Menu terloops

1923

Op DStv [Gepubliseer op 22 Jun 2023]


‘1923’, wat spog met veteraan- en bekroonde akteurs soos Helen Mirren, Harrison Ford en Timothy Dalton, dien as ’n prequel vir die uiters gewilde dramareeks, ‘Yellowstone’.

Kyk nou

1923
Kyk lokprent

Soos met Yellowstone, draai die verhaal in 1923 om die Dutton-familie. Hier word daar egter op vroeër generasies gefokus met die vertelling wat in 1923 afspeel. Dis ’n periode van geweldige broekskeur. En nie net vir die Duttons nie, maar ook vir die groter Amerikaanse volk met onder meer die beginstadium van die Groot Depressie en die Prohibisie-tydperk. 

Die reeks het ’n punt van 90% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes met talle kritici wat Mirren en Ford se gemaklike chemie uitwys as genoegsame rede om te kyk.

Die Sydney Morning Herald het ook Taylor Sheridan se skryfwerk geloof as “so styf dit voel asof die spanning enige oomblik kan breek.”


Weeklikse episodes vanaf Donderdag, 22 Junie 2023, om 21:00 op M-Net (DStv-kanaal 101). Ook op Catch Up.

Yellowstone is ook Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies