Menu terloops
In Lysie-lysie [13 Des 2024]

‘Suidooster’: Dié 5 storielyne het kykers in 2024 laat regop sit


’n Orkaan van drama in ‘Suidooster’ het die afgelope jaar omtrent ’n spoor van verwoesting in Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar dié kykNET-sepie afspeel, gelaat. 

Stroom 'Suidooster'

‘Suidooster’: Dié 5 storielyne het kykers in 2024 laat regop sit

Talle onverwagte kinkels het sepiekykers vasgenael voor die kassie gehou, maar veral dié vyf Suidooster-storielyne het Suid-Afrika behoorlik laat gons. 

1

Die tragiese verhaal van Nazeem en Laylla 

Elke pot het sy deksel en aan die begin van 2024 het dit gelyk of Ruiterbosch se grootste skobbejak dalk net syne gevind het. Laylla (Kay Smith) het byna dadelik Nazeem (Irvine van der Merwe) se oog gevang. Kort voor lank was dit duidelik dat dié twee vir mekaar bedoel is. Nazeem was selfs bereid om sy skobbejak-gedrag op te offer vir ’n eerbare lewe sodat hy en Laylla saam ’n toekoms kon hê. Die noodlot het egter ander planne gehad ná ’n motorongeluk, waarvoor Nazeem homself aanvanklik blameer het, Laylla se lewe geëis het. 

2

Die Danielse se groot hartseer

Suidooster
Tyron (Maurice Paige) se dood het Lee-Ann (Portia Joel) se lewens onherroeplik verander.

2024 het die Daniels-gesin omtrent beproef. Veral Lee-Ann (Portia Joel) het die een terugslag na die ander beleef. Tyron (Maurice Paige) se afsterwe nadat sy breingewas weer posgevat het, het Lee-Ann, Wade (Dean Smith) en Carlo (Jadon Booysen) se lewens onherroeplik verander. Die toekoms het skielik vir hulle baie donker gelyk. Elkeen het die verlies van ’n eggenoot, ’n broer en ’n pa op hul eie manier hanteer. 

3

Tim kom tot ’n val

Dikwels kom sepiebooswigte letterlik met moord weg… Maar die tyd het in 2024 finaal vir Tim du Plooy (Marco Spaumer) ingehaal. Ná Ian October (Abuduragman Adams) se dood het Tim ’n gulde geleentheid gesien om wraak op Bridgette (Denise Newman) te neem en sy kloue in haar sakeryk te slaan. Tim, een van die mees gehate karakters op Suid-Afrikaanse televisie, het egter sy hand oorspeel. Die wiel het vir hom begin draai nadat dit op die lappe gekom het dat hy nie net sy vrou, Zoë (Lauren Joseph), laat ontvoer het nie, maar haar boonop laat glo het sy is die dogter en erfgenaam van haar oorlede oom Ian se sakeryk. Die uiteinde was dat Timmy Boy uiteindelik in die tjoekie beland het. 

4

Mymoena se dobbelverslawing

Suidooster in julie 2024
Die dobbelduiwel wou net nie vir Mymoena (Jill Levenberg) uitlos nie. Foto: Skermgreep

Nadat Nazeem en Texas Kannemeyer (Donovan Pietersen) ’n onwettige dobbelplek in die Suidooster-sentrum begin het, het die dobbelduiwel se greep op Mymoena (Jill Levenberg), een van ons geliefste TV-anties, Suidooster-kykers behoorlik verstom gehad. Dié storielyn is ook binne die konteks van die Moslemkultuur outentiek en genuanseerd uitgebeeld. Vir weke moes kykers toekyk hoe hul geliefde Mymoena nie net haarself nie, maar ook haar waardes, aan dobbelverslawing verloor. Dit is volgens haar kultuur haram vir Moena, ’n gesiene Moslem in die gemeenskap van Ruiterbosch, en ook bloot ongewoon vir haar karakter. 

5

Imelda se verskuilde agenda

Imelda Davids (Ilse Klink) se aankoms in Ruiterbosch het omtrent ’n warrelwind van drama veroorsaak. Dié (op die oog af) sakevrou het nie gehuiwer om haar bose planne van stapel te stuur nie. Sy het almal ’n rat voor die oë gedraai. Maar kort voor lank het haar eerste geheim op die lappe gekom en dit was dat sy inderwaarheid Kaashifa se lang-verlore tannie is. Maar haar ware agenda was dat sy betrokke was by ’n mensehandelsindikaat. Dit het nie lank geduur voordat Gary (Craig Adriaanse) in haar visier beland het nie. Gelukkig het Riaan (Daniel Coetzee) ’n rot geruik en net betyds agter die kap van die byl gekom.

Van die talle ander noemenswaardige gebeure in Ruiterbosch was:

  • Mymoena (Jill Levenberg) wat haar hand weer aan liefde gewaag het toe sy vir Sammy (Royston Stoffels) ontmoet het.
  • Siya (Gantane Kusch) en Danni (Vashti Prins) se huwelik wat skipbreuk gelei het.
  • Die einde van Wade (Dean Smith) en Angie (Char Carrie) se verhouding toe hy en Zoë (Lauren Joseph) besef het hulle is ná al die jare wel vir mekaar bedoel. 
  • Kate (Annelisa Weiland) se seun Riaan (Daniel Coetzee) wat wortels en Ruiterbosch kom skiet het en met Bianca (Simone Biscombe) ’n verhouding aangeknoop het. 
  • Herschel (Emile Hager) se obsessie met Susan (Natasha van der Merwe) en sy poging om Elana (Esther von Waltsleben) te vermoor. 
  • Kaashifa (Jawaahier Petersen) se borsrekonstruksie waarna sy haar reuk- en smaaksintuie verloor het. 
  • Lisa (Elsje Slabbert) wat Aiden (Theodore Jantjies) se voete onder hom kom uitslaan het. Maar dit was alles deel van ’n bedrogspul om geld van hom te in te boesem. 
  • Mrs J (Theresa Sedras) se besluit om Tulbagh haar nuwe tuiste te maak om vir Ronald (Ivan Abrahams) te versorg.
  • Susan en Elana wat getrou het. 
  • Kaashifa en Rhafiek (Irshaad Ally) wat uitgevind het hulle gaan vroeg in 2025 ouers word.
  • Lee-Ann (Portia Joel) se motorkaping wat ernstige trauma tot gevolg gehad het en haar pad met dié van Debbie (Marissa Claasen) laat kruis het.

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies