Menu terloops
In Gons [30 Des 2023]

‘Suidooster’ in Januarie: Dié vyf storielyne gaan jou laat regop sit


Van geheime in kantore tot kompetisie tussen harte… Hier is wat jy in Januarie op ‘Suidooster’ kan verwag.

Stroom Suidooster aanlyn

‘Suidooster’ in Januarie: Dié vyf storielyne gaan jou laat regop sit

Dié vyf storielyne waarborg ’n woeste begin van die nuwe jaar vir die inwoners van Ruiterbosch in Suidooster.

1

Die Ruiterbosch-dief bly toeslaan en die inwoners begin paniekbevange raak oor wie die skurk is wat hulle links en regs besteel. Daar word boonop vermoed dat dit iemand in hul eie midde is… Iemand wat alles van almal se sake weet. 

2

Die kompetisie tussen Rhafiek en Zoë oor JPD raak al hoe feller, en nie een van die twee skroom om vuil te speel nie. Dit lei tot nadelige gevolge vir JPD en Bridgette sien rooi oor die chaotiese uitwerking daarvan. 

3

Danni en Siya neem ’n besluit oor hul toekoms en wil graag hul familie uitbrei, maar dít is makliker gesê as gedaan. 

4

Dinge tel spoed op tussen Laylla en Nazeem en dié twee wil graag hul verhouding ’n kans gee. Maar dan begin Laylla by JPD werk. Nazeem vra die Samsodiens om sy en Laylla se verhouding stil te hou, want Bridgette sal ontplof as sy moet weet haar gehate halfbroer se nuwe liefde is nou ’n JPD-personeellid… Maar soos dit in Ruiterbosch gaan, het geheime ’n manier om uit te kom. 

Suidooster, Nazeem en Laylla
Dinge tel spoed op tussen Laylla en Nazeem en dié twee wil graag hul verhouding ’n kans gee. Foto: Skermgreep
5

Zoë is ook jaloers op haar eks-minnaar se nuwe meisie, en sy sukkel om net ander pad daaroor te kyk. Intussen besluit Nazeem dat dit wel tyd is om nuwe wraakplanne teen Bridgette van stapel te stuur. Maar gaan hy dié keer te ver?


Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies