Menu terloops
In Sepies [26 Mar 2025]

Jou ‘Skemergrond’-gids vir April 2025


Lily worstel met die leuens wat sy vertel, terwyl Amber al meer aan Kirby se invloed oorgelaat is. Dít en nog meer is waarna ‘Skemergrond’-kykers in April kan uitsien.

Stroom 'Skemergrond' aanlyn

Jou ‘Skemergrond’-gids vir April 2025

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Skemergrond kan verwag.

Dinsdag, 1 April

Brandon is in sak en as. Manny is steeds kwaad oor Dirk. Amber begin oor Kirby wonder. Kevin en Gloria praat oor hulle toekoms saam.

Woensdag, 2 April

Kirby groei al nader aan die Louws. Ruan stoei met sy gewete oor al die sterftes op die dorp. Gloria openbaar haar waarheid aan Kevin.

Donderdag, 3 April

Lily en Erica se grootste vrees word waar. Dirk leer dat boer nie so maklik is soos dit klink nie. Manny trek swaar. Kirby is gefassineer deur Ruan en Lily se verlede.

Maandag, 7 April

Lily vertel vir Amber verdere leuens oor haar pa. JP is ongelukkig dat Kevin in Kaapstad bly. Jasmine, Erica en Patty kom vorendag met ’n plan om Manny en Dirk te laat vrede maak.

Dinsdag, 8 April

Jasmine onthul ’n verrassing. Gloria se nagmerrie laat Kevin besef sy het hom broodnodig. Kirby gee vir Amber ’n DNS-toets vir haar verjaarsdag.

Woensdag, 9 April

Kevin voel die druk van die daaglikse lewe saam met Gloria. Kirby se plan is aan die rol. Dirk maak ’n besluit wat Manny en Tillie se vriendskap sal beïnvloed.

Donderdag, 10 April

JP is woedend vir Kevin wat laat is. Lily probeer Amber oortuig om van die DNS-toets te vergeet. Jasmine se gebaar aan Hendrik word gekniehalter.

Maandag, 14 April

Lily worstel met die leuen wat sy vir Amber vertel. Amber wens sy het iets van haar pa gehad. Tasneem het nuus oor ’n moontlike werk vir Kevin. JP gee aan Kevin ’n ultimatum.

Dinsdag, 15 April

Amber is in ’n woerwal oor die DNS-toetse. Gloria bied aan om ’n vergadering tussin Kevin en Jamal te reël. Tillie verklap amper hulle geheim oor Willem.

Woensdag, 16 April

Junior maak ’n skokontdekking en deel dit met JP. Kevin moet ’n belangrike besluit neem wat groot nagevolge gaan hê. Amber is hoogs emosioneel en onvoorspelbaar.

Donderdag, 17 April

Lily probeer Amber vind en vrede maak. Kevin kry ’n verrassing op sy eerste dag in Kaapstad. Tillie en Dirk sien iets ontstellend deur hul verkyker.

Maandag, 21 April

Ruan is op ’n missie om uit te vind wat Lily se geheim is. Dirk wil proaktief wees. Junior begin vrae oor die graf vra. Kirby maak ’n interessante oproep aan iemand. 

Dinsdag, 22 April

Ruan spoor Kirby se kar in Kaapstad op. Tillie is geruk na die besoek aan Willem se graf. Jasmine kry ’n boodskap van Amber en konfronteer Lily.

Woensdag, 23 April

Lily word gedwing om die waarheid te praat oor haar en Abel. Jasmine konfronteer Ragel oor die verlede. Manny vind iets wat vir Tillie en Dirk baie senuweeagtig maak.

Donderdag, 24 April

Lily is desperaat om Amber te vind. Die spanning bou tussen JP en Jasmine. Dirk hoor van Junior se vermoedens. Junior span Ruan se hulp in.

Maandag, 28 April

JP en Jasmine sukkel om wat Abel gedoen het te verwerk. Junior oortuig vir Ruan om na die graf te kyk. Kirby neem die volgende stap om Amber te korrupteer.

Dinsdag, 29 April

Dirk en Tillie is bekommerd. Lily is gespanne oor Amber. Kevin sukkel om tuis te voel by Gloria. Gloria besef haar beloftering is weg.

Woensdag, 30 April

Lily vertel vir Erica en Ragel oor Kirby se vals identiteit. Gloria soek angstig na haar beloftering. Amber ontmoet die groot baas.


Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
Sien alle opsies