Menu terloops
In Gons [31 Mar 2025]

Duncan Johnson oor Beeno in ‘Skemergrond’: ‘Perfekte telenovela-skurk’


“Dit is ’n persoonlike en professionele uitdaging om die rol van Beeno te vertolk,” vertel die akteur Duncan Johnson oor dié ‘Skemergrond’-skurk.

Stroom 'Skemergrond' aanlyn

Duncan Johnson oor Beeno in ‘Skemergrond’: ‘Perfekte telenovela-skurk’

In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk dikwels een van die mees uitdagende en komplekse karakters om te vertolk. Vir Duncan Johnson wat Beeno in Skemergrond speel, was die kans om in die karakter van ’n genadelose dwelmhandelaar in te klim egter ook ’n uitdaging ná vyf jaar as die speurder en gesinsman Marvin Petersen in 7de Laan. 

Hunter Plaatjies, Gloria, Skemergrond
Gloria (Hunter Plaatjies) was vasgevang in haar verhouding met bendebaas Beeno (Duncan Johnson). Foto: Verskaf

“Ek wou graag ’n totale ommeswaai in karakter speel, en danksy die vervaardigers en skrywers van Skemergrond was Beeno die ideale geleentheid. Dit is ’n persoonlike en professionele uitdaging om die rol van Beeno te vertolk,” sê hy. 

Kykers het ná verlede week se episodes gejuig toe Ruan (Dann-Jacques Mouton) uiteindelik met die hulp van Gloria (Hunter Plaatjies) en Kevin (Gershwin Mias) vir Beeno vasgetrek het. Dít nadat hy maande lank vir Gloria fisiek en emosioneel mishandel het. 

Beeno, Duncan Johnson, Skemergrond
Toe nie die romantiese troue wat hy gedink het hy gaan kry nie! Foto: Skermgreep

Dís hoe Duncan in Beeno se skoene klim

Om ’n emosionele band met Beeno te vorm, het Duncan begin deur die teks te bestudeer en die karakter se verskillende emosies te identifiseer. “Ek krap in my eie psige rond op soek na die spesifieke emosies wat ek vir die karakter sal moet vertolk. Dis ’n spanpoging tussen die produksiespan, skrywers en medespelers. Ek probeer net die karakter se emosies soos die storielyn dit benodig so eerlik en geloofwaardig as moontlik weergee.” 

… Hy is ’n selfsugtige, verwaande, bose gespuis. My persoonlike waardes verskil hemelsbreed van Beeno.

Duncan Johnson

Duncan beklemtoon die belangrikheid van die karakter se geloof in sy eie optrede. “Jy moet onthou dat die karakter nie homself as boos sien nie. Hy glo 100% dat sy besluite en optrede reg en geregverdig is. Volgens hom is dit slegs ’n verskil van opinie. En ja, ek benader dit as iemand wat glo sy optrede is geregverdig, al mag ek persoonlik geheel en al nie saamstem met die karakter se optredes of sy waardes nie,” verduidelik hy. 

‘Gaande’ oor uitdaging

As akteur is Duncan gaande oor die uitdaging om Beeno te vertolk. “Maar behalwe vir sy genuine liefde vir Gloria, en afgesien van die begrip wat ek het vir die moeilike omstandighede waarin hy grootgeword het, dink ek hy is ’n selfsugtige, verwaande, bose gespuis. My persoonlike waardes verskil hemelsbreed van Beeno. Maar Beeno is ’n perfekte telenovela-skurk. So, ’n groot pluimpie aan die skrywers en produksiespan.”

Duncan hoop dat die gehoor sal sien Beeno se ondergang is in baie opsigte die gevolg van sy eie menslikheid. “Dat sy optrede en veral sy ondergang veroorsaak is deur sy nemesis – sy genuine, opregte liefde vir ’n vrou. En baie kan daarmee vereenselwig.”

Die mees uitdagende toneel vir Duncan tot op hede was ongetwyfeld die fisieke tonele tydens Beeno en Gloria se troue. “Dit is geskiet in die versengende hitte onder die genadelose son in Wellington, wat deur die meeste mense in die Boland beskou word as die naaste planeet aan die son. Maar soos met alle tonele, is dit ook net nog ’n dag waar jy moet skouer aan die wiel sit en deurdruk, want daar is ’n produk wat op skedule moet uitgaan.”


Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer
Sien alle opsies