Menu terloops
In Wat om te kyk [17 Jul 2023]

TV-hoogtepunte vandeesweek: ‘Becoming Elizabeth’, ‘FBI’, ‘Son of a Critch’ en meer


Wat om te kyk: ’n Nuwe reeks oor die Tudors, ‘Becoming Elizabeth’; die heerlike en hartverwarmende ‘Son of a Critch’ se eerste seisoen; Netflix se dokkiereeks, ‘Unknown: Cave of Bones’, oor die oudste begraafplaas in die wêreld in Suid-Afrika se Wieg van die Mensdom; en ’n blik op die mededinging tussen vroue-branderplankryers in die visueel stunning ‘Surf Girls Hawai’i’, tel onder ons top-keuses om hierdie week op TV en aanlyn te kyk.

TV-hoogtepunte vandeesweek: ‘Becoming Elizabeth’, ‘FBI’, ‘Son of a Critch’ en meer

Wat om te kyk op TV en aanlyn te stroom hierdie week – hier is ons top-keuses vir 17-23 Julie 2023.

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

Becoming Elizabeth S1 

Stroom vanaf Maandag, 17 Julie 2023, op Showmax.

Becoming Elizabeth volg die jonger jare van Elizabeth Tudor as ’n tiener wat in die politieke – en seksuele – politiek van die Engelse hof gewikkel raak soos sy opgang maak om uiteindelik die troon as koningin te bestyg. Die bekroonde Duitse aktrise, Alicia von Rittberg (sy dra, terloops, werklik die titel van gravin), speel die jong Elizabeth. 

Die eerste seisoen van dié periode-dramareeks het ’n punt van 85% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. Die kritici-konsensus lui: “Becoming Elizabeth vind vars drama in die Tudors deur die fokus na die koninklike hof se web van spinnekoppe te verskuif.”

FBI, FBI: Most Wanted & FBI: International 

Die FBI-franchise word elke Dinsdag op 19:00 op M-Net (DStv-kanaal 101) uitgesaai. Dit word ook op die DStv-app regstreeks uitgesaai en is ná die uitsending op Catch Up beskikbaar. 

As jy ’n aanhanger van die FBI-franchise is, is daar ’n heerlike – en drieledige – crossover-episode van dié franchise se grootste reekse wat op kykers wag.

In hierdie Dinsdag se episodes van FBI, FBI: Most Wanted, en FBI: International, sien ons hoe die verskillende spanne kragte saamsnoer om ’n terreuraanval af te weer. Dié crossover begin in FBI: International as ’n Amerikaanse argitek in Rome ontvoer word. Dis dan wat FBI se Jubal en Nina by Forrester en sy span in Italië aansluit. In New York jaag Maggie en Remy ’n leidraad na in die hoop dat dit Scola sal help terwyl hy undercover is om die terroriste te vind wat glo ’n aanval in New York beplan. Die derde deel van die crossover, in FBI: Most Wanted, sien dan hoe die spanne saamwerk om die voortvlugtende terroriste te keer voordat hulle die aanval kan uitvoer. 

Unknown: Cave of Bones

Vanaf Maandag, 17 Julie 2023, op Netflix. 

Dié vierdelige dokkiereeks speel af in Suid-Afrika se Wieg van die Mensdom waar die paleoantropoloog Lee Berger die wêreld se oudste begraafplaas gevind het. Dit wat hulle daar vind is egter nie menslik nie – wat als wat ons dink ons weet oor hominied-evolusie en die oorsprong van geloof kan verander. 

Unknown: Cave of Bones vertel asemrowende stories van avontuur en verkenning in ontsagwekkende en onbekende gebiede. Elke episode is eintlik ’n dokumentêre prent in die kleine waarin die grense van ons kennis verskuif word soos verhale en geheime van merkwaardige mense en plekke – wat nog nooit te vore op kamera vasgevang is nie – vertel word. 

Bad Behaviour S1

Vanaf Vrydag, 21 Julie 2023, op Showmax.

Dié Australiese reeks draai om Jo Mackenzie (Jana McKinnon), ’n beursstudent aan ’n vreeslik eksklusiewe wilderniskosskool, Silver Creek. Daar ontmoet sy ’n groep tienermeisies, en terwyl daar vriendskappe gevorm word, is daar ook toetse vir lojaliteit, seksuele verkenning en daai allerverskriklike magstryd wat mos te gereeld onder ’n lot meisies ontstaan…

Die storie ontvou in twee tydlyne, met terugflitse wat die vertelling van ekstra dimensie voorsien. 

Son of a Critch S1

Vanaf Woensdag, 19 Julie 2023, op Showmax.

Dié reeks is gegrond op die gelyknamige memoir deur Mark Critch wat vertel oor sy grootwordjare in die 1980’s as ’n tiener in Kanada se Newfoundland en Labrador. Critch, ook ’n akteur en bekende TV-skepper, het self ’n rol in die reeks – as jong Mark se pa. Ja, dis effe meta! Dis egter ook ’n hartverwarmende blik van hoe ’n jong seun die perils van tienerwees en skool met humor en ’n tikkie self-deprication probeer omseil. 

Son of a Critch se tweede seisoen is vroeër vanjaar elders in die wêreld uitgesaai en die reeks is ook reeds vir ’n derde seisoen hernu. 

Ook in die rolverdeling is Benjamin Evan Ainsworth as Mark en Malcolm McDowell as sy oupa.

Surf Girls Hawai’i

Vanaf Dinsdag, 18 Julie 2023, op Prime Video. 

Dié dokkiereeks volg ’n nuwe generasie van inheemse vroue-branderplankryers in Hawaii soos hulle meeding vir gesogte plekke op ’n wêreldtoer. 

Die fokus is op vyf van die sport se nuwelinge – Moana Jones Wong, Ewe Wong, Maluhia Kinimaka, Pua DeSoto, en Brianna Cope. Die reeks volg dié vyftal soos hulle oefen, persoonlike uitdagings takel en teen die beste surfers in die wêreld meeding om die beste brander te vang. 

Die see, kan ’n mens maar toegee, is eintlik ook een van die dokkiereeks se hoofkarakters, en die kamerawerk is deurgaans meesleurend. 

Nog hoogtepunte op TV hierdie week: 

Vanaf 17 Julie 2023:

  • Bandit, Showmax
    • The Beta Test, Showmax
    • Hokaai My Meisie S2, Showmax
    • Killer Condo (aka Secrets In The Building), Showmax
    • Malkamper S2, Showmax
    • Step Brothers, Showmax

    Vanaf 18 Julie 2023:

    Vanaf 19 Julie 2023:

    • The (Almost Legends), Netflix
    • The Deepest Breath, Netflix

    Vanaf 20 Julie 2023: 

    • The Outlaws S2, BritBox
    • Sweet Magnolias S3, Netflix 
    • Supa Team 4, Netflix 
    • Spoorloos S4, Showmax
    • A Second Chance at Love, Showmax
    • Chappie, Showmax
    • District 9, Showmax
    • The Estate, Showmax
    • Rush for Your Life, Showmax
    • Warning, Showmax

    Vanaf 21 Julie 2023: 

    • Stephen Curry: Underrated, Apple TV+
    • They Cloned Tyrone, Netflix 
    • Dew Drop Diaries, Netflix

    Kry Netflix met DStv

    DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

    Wat, waar en wanneer?

    Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

    Sien ook Meer

    Jy sal hou van:

    ‘Wyfie’: Jou kykgids vir Oktober 2024

    Dinge raak ernstig tussen Maggie en Shay en Kyla moet moeilike keuses maak. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

    Meer

    Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

    Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

    Meer

    ‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

    Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

    Meer
    12

    12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

    Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

    Meer
    Sien alle opsies