Menu terloops
In Sepies [6 Mei 2024]

‘Suidooster’ se ‘Timmy Boy’ kom tot ’n val 


Min karakters het al vir kykers so die hel in gemaak soos die akteur Marco Spaumer se Tim du Plooy in ‘Suidooster’… Maar nou gaan hy boet!

‘Suidooster’ se ‘Timmy Boy’ kom tot ’n val 

Een van die mees gehate karakters op Suid-Afrikaanse televisie het in Maandagaand se episode van Suidooster tot ’n val gekom. 

Die afgelope paar weke het dié kykNET-sepie se aanhangers al begin moed opgee dat Tim du Plooy, wat deur die akteur Marco Spaumer vertolk word, óóit aan die pen gaan ry vir al sy wandade en wreedhede.  

“Die wiel het egter verlede week vir Tim begin draai nadat dit op die lappe gekom het dat hy nie net sy vrou, Zoë (Lauren Joseph), laat ontvoer het nie, maar haar boonop laat glo sy is die dogter en erfgenaam van haar oorlede oom Ian October se sakeryk,” sê Wilmer Müller, Suidooster se publisiteitsbestuurder. 

“Ian was getroud met een van Tim se aartsvyande, Bridgette Jacobs (Denise Newman), en dié twee het mekaar telkens probeer uitoorlê. Hoewel Bridgette vir Zoë soos haar eie dogter behandel het, het hul verhouding weens Tim se gekonkel die afgelope tyd verbrokkel.” 

Tim, na wie ook as “Timmy Boy” in die sepie verwys word, se kaartehuis het verlede week begin tuimel toe hy in ’n laaste desperate poging probeer het om sy voetspore dood te vee. 

Ek wou dit nooit hardop sê nie, maar dis ’n jol om ’n skurk soos Tim te speel.

Marco Spaumer
Suidooster Tim
Tim skiet vir Nazeem en Zoë koes. Foto: Verskaf

Dinge het egter vir Tim lelik skeef begin loop nadat hy deur Zoë, Bridgette en Nazeem (Irvine van der Merwe) gekonfronteer is. Tydens dié konfrontasie het Tim vir Nazeem geskiet. Ná ’n struweling is Tim ontwapen en uiteindelik in hegtenis geneem.

In Maandagaand se episode het Tim in die hof verskyn en is hy borgtog geweier, wat ‘n spanningsvolle hoofstuk afsluit. Marco, wat deel is van Suidooster se oorspronklike rolverdeling, verlaat ook nou die sepie. 

“Ek wou dit nooit hardop sê nie, maar dis ’n jol om ’n skurk soos Tim te speel,” sê Marco oor sy karakter. 

“Ek kan nie glo mense kyk ’n program en raak so warm onder die kraag vir ’n fiktiewe karakter nie. 

“Tog is dit ’n enorme voorreg om in ander sepie-booswigte se voetspore te volg en terselfdertyd my eie spore na te laat.

“Dit vreemd om Suidooster te groet, want dit is ’n tipe verlies vir my om van Tim afskeid te neem. Hy was so lank deel van my lewe. Tog is ek opgewonde wat nou vir my voorlê,” sê Marco.


Suidooster saai Maandae tot Vrydae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET & kie uit. Dit is ook beskikbaar op DStv Stream en Showmax. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou kykgids vir ‘Boer soek ’n vrou’ se 16de seisoen

Dit als begin met ’n brief... Hier is wat jy in elke episode van die nuwe seisoen van die maatsoekreeks 'Boer soek ’n vrou', vanaf Donderdag, 18 Julie 2024 op kykNET, kan verwag.

Meer

Die onverbiddellike houvas van Jake Gyllenhaal se ‘Presumed Innocent’

'Presumed Innocent', ’n nuwe misdaadreeks op Apple TV+ met Jake Gyllenhaal in die hoofrol, is ’n rit deur troebel waters van geregtigheid en verraad – ’n rit wat jy eerder nie moet misloop nie.

Meer

Redakteurskeuse vir Julie 2024: Trefferreeks ‘Elite’ se finale seisoen, ’n robot vir jou trane in meesleurende ‘Sunny’, en nog

Wat om te kyk: Die finale seisoen van die Netflix-treffer ‘Elite’, ’n manjifieke Kate Winslet in ‘The Regime’ en ’n troos-robot in ‘Sunny’ tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir Julie 2024

Ons ontmoet die mense van Gemoedsdrif, en sommer in die eerste episodes is daar reeds nuwe romanse, ’n bakleiery en iemand se verlede wat kom spook. Dít en nog meer is waarna ‘Skemergrond’-kykers in Julie kan uitsien. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies