amper nie eens kers vas by die drama wat agter die skerms afspeel nie – hoofsaaklik tussen die reeksskepper, Taylor Sheridan, en die star of the show, die bekroonde akteur Kevin Costner. (So stram is dinge, dat Costner dalk selfs nie vir die volgende seisoen gaan terugkeer nie…)

Costner het vanjaar die Golden Globe-toekenning vir beste akteur vir sy spel as die genadelose patriarg John Dutton in dié reeks gewen. As Dutton, ken hy geen perke as dit by sy plaas in Montana en sy nalatenskap kom nie – hy sal dit van enigiets en alles beskerm, hetsy teen sy vyande, die inheemse gemeenskappe wat glo dat hulle op die grond geregtig is, of ambisieuse eiendomsontwikkelaars.

Ook in die rolverdeling tel Luke Grimes, Kelly Reilly, Wes Bentley en Cole Hauser.

Die reeks het reeds verskeie spin-offs, waaronder die twee prequel-reekse, 1883 en 1923, wat op vorige generasies van die Dutton-familie en die Yellowstone Dutton Ranch, óftewel die Yellowstone van die titel, fokus.  

Die neo-Western-agtige drama het ’n punt van 84% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes met Buzzfeed wat skryf dat dit “Amerika se belangrikste drama op die oomblik” is.


Binge vanaf 6 Julie 2023 op Showmax. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies