Menu terloops
In Gons [30 Des 2023]

‘Suidooster’ in Januarie: Dié vyf storielyne gaan jou laat regop sit


Van geheime in kantore tot kompetisie tussen harte… Hier is wat jy in Januarie op ‘Suidooster’ kan verwag.

Stroom Suidooster aanlyn

‘Suidooster’ in Januarie: Dié vyf storielyne gaan jou laat regop sit

Dié vyf storielyne waarborg ’n woeste begin van die nuwe jaar vir die inwoners van Ruiterbosch in Suidooster.

1

Die Ruiterbosch-dief bly toeslaan en die inwoners begin paniekbevange raak oor wie die skurk is wat hulle links en regs besteel. Daar word boonop vermoed dat dit iemand in hul eie midde is… Iemand wat alles van almal se sake weet. 

2

Die kompetisie tussen Rhafiek en Zoë oor JPD raak al hoe feller, en nie een van die twee skroom om vuil te speel nie. Dit lei tot nadelige gevolge vir JPD en Bridgette sien rooi oor die chaotiese uitwerking daarvan. 

3

Danni en Siya neem ’n besluit oor hul toekoms en wil graag hul familie uitbrei, maar dít is makliker gesê as gedaan. 

4

Dinge tel spoed op tussen Laylla en Nazeem en dié twee wil graag hul verhouding ’n kans gee. Maar dan begin Laylla by JPD werk. Nazeem vra die Samsodiens om sy en Laylla se verhouding stil te hou, want Bridgette sal ontplof as sy moet weet haar gehate halfbroer se nuwe liefde is nou ’n JPD-personeellid… Maar soos dit in Ruiterbosch gaan, het geheime ’n manier om uit te kom. 

Suidooster, Nazeem en Laylla
Dinge tel spoed op tussen Laylla en Nazeem en dié twee wil graag hul verhouding ’n kans gee. Foto: Skermgreep
5

Zoë is ook jaloers op haar eks-minnaar se nuwe meisie, en sy sukkel om net ander pad daaroor te kyk. Intussen besluit Nazeem dat dit wel tyd is om nuwe wraakplanne teen Bridgette van stapel te stuur. Maar gaan hy dié keer te ver?


Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies