Menu terloops
In Sepies [16 Des 2025]

‘Skemergrond’: Dié 5 storielyne het kykers vasgenael gehou in 2025


Van Hazel se affair tot die dramatiese wyse hoe dwelmbaas Beeno uiteindelik vasgetrek is – dié was van ‘Skemergrond’ se grootste storielyne vanjaar.  

Deur Redaksie

Kyk 'Skemergrond' op DStv Stream

‘Skemergrond’: Dié 5 storielyne het kykers vasgenael gehou in 2025

Talle kinkels en draaie in die Afrikaanse telenovela Skemergrond het kykers vasgenael voor die kassie gehou, maar veral dié vyf storielyne het die bloeddruk laat rys. 

1

Gloria en Beeno se troudag

Kykers het gejuig toe Ruan (Dann-Jacques Mouton) uiteindelik met die hulp van Gloria (Hunter Plaatjies) en Kevin (Gershwin Mias) vir Beeno (Duncan Johnson) – op Gloria en Beeno se troudag! – vasgetrek het. Dít nadat dié genadelose misdaadbaas maande lank vir Gloria fisiek en emosioneel mishandel het. Skemergrond-kykers was op ’n emosionele wipwarit soos hulle moes toekyk hoe Gloria midde Beeno se gevaarlike wêreld probeer koershou.

2

Ronnie se dood 

Dit was vir Skemergrond-kykers ’n groot skok toe Ronnie Maarman (Mario Haupt ) dood is. En die ergste is dat dit sy eie vrou, Hazel (Carmen Maarman), was wat die skoot (per ongeluk) afgevuur het. En net toe dit gelyk het asof dinge weer vir dié twee sou regkom…

3

Hazel se wêreld stort in duie

Dit het begin met Hazel wat troos by Fabian gevind het tydens Ronnie se verhoor. (Ronnie se loopbaan was in die weegskaal as gevolg van ’n ondersoek deur die mediese raad.) Fabian (Marunzo Thomas) het ’n skouer en ondersteuning gebied, maar hy was net effens té behep met Hazel en sy motiewe was duister… Uiteindelik het dié twee ’n verhouding aangeknoop, maar die skuldgevoelens het vir Hazel opgevreet en sy en Ronnie het ook hul pad terug na mekaar gevind.

Toe gebeur die verskriklike ongeluk met Hazel wat per ongeluk vir Ronnie skiet. Fabian was egter nie klaar met Hazel nie, en hy het haar probeer afpers terwyl hy ook ’n wig tussen haar en Junior (Ayden October) gedryf het.

Hoewel Fabian toe uiteindelik onlangs agter tralies beland het, sukkel Hazel en Junior nou om mekaar weer te vind en hul verhouding te herstel. 

4

Amber vind water 

Almal was op die punt om moed op te gee, maar Amber (Talia Davis) het aanhou veg om water vir Everlasting te vind. En só het sy toe uiteindelik die Louws se plaas gered!

Die watervonds het ongelukkig net tydelike verligting gebied van Christine (Devonecia Swartz) se planne om die Louws te vernietig. Dit was nie lank nie of daar was ’n nuwe bose plan aan die broei…

5

Lily en Amber

Lily (Hildegardt Whites) en Amber se ma-en-dogter-verhouding is vanjaar behoorlik getoets. Daar was onder meer ’n groot vertrouensbreuk rakende die ware identiteit van Amber se pa en Christine het ook haar beste gedoen om vir Amber teen haar ma te draai. 


Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies