Menu terloops
In Sepies [19 Mar 2025]

Wie is ‘Diepe Waters’ se geheimsinnige Kelsey? 


Ons maak vandeesweek met ’n nuwe karakter – boonop een met ’n gladde tong – in ‘Diepe Waters’ kennis. Die aktrise Robyn Rossouw vertel meer oor hoe ene Kelsey Kleynhans vir kykers op hul tone gaan hou. 

Stroom 'Diepe Waters'

Wie is ‘Diepe Waters’ se geheimsinnige Kelsey? 

’n Nuwe karakter is vanaf Woensdag, 19 Maart 2025, in kykNET se Diepe Waters te sien, en volgens die aktrise wat dié rol speel, weet Kelsey Kleynhans net hoe en wat om te sê om in almal se goeie boekies te bly. Kelsey word vertolk deur Robyn Rossouw, veral bekend vir haar rolle in M-Net se Summertide en die telenovela Arendsvlei

Volgens Robyn is Kelsey ’n borrelende vrou met ’n skerp tong en ’n natuurlike vermoë om mense te bekoor. Boonop is sy ambisieus en vasberade. As sy dan by Skinvestment opdaag om vir ’n pos aansoek te doen, maak sy ’n groot indruk. Sy bewonder Zelda (Sandi Schultz) en alles wat sy vir die skoonheidsbedryf doen, en sien dié geleentheid as haar kans om van die beste in die bedryfte leer. Haar natuurlike sjarmante geaardheid maak dit moeilik om nie van haar te hou nie, en dit blyk asof sy die perfekte aanwins vir die span kan wees.

Robyn Rossouw as Kelsey in Diepe Waters
Waarom is Diepe Waters se nuutste karakter, Kelsey (Robyn Rossouw) só behep met Zelda (Sandi Schultz)? Foto: Skermgreep

Maar wie is Kelsey regtig? Waar kom sy vandaan? En waarom stel sy so belang in Zelda?

“Kelsey het iets in haar wat maak dat almal met wie sy praat onmiddellik van haar hou,” sê Robyn oor haar karakter. “Ek dink dit maak dinge baie interessant.” 

Vir Robyn is die rol ’n komplekse een, en een wat sy as “ ’n fantastiese uitdaging” beskou. 

“Ek moes regtig my tegniese vaardighede vir hierdie karakter slyp,” vertel sy. “Die karakter was so tricky en technical dat ek nooit kon ontspan nie. Maar met die omgewing wat die produksiespan, die regisseurs, veral Gert (Van Niekerk), asook die akteurs skep, het ek altyd gevoel dat ek sonder oordeel kon flop, en myself ná dit weer optel.”

Robyn Rossouw as Kelsey in Diepe Waters
Watter motiewe skuil agter Kelsey (Robyn Rossouw) se opwagting? Foto: Skermgreep

Kykers wat Robyn vroeër as Monique in Arendsvlei , of meer onlangs in Summertide, gesien het, gaan dalk deur haar nuutste rol verras wees, meen sy. “Kelsey is heeltemal anders as enigiets wat ek voorheen gedoen het. Sy is veelsydig en hou jou aan die raai.”


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Diepe Waters is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies