Menu terloops
In Gons [25 Sep 2024]

Totsiens Neels! ‘Diepe Waters’ se Wim groet met dramatiese exit


Neels van Jaarsveld is sedert die begin van ‘Diepe Waters’ op kykNET as Wim te sien, maar dié akteur het die telenovela met ’n dramatiese – en tragiese – einde vir sy karakter, vandeesweek gegroet.

Totsiens Neels! ‘Diepe Waters’ se Wim groet met dramatiese exit

Diepe Waters-kykers moes vandeesweek een van dié telenovela se oorspronklike karakters groet – en dit was omtrent ’n dramatiese exit vir Neels van Jaarsveld se Wim. Met sy dood laat hy ’n hele paar gebroke harte agter.

Waar is ons in die storie?

Toe Rose (Eloise Cupido) Kaap toe is vir werk, het Wim in Johannesburg gebly om die huis op te pak en te verkoop. Hy het egter gesukkel om ’n koper te vind, en hy en Rose het al verder van mekaar gedryf.

Terselfdertyd het Ben (Eric Bouwer) vir Sanet (Nadia Valvekens) laat weet dat hy gevra het om na ’n gemeente in Klerksdorp verplaas te word om nader aan sy dogter, Mari (Diandra Slabbert), te wees. Sanet wou nie saam Klerksdorp toe trek nie en het begin twyfel oor haar besluit om met Ben te trou.

Intussen het Sanet en Wim saam AA-vergaderings begin bywoon, en die een ding het tot die ander gelei… Sanet het haar verlowing verbreek, en Wim het besluit om Kaap toe te gaan en Rose vir ’n egskeiding te vra. En dis waar hul gelukkige einde in sy dinges in gestuur is met Wim wat op pad na die lughawe verongeluk het.

Neels van Jaarsveld, Diepe Waters
Geen gelukkige einde vir Wim (Neels van Jaarsveld) en Sanet (Nadia Valvekens) nie… Foto: Skermgreep

Wim se laaste storielyn in Diepe Waters het ’n hele paar kinkels gehad, maar hy geniet ’n karakterkinkel, sê Neels. “Dit maak dit uitdagend vir die speler en hou dit stimulerend vir die kyker. Dit was belangrik om die tonele so opreg, eerlik en weerloos as moontlik te benader.”

Oor sy tyd op Diepe Waters, vertel Neels dat dit juis sy mede-akteurs is wat dit so besonders gemaak het. “Ek het die jonger akteurs se energie en die ouer akteurs se stamina die meeste geniet. Die mense agter die skerms werk ook ongelooflik hard, en dis belangrik om ook vir hulle krediet te gee.”

Vir eers woeker hy nou voort met sy produksiemaatskappy, Met Eish. Vorentoe sal hy ook graag ’n bundel van sy skryfwerk wil uitgee. Daar is ook ’n filmprojek waaraan hy tans as vervaardiger, skrywer en protagonis werk, in die pyplyn.

Neels groet egter nie net vir Wim en die res van Diepe Waters nie – dis ook vaarwel aan Johannesburg en terug Kaap toe met hom. “Twee jaar is nogal ’n lang tyd om weg van die huis te wees. Maar as daar ’n interessante projek opduik, sal ek weer my tassies pak. Hoe sê hulle? Aanhou beweeg en geraas maak.”


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

As jy hou van kosprogramme
0

Afrikaans kook groot! 10+ Afrikaanse kosprogramme om op DStv en Showmax te kyk

Ons is maar net mense, ons dink met ons pense... En daar is wraggies baie kosprogramme – in Afrikaans – waarin lipafleklekker geregte opgedis word.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer
Sien alle opsies