Menu terloops
In Onderhoude [21 Jun 2024]

‘Suidooster’: Wie is Texas Kannemeyer?


Die voormalige ‘Getroud met Rugby’-akteur, Donovan Pietersen, vertel meer oor sy karakter, Texas Kannemeyer, wat dinge in ‘Suidooster’ kom omkrap. 

Stroom 'Suidooster'

‘Suidooster’: Wie is Texas Kannemeyer?

Sy naam voorspel al klaar dat hierdie kalant dalk soos ’n cowboy van ouds dinge gaan omverwerp in Ruiterbosch. En dit is inderdaad so: Texas Kannemyer gaan groot drama en intriges in Suidooster veroorsaak met sy aankoms in dié Kaapse woonbuurt. 

Al wat hy eintlik wil doen, is om sy lewe om te swaai en ’n verskil in die gemeenskap maak. Maar onheil wag op die horison nadat sy paaie met dié van die sluwe Nazeem (Irvine van der Merwe) kruis. 

Hoe sal jy Texas beskryf, en hou jy van jou karakter?

“Hy is baie slim, baie slinks en beslis met ’n heuningkwas in die hand gebore. Hy smeer dit so maklik om almal se mond. Texas is nie net een-dimensioneel nie. Alhoewel hy die ou is wat Nazeem se planne moet uitvoer, is daar tye wanneer hy vir homself opstaan as hy dink Nazeem vat dinge nou te ver. Ja, tussen alles deur is Texas ook maar net mens, een met ’n mooi hart.”

SUIDOOSTER
Watse slinkse geselsies maak Texas (Donovan Pietersen) met Bridgette (Denise Newman)? Foto: Verskaf

Jy het in Getroud met Rugby ook ’n moeilikheidmaker gespeel. Is dit vir jou lekker om ’n skobbejak te wees en hoekom?

“Ek hou daarvan om die rol van enige karakter te vertolk, so lank as wat dit die doel van die storie op ’n eerbare wyse dien. Tog lyk dit asof die villain-tipe karakters sterkter tot my aangetrokke voel, want dit is die soort rolle waarvoor ek in die meeste gevalle ge-cast word.”   

Wat geniet jy daarvan om in ’n sepie te speel?

“Dit is altyd lekker om in ’n sepie te speel, want dit leer en help jou om jou ander vaardighede as ’n vryskutakteur op te skerp. Soos byvoorbeeld om voor verskeie kameras op te tree. Dit is ook goed vir jou loopbaan omdat meer mense jou werk kan sien.” 

Wat het vir jou uitgestaan van jou tyd op Suidooster?

“Die eenheid, liefde, omgee, menswees, respek tussen almal. En die feit dat dit soos een groot familie is . . . Dit het my laat tuis voel.

Suidooster se karakters is sout van die aarde mense. Dit vertel eerlike stories oor alledaagse dinge waarmee die gewone ou op straat mee kan relate.”


Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

As jy hou van kosprogramme
0

Afrikaans kook groot! 10+ Afrikaanse kosprogramme om op DStv en Showmax te kyk

Ons is maar net mense, ons dink met ons pense... En daar is wraggies baie kosprogramme – in Afrikaans – waarin lipafleklekker geregte opgedis word.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer
Sien alle opsies