Menu terloops
In Wat om te kyk [23 Okt 2023]

Wat om te kyk: Local is lekker met ‘Die Brug’, ‘Devil’s Peak’, ‘Hougaard’


Wat om te kyk: Aksiebelaaide en dramatiese tonele in M-Net se ‘Devil’s Peak’; die oud-Springbok Derick Hougaard stel sy kant van die saak in die dokkiereeks ‘Hougaard: Liefling van Loftus’; en die nuwe kykNET-realiteitsreeks, ‘Die Brug’ tel onder vandeesweek se beste keuses, aanlyn en op TV.

Wat om te kyk: Local is lekker met ‘Die Brug’, ‘Devil’s Peak’, ‘Hougaard’

Wat om te kyk op TV en aanlyn te stroom hierdie week – hier is ons top-keuses vir 23 tot 29 Oktober 2023. 

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

Devil’s Peak

Vanaf Sondag, 29 Oktober 2023, om 20:00 op M-Net en DStv Stream (kanaal 101). 

Die Deon Meyer-roman Devil’s Peak kry nuwe lewe op die kassie in ’n spanningsvolle reeks met Hilton Pelser in die hoofrol as Meyer se ikoniese Benny Griessel-karakter. 

Devil’s Peak, ’n misdaaddramareeks, speel in Kaapstad af en volg die verhaal van die talentvolle, maar erg gebroke speurder Benny Griessel, wat die vigilante-reeksmoordenaar, Thobela Mpayipheli (briljant vertolk deur Sisanda Henna), probeer vastrek. 

Terwyl hulle mekaar probeer uitoorlê, kruis Benny en Thobela sê paaie met dié van ’n desperate  enkelma, Christine (Tarryn Wyngaard). Die lot van dié drie karakters raak verstrengel terwyl die reeks opbou na ’n naelbyt-klimaks.

Die regie is deur Jozua Malherbe, bekend vir sy werk op Lioness en Griekwastad.

Hougaard: Liefling van Loftus

Vanaf 25 Oktober om 20:00 op kykNET en DStv Stream (kanaal 144).

Die voormalige Springbok Derick Hougaard maak hart skoon in die nuwe dokumentêre kykNET-reeks, Hougaard: Liefling van Loftus.

Derick het sedert sy gloriedae as Blou Bul-legende en Springbok ’n afwaartse spiraal beleef wat gekenmerk is deur openbare verleenthede en skinderstories. Oor die loop van die reeks se ses episodes, praat Derick dan vir die eerste keer oor sy lewe en dié stories. 

Rian van Heerden se produksiemaatskappy, Provoco, vervaardig die reeks. 

Die Brug S1

Vanaf Donderdag, 26 Oktober 2023, om 20:00 op kykNET en DStv Stream (kanaal 144). 

In kykNET se nuwe avontuur-realiteitsreeks, Die brug, moet 12 vreemdelinge saamwerk om ’n brug in ’n afgeleë, ongerepte plek te bou… Maar net een sal met die prysgeld van ’n R1 miljoen wegloop. 

Hou terloops dop vir weeklikse recaps.

The Enfield Poltergeist

Vanaf 27 Oktober 2023 op Apple TV+ beskikbaar om te stroom. 

’n “Spookstorie” soos min. Dié dokkiereeks vertel die grieselrige ware verhaal van een van die wêreld se bekendste poltergeist-verskynsels.

Die verhaal ontvou met meer as 250 uur van oorspronklike klankopnames wat destyds deur die paranormale ondersoeker Maurice Grosse gemaak is soos die gebeure in die Enfield-huis afgespeel het. Grosse se argiefonderhoude met diegene wat in die 70’s by die saak betrokke was, maak dit selfs nog meer interessant. Die fliekmakers het ook ’n replika gebou van die huis waar die angswekkende voorvalle afgespeel het, met akteurs wat dan uitbeeld wat op Grosse se opnames gehoor kan word.

Dié storie het al as inspirasie vir talle fiksieverhale gedien, waaronder die fliek The Conjuring 2.

Chucky S3 

Vanaf 23 Oktober 2023 op Showmax. 

In die derde seisoen van dié gruwelreeks is Chucky op pad na die Withuis. Jake, Devon en Lexy is al wat kan keer dat absolute chaos ontaard. 

Dié reeks het ’n punt van 91% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes, met resensente en kykers wat dit loof vir sy “absurde humor en kreatiewe gruwel.”

Six Four S1 

Vanaf 23 Oktober 2023 op Showmax. 

“Styf besnaar, opwindend en vol kinkels,” is hoe die London Evening Standard dié reeks in hul vierster-resensie beskryf.

Six Four is gegrond op die gelyknamige topverkoperboek deur die bekroonde Japanse spanningskrywer Hideo Yokoyama.

Die storie volg ’n speurder, Chris (Kevin McKidd) en sy vrou, Michelle (Vinette Robinson), wat voorheen undercover gewerk het, wat dan uitvind dat hul dogter se verdwyning met ’n ou saak van jare gelede verband hou. 

Die Real Housewives van die Wynlande S1

Vanaf 23 Oktober 2023 op Showmax. 

As jy die tweede Afrikaanse seisoen van NBC se übergewilde Real Housewives-franchise, Die Real Housewives van die Wynlande, vroeër vanjaar op kykNET misgeloop het, kan jy nou die hele reeks op Showmax binge.

Dié weergawe het gevolg op die vorige Afrikaanse uittog, Die Real Housewives van Pretoria, met drama-divas soos Anita Lloyd en die voormalige Mej. Suid-Afrika, Amy Kleinhans-Curd, wat vir kykers ’n blik op hul luukse lewe gegee het. 

Ook nuut hierdie week:

Vanaf 23 Oktober 2023:

Casa Grande S1, weeklikse episodes op M-Net en DStv Stream (kanaal 101) om 22:00.

The Rookie: Feds S1, Showmax

Crawl, Showmax

Disciples of Shaolin Temple, Showmax

Haunted Trail, Showmax

Legacy of Rage, Showmax

Monster House, Showmax

Vanaf 25 Oktober 2023:

S.W.A.T. S6, weeklikse episodes op M-Net en DStv Stream (kanaal 101) om 20:00.

Vanaf 26 Oktober 2023:

Makoti, Are You The One? S2, Showmax

Wie Word ‘n Miljoener? S3, Showmax

Honk For Jesus. Save Your Soul., Showmax

Don’t Look Deeper, Showmax

I Know What You Did Last Summer, Showmax

Overlord, Showmax

Slender Man, Showmax

Vanaf 27 Oktober 2023:

Ayeye: Stripped, Showmax

Vanaf 28 Oktober 2023:

Our Perfect Wedding (Kenya) S16, Showmax

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies