Menu terloops
In Gons [15 Apr 2025]

‘The Mommy Club: Van die hoofstad’ se Ansu Viljoen: ‘Ek hoop vroue kan mekaar begin ophef’


Ansu Viljoen, een van die vyf ma’s op Showmax se gewilde realiteitsreeks, ‘The Mommy Club: Van die hoofstad’, vertel meer oor haar ervaring, wat haar onkant gevang het, en wat sy geleer het.

Kyk 'The Mommy Club: Van die hoofstad'op Showmax

‘The Mommy Club: Van die hoofstad’ se Ansu Viljoen: ‘Ek hoop vroue kan mekaar begin ophef’
Kyk lokprent

In die Afrikaanse uittog van Showmax se gewilde The Mommy Club-franchise ontmoet kykers vyf ambisieuse en Afrikaanse ma’s van Pretoria: Ansu Viljoen, Crystal Van Der Burgh, Johandri Johnson, Louise Volschenk en Tessa Tullues.

Ansu,  ’n ma van twee, is getroud met Heinrich Viljoen, en het grade van NWU Potchefstroom en Universiteit Stellenbosch agter haar naam. As ’n smaakmaker en gekwalifiseerde hidrogeoloog, balanseer Ansu haar loopbaan met die chaos wat die grootmaak van twee kleuters onder die ouderdom van vier meebring.

Terloops het met haar oor haar ervaring as deel van dié realiteitsreeks gesels. 

Vertel ’n bietjie oor jou ervaring as deel van dié reeks.

“Die verfilming van die program was werklik ’n tuimeltreinrit van emosies. Daar was dae vol van lag en spesiale oomblikke, maar daar was ook moeilike dae wat my wilskrag getoets het. Dit was ’n uitdagende tydperk vir my en my familie, maar uiteindelik het dít ons nader aan mekaar gebring. Ons het geleer om ons tyd as ’n familie saam selfs meer te koester.’

Het jy egte bande met enige van die ander ma’s gesmee?

“Crystal is al jare lank een van my beste vriendinne, en ek is ongelooflik dankbaar daarvoor. Wat die ander betref… Ek het aanvanklik potensiaal vir sterk bande gesien, veral met Johandri, aangesien ons gedeelde belangstellings gedeel het. Die groepdinamika het egter dikwels tot misverstande gelei, en daarmee saam glo ek dat vertroue die grondslag van enige verhouoding moet wees. As ek terugkyk, besef ek dat nie almal bedoel is om in jou binnekring te wees nie, en dis heeltemal oukei.”

Was daar enigiemand met wie jy gesukkel het om oor die weg te kom? 

“Daar was sekere groepdinamika wat dit vir my moeilik gemaak om met sommige van die ander ma’s te connect. Ek glo in wedersydse respek en eerlikheid in vriendskappe, en toe ek patrone van onbetroubaarheid begin opmerk het, het ek gekies om eerder my afstand te hou as om verhoudings te forseer wat nie met my waardes ooreenstem nie.”

Is daar enigiets wat jy tydens verfilming gedoen het wat jy nou wens jy anders hanteer het? 

“‘As ek enigiets kon verander, sou ek my instinkte meer vertrou het en vroeër gepraat het oor wat werklik aan die gebeur was. Maar terselfdertyd glo ek alles gebeur met ’n rede. Hierdie ervaring het my daaraan herinner dat om getrou aan my waardes te bly, selfs wanneer dit moeilik is, altyd die regte keuse is.”

The Mommy Club ANSU VILJOEN
“As ek terugkyk, besef ek dat nie almal bedoel is om in jou binnekring te wees nie, en dis heeltemal oukei,” vertel Ansu Viljoen oor haar ervaring op The Mommy Club: Van die hoofstad. Foto: Skermgreep

Wat was iets wat jou verras of onkant gevang het tydens die reeks se verfilming? 

“Die grootste verrassing was om te sien hoe vinnig mense mekaar kon aanval. Dit het my laat besef hoe skaars ware lojaliteit is. Wat my egter die meeste teleurgestel het, was om te sien hoe ma’s ander ma’s shame terwyl hulle self weet hoe moeilik hierdie reis kan wees. In plaas daarvan om mekaar te ondersteun, het sommige van hulle gekies om eerder ander af te breek. 

“Ek het dit ook ontmoedigend gevind hoe sommige vroue sukkel om ’n ander persoon se sukses te vier, asof iemand ander se prestasie iets van hul eie sukses wegneem. In my lewe prioritiseer ek vriendskappe wat op eerlikheid, aanmoediging en ondersteuning gebou is. Hierdie ervaring het versterk hoe belangrik dít is. 

“Ek hoop werklik dat ons as vroue mekaar kan begin ophef en ’n meer positiewe ruimte kan skep – nie net vir onsself nie, maar vir almal om ons.”

Wat het jy oor jouself geleer?

“Ek het geleer dat niemand perfek is nie, en dis oukei. Meer belangrik – ek het besef hoe sterk ek is. Ek het, ongeag die omstandighede, aan myself, my waardes en dit waarin ek glo getrou gebly.”

Waarom moet mense dié reeks kyk?

“Dis eg. Dis rou. Dit gaan nie net oor die glitz en glam nie. Dit gaan oor die hoogte- en laagtepunte van ouerskap, verhoudings en die lewe self. Of jy nou ’n ma, ’n sakevrou of iemand is wat vriendskappe en persoonlike groei meemaak, daar is iets hier vir almal. Dis ’n reis wat die moeite werd is om te kyk.”


The Mommy Club: Van die hoofstad is op Showmax beskikbaar om te stroom.

Kyk ook vorige seisoene van The Mommy Club op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies