Menu terloops
In Gons [15 Apr 2025]

‘The Mommy Club: Van die hoofstad’ se Ansu Viljoen: ‘Ek hoop vroue kan mekaar begin ophef’


Ansu Viljoen, een van die vyf ma’s op Showmax se gewilde realiteitsreeks, ‘The Mommy Club: Van die hoofstad’, vertel meer oor haar ervaring, wat haar onkant gevang het, en wat sy geleer het.

Kyk 'The Mommy Club: Van die hoofstad'op Showmax

‘The Mommy Club: Van die hoofstad’ se Ansu Viljoen: ‘Ek hoop vroue kan mekaar begin ophef’
Kyk lokprent

In die Afrikaanse uittog van Showmax se gewilde The Mommy Club-franchise ontmoet kykers vyf ambisieuse en Afrikaanse ma’s van Pretoria: Ansu Viljoen, Crystal Van Der Burgh, Johandri Johnson, Louise Volschenk en Tessa Tullues.

Ansu,  ’n ma van twee, is getroud met Heinrich Viljoen, en het grade van NWU Potchefstroom en Universiteit Stellenbosch agter haar naam. As ’n smaakmaker en gekwalifiseerde hidrogeoloog, balanseer Ansu haar loopbaan met die chaos wat die grootmaak van twee kleuters onder die ouderdom van vier meebring.

Terloops het met haar oor haar ervaring as deel van dié realiteitsreeks gesels. 

Vertel ’n bietjie oor jou ervaring as deel van dié reeks.

“Die verfilming van die program was werklik ’n tuimeltreinrit van emosies. Daar was dae vol van lag en spesiale oomblikke, maar daar was ook moeilike dae wat my wilskrag getoets het. Dit was ’n uitdagende tydperk vir my en my familie, maar uiteindelik het dít ons nader aan mekaar gebring. Ons het geleer om ons tyd as ’n familie saam selfs meer te koester.’

Het jy egte bande met enige van die ander ma’s gesmee?

“Crystal is al jare lank een van my beste vriendinne, en ek is ongelooflik dankbaar daarvoor. Wat die ander betref… Ek het aanvanklik potensiaal vir sterk bande gesien, veral met Johandri, aangesien ons gedeelde belangstellings gedeel het. Die groepdinamika het egter dikwels tot misverstande gelei, en daarmee saam glo ek dat vertroue die grondslag van enige verhouoding moet wees. As ek terugkyk, besef ek dat nie almal bedoel is om in jou binnekring te wees nie, en dis heeltemal oukei.”

Was daar enigiemand met wie jy gesukkel het om oor die weg te kom? 

“Daar was sekere groepdinamika wat dit vir my moeilik gemaak om met sommige van die ander ma’s te connect. Ek glo in wedersydse respek en eerlikheid in vriendskappe, en toe ek patrone van onbetroubaarheid begin opmerk het, het ek gekies om eerder my afstand te hou as om verhoudings te forseer wat nie met my waardes ooreenstem nie.”

Is daar enigiets wat jy tydens verfilming gedoen het wat jy nou wens jy anders hanteer het? 

“‘As ek enigiets kon verander, sou ek my instinkte meer vertrou het en vroeër gepraat het oor wat werklik aan die gebeur was. Maar terselfdertyd glo ek alles gebeur met ’n rede. Hierdie ervaring het my daaraan herinner dat om getrou aan my waardes te bly, selfs wanneer dit moeilik is, altyd die regte keuse is.”

The Mommy Club ANSU VILJOEN
“As ek terugkyk, besef ek dat nie almal bedoel is om in jou binnekring te wees nie, en dis heeltemal oukei,” vertel Ansu Viljoen oor haar ervaring op The Mommy Club: Van die hoofstad. Foto: Skermgreep

Wat was iets wat jou verras of onkant gevang het tydens die reeks se verfilming? 

“Die grootste verrassing was om te sien hoe vinnig mense mekaar kon aanval. Dit het my laat besef hoe skaars ware lojaliteit is. Wat my egter die meeste teleurgestel het, was om te sien hoe ma’s ander ma’s shame terwyl hulle self weet hoe moeilik hierdie reis kan wees. In plaas daarvan om mekaar te ondersteun, het sommige van hulle gekies om eerder ander af te breek. 

“Ek het dit ook ontmoedigend gevind hoe sommige vroue sukkel om ’n ander persoon se sukses te vier, asof iemand ander se prestasie iets van hul eie sukses wegneem. In my lewe prioritiseer ek vriendskappe wat op eerlikheid, aanmoediging en ondersteuning gebou is. Hierdie ervaring het versterk hoe belangrik dít is. 

“Ek hoop werklik dat ons as vroue mekaar kan begin ophef en ’n meer positiewe ruimte kan skep – nie net vir onsself nie, maar vir almal om ons.”

Wat het jy oor jouself geleer?

“Ek het geleer dat niemand perfek is nie, en dis oukei. Meer belangrik – ek het besef hoe sterk ek is. Ek het, ongeag die omstandighede, aan myself, my waardes en dit waarin ek glo getrou gebly.”

Waarom moet mense dié reeks kyk?

“Dis eg. Dis rou. Dit gaan nie net oor die glitz en glam nie. Dit gaan oor die hoogte- en laagtepunte van ouerskap, verhoudings en die lewe self. Of jy nou ’n ma, ’n sakevrou of iemand is wat vriendskappe en persoonlike groei meemaak, daar is iets hier vir almal. Dis ’n reis wat die moeite werd is om te kyk.”


The Mommy Club: Van die hoofstad is op Showmax beskikbaar om te stroom.

Kyk ook vorige seisoene van The Mommy Club op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies