Menu terloops
In Gons [19 Okt 2023]

‘Die brug’: Als wat jy oor dié avontuur-realiteitsreeks moet weet


In kykNET se nuwe avontuur-realiteitsreeks, ‘Die brug’, moet 12 vreemdelinge saamwerk om ’n brug in ’n afgeleë, ongerepte plek te bou… Maar net een sal met die prysgeld van ’n R1 miljoen wegloop. Ons vertel jou hoe dié reeks werk.

Stroom vanaf 26 Oktober '23

‘Die brug’: Als wat jy oor dié avontuur-realiteitsreeks moet weet
Kyk lokprent

Ons het almal ’n brug wat ons moet oorsteek – iets in ons lewens wat ons moet oorkom. En as ons aan die ander kant kom, kyk ons terug na die reis en besef dat ons die gereedskap gehad het om self die brug te bou.

Dit is die konsep waarop die nuwe internasionale realiteitsreeks van kykNET, Die brug,gegrond is. Die plaaslike weergawe van die reeks begin Donderdag 26 Oktober om 20:00.

Hoe werk Die brug?

Die brug plaas 12 vreemdelinge in ’n afgeleë wildernis in die omgewing van Swellendam. Hul taak is om binne 20 dae ’n brug te bou in die hoop om met prysgeld van R1 miljoen weg te stap. In die proses is daar natuurlik kinkels en uitdagings wat dreig om die balans in die groep te versteur. Die spelers se sosiale vaardighede, morele waardes, fisieke én geestelike krag en uithouvermoë word tot die uiterste beproef.

Sal die geld of die spel hul morele waardes beïnvloed? Sal hulle in spanne kan saamwerk? Wie gaan selfsugtig optree? Sal die spelers die versoeking kan weerstaan om mekaar in die rug te steek? En wie sal uiteindelik oor die brug loop? Sal hulle kies om die prysgeld te deel of om alles vir hulself te hou?

Die brug werk met elemente van avontuurverhale en verken die dramas wat afspeel as ’n groep onder geweldige druk geplaas word. Die titel het egter ook ’n simboliese betekenis, want die spelers bevind hulle in hul eie lewens ook in situasies waar hulle brûe moet oorsteek om nuwe moontlikhede te ontsluit. Dít verdiep die menslike drama en maak van die reeks vir die deelnemers ook ’n stryd om selfoorwinning.

Die stem

Die akteur Neil Sandilands is ook onlangs aangekondig as die stem agter die mikrofoon vir die debuutseisoen van die reeks. Hy sal dus dien as die verteller wat drama, aksie, spanning en emosie vasvang, inkleur en versterk.

Oor die reeks en sy rol daarin het hy in ’n persverklaring gesê dat hy sommer gou deur die storie vasgevang, en selfs weggevoer, is.

“Die karakters wat ons ontmoet, is nie net appels en pere nie, maar sommer avokado’s ook. Die hart van die program, tematies, sorg vir pret, afleiding, uitdagings en stof tot nadenke. Dit tiek al die boksies wanneer dit by vermaak kom. Die Brug word spoedig hoë avontuur-realiteit en kyk met ’n vergrootglas na die menslike psige.”

Neil kry die episodes wanneer dit klaar geredigeer is en die hele vervaardigingspan tevrede is.

“Ek voeg dan my eie geur by deur die storie te vertel soos dit gebeur het. Die vervaardigers het my redelik vrye teuels gegee. Ek het dus die kreatiewe ruimte gehad om te skep. Laat ek dit sê: Ek is verslaaf! Dit het my skuldige plesiertjie geword, en ek weet dit gaan kykers oorrompel. Ek is werklik dankbaar dat die vervaardigers my gevra het om die verteller te wees.”

Belangrike terminologie in Die brug:

Houthuis – waar die spelers woon en werk. Dit bestaan uit ’n slaaparea, ’n leefarea, ’n werkswinkel en ’n pier.

Toring – 250 meter van die oewer af en die spelers se uiteindelike bestemming, want dit is waar die prysgeld wag.

Eiland – waar die Toring en die prysgeld is. Die spelers moet ’n brug bou om daar uit te kom.

Posvlot – halfpad tussen die oewer en die Toring. Dis waar die spelers boodskappe en instruksies moet gaan haal.

Poskan – die vaartuig waarin spelers boodskappe en instruksies ontvang. 

Fakkels word gebruik om die spelers te laat weet wanneer daar nuwe pos op die Posvlot is.

Verwydering verwys na ’n speler wat huis toe gestuur word. Dit kan enige tyd gebeur. Anders as in ander realiteitsprogramme, is daar nooit dieselfde reëls of meganisme vir die “verwydering ” nie. Dit is net so onvoorspelbaar soos die gebeurtenis self. As spelers verwyder word, moet hulle hul besittings pak, op ’n boot klim en die spel onmiddellik verlaat.


Die brug word deur Red Pepper Pictures vervaardig. Die reeks word uitgesaai op DStv Premium op kykNET (DStv-kanaal 144) vanaf Donderdag 26 Oktober om 20:00. Dit sal ook via DStv Stream gestroom kan word en beskikbaar wees op DStv Catch Up ná elke uitsending. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Oktober 2024

Dinge raak ernstig tussen Maggie en Shay en Kyla moet moeilike keuses maak. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Oktober 2024

Wat om te kyk: Die derde seisoen van die vlymskerp komediereeks, 'Hacks', kopdokters wat dinge sê nes dit is in 'Shrinking' S2, en agter die kospotte in 'Julia' S2 en die nuwe realiteitsreeks, 'The Pasta Queen', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
Sien alle opsies