Menu terloops

1923

Op DStv [Gepubliseer op 22 Jun 2023]


‘1923’, wat spog met veteraan- en bekroonde akteurs soos Helen Mirren, Harrison Ford en Timothy Dalton, dien as ’n prequel vir die uiters gewilde dramareeks, ‘Yellowstone’.

Kyk nou

1923
Kyk lokprent

Soos met Yellowstone, draai die verhaal in 1923 om die Dutton-familie. Hier word daar egter op vroeër generasies gefokus met die vertelling wat in 1923 afspeel. Dis ’n periode van geweldige broekskeur. En nie net vir die Duttons nie, maar ook vir die groter Amerikaanse volk met onder meer die beginstadium van die Groot Depressie en die Prohibisie-tydperk. 

Die reeks het ’n punt van 90% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes met talle kritici wat Mirren en Ford se gemaklike chemie uitwys as genoegsame rede om te kyk.

Die Sydney Morning Herald het ook Taylor Sheridan se skryfwerk geloof as “so styf dit voel asof die spanning enige oomblik kan breek.”


Weeklikse episodes vanaf Donderdag, 22 Junie 2023, om 21:00 op M-Net (DStv-kanaal 101). Ook op Catch Up.

Yellowstone is ook Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

20

Wat om te kyk: 20+ gewilde boeke wat in TV-reekse omskep is

Van 'Recipes for Love & Murder' en 'Reënboogrant', tot 'Spooksoeker' en 'Dinge van ’n kind' – soveel boeiende boeke wat omskep is in soveel skitterende TV-reekse. Hier is ons keur van dié reekse wat jou gaan bekoor, inspireer en ontroer.

Meer

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
Sien alle opsies