Menu terloops
In Sepies [19 Mar 2025]

Wie is ‘Diepe Waters’ se geheimsinnige Kelsey? 


Ons maak vandeesweek met ’n nuwe karakter – boonop een met ’n gladde tong – in ‘Diepe Waters’ kennis. Die aktrise Robyn Rossouw vertel meer oor hoe ene Kelsey Kleynhans vir kykers op hul tone gaan hou. 

Stroom 'Diepe Waters'

Wie is ‘Diepe Waters’ se geheimsinnige Kelsey? 

’n Nuwe karakter is vanaf Woensdag, 19 Maart 2025, in kykNET se Diepe Waters te sien, en volgens die aktrise wat dié rol speel, weet Kelsey Kleynhans net hoe en wat om te sê om in almal se goeie boekies te bly. Kelsey word vertolk deur Robyn Rossouw, veral bekend vir haar rolle in M-Net se Summertide en die telenovela Arendsvlei

Volgens Robyn is Kelsey ’n borrelende vrou met ’n skerp tong en ’n natuurlike vermoë om mense te bekoor. Boonop is sy ambisieus en vasberade. As sy dan by Skinvestment opdaag om vir ’n pos aansoek te doen, maak sy ’n groot indruk. Sy bewonder Zelda (Sandi Schultz) en alles wat sy vir die skoonheidsbedryf doen, en sien dié geleentheid as haar kans om van die beste in die bedryfte leer. Haar natuurlike sjarmante geaardheid maak dit moeilik om nie van haar te hou nie, en dit blyk asof sy die perfekte aanwins vir die span kan wees.

Robyn Rossouw as Kelsey in Diepe Waters
Waarom is Diepe Waters se nuutste karakter, Kelsey (Robyn Rossouw) só behep met Zelda (Sandi Schultz)? Foto: Skermgreep

Maar wie is Kelsey regtig? Waar kom sy vandaan? En waarom stel sy so belang in Zelda?

“Kelsey het iets in haar wat maak dat almal met wie sy praat onmiddellik van haar hou,” sê Robyn oor haar karakter. “Ek dink dit maak dinge baie interessant.” 

Vir Robyn is die rol ’n komplekse een, en een wat sy as “ ’n fantastiese uitdaging” beskou. 

“Ek moes regtig my tegniese vaardighede vir hierdie karakter slyp,” vertel sy. “Die karakter was so tricky en technical dat ek nooit kon ontspan nie. Maar met die omgewing wat die produksiespan, die regisseurs, veral Gert (Van Niekerk), asook die akteurs skep, het ek altyd gevoel dat ek sonder oordeel kon flop, en myself ná dit weer optel.”

Robyn Rossouw as Kelsey in Diepe Waters
Watter motiewe skuil agter Kelsey (Robyn Rossouw) se opwagting? Foto: Skermgreep

Kykers wat Robyn vroeër as Monique in Arendsvlei , of meer onlangs in Summertide, gesien het, gaan dalk deur haar nuutste rol verras wees, meen sy. “Kelsey is heeltemal anders as enigiets wat ek voorheen gedoen het. Sy is veelsydig en hou jou aan die raai.”


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Diepe Waters is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies