Menu terloops
In Gons [7 Feb 2025]

‘The Mommy Club’: Wie’s wie in reeks se Afrikaanse uittog?


In die nuutste uittog van Showmax se gewilde ‘The Mommy Club’-franchise ontmoet kykers vyf ambisieuse en Afrikaanse ma’s van Pretoria.

Kyk alles nou

‘The Mommy Club’: Wie’s wie in reeks se Afrikaanse uittog?

Ná die sukses van The Mommy Club en The Mommy Club: Sugar & Spice, is The Mommy Club: Van Die Hoofstad daarop gemik om die Jakarandastad ’n behoorlike woema-inspuiting te gee. 

The Mommy Club: Van Die Hoofstad première 14 Maart 2025 op Showmax.

Dié aflewering van dié franchise bring vyf ma’s van Pretoria onder die loep soos hulle ’n balans tussen ouerskap, mag en status probeer vind en die kompleksiteite van kinders grootmaak, hul huwelike, en hul glansryke leefstyl moet hanteer.

The Mommy Club: Van Die Hoofstad stel in dié ronde ’n dinamiese rolverdeling van Afrikaanse vroue – nie een bang om hul kwesbaarheid te ontbloot nie – bekend. Hulle is: Ansu Viljoen, Crystal Van Der Burgh, Johandri Johnson, Louise Volschenk en Tessa Tullues.

Ontmoet die mammas:

Ansu Viljoen

The Mommy Club, Ansu
Ansu Viljoen. Foto: Media24/Gallo Images/Luba Lesolle

Op 30 is Ansu ’n ma van twee, getroud met Heinrich Viljoen, en met veelvuldige grade van NWU Potchefstroom en Universiteit Stellenbosch agter haar naam. As ’n smaakmaker en gekwalifiseerde hidrogeoloog, balanseer Ansu haar loopbaan met die chaos wat die grootmaak van twee kleuters onder die ouderdom van vier meebring.

Crystal van der Burgh

The Mommy Club
Crystal van der Burgh. Foto: Media24/Gallo Images/Luba Lesolle

Crystal (29) werk saam met haar pa by hul familiebesigheid en is tans betrokke by die ontwikkeling van ’n winkelsentrum. Crystal is sedert Desember 2017 aan Andrew Oliver verloof. Sy het twee kinders en haar eerste kind is gebore toe sy 17 jaar oud en nog op skool was. 

Johandri Johnson

The Mommy Club, Johandri
Johandri Johnson. Foto: Media24/Gallo Images/Luba Lesolle

Die 33-jarige Johandri het al verskeie Bikini Fitness-titels ingepalm en omhels nou die lewe as ’n voltydse ma en smaakmaker. Sy en haar man, Stiaan Johnson, is die ouers van ’n eenjarige.

Louise Volschenk

The Mommy Club
Louise Volschenk. Foto: Media24/Gallo Images/Luba Lesolle

Op 38 is Louise ’n florerende entrepreneur in die skoonheidsbedryf, en balanseer ’n suksesvolle besigheid, twee kinders en huwelik van 12 jaar. 

Tessa Tullues

The Mommy Club, Tessa Tullues
Tessa Tullues. Foto: Media24/Gallo Images/Luba Lesolle

Die 36-jarige Tessa is ’n voormalige Mev. Suid-Afrika-finalis en entrepreneur doenig in die skoonheidsbedryf, wat die lewe as ’n enkelma van twee ná ’n voortslepende egskeiding aanpak. In dié nuwe hoofstuk konfronteer sy die uitdagings om haar kinders op haar eie groot te maak terwyl sy ook versterking in haar onafhanklikheid vind.


The Mommy Club: Van die hoofstad is vanaf 14 Maart 2025 op Showmax beskikbaar om te stroom.

Kyk ook vorige seisoene van The Mommy Club op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies