Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Skemergrond kan verwag.
Dinsdag, 1 April
Brandon is in sak en as. Manny is steeds kwaad oor Dirk. Amber begin oor Kirby wonder. Kevin en Gloria praat oor hulle toekoms saam.
Woensdag, 2 April
Kirby groei al nader aan die Louws. Ruan stoei met sy gewete oor al die sterftes op die dorp. Gloria openbaar haar waarheid aan Kevin.
Donderdag, 3 April
Lily en Erica se grootste vrees word waar. Dirk leer dat boer nie so maklik is soos dit klink nie. Manny trek swaar. Kirby is gefassineer deur Ruan en Lily se verlede.
Maandag, 7 April
Lily vertel vir Amber verdere leuens oor haar pa. JP is ongelukkig dat Kevin in Kaapstad bly. Jasmine, Erica en Patty kom vorendag met ’n plan om Manny en Dirk te laat vrede maak.
Dinsdag, 8 April
Jasmine onthul ’n verrassing. Gloria se nagmerrie laat Kevin besef sy het hom broodnodig. Kirby gee vir Amber ’n DNS-toets vir haar verjaarsdag.
Woensdag, 9 April
Kevin voel die druk van die daaglikse lewe saam met Gloria. Kirby se plan is aan die rol. Dirk maak ’n besluit wat Manny en Tillie se vriendskap sal beïnvloed.
Donderdag, 10 April
JP is woedend vir Kevin wat laat is. Lily probeer Amber oortuig om van die DNS-toets te vergeet. Jasmine se gebaar aan Hendrik word gekniehalter.
Maandag, 14 April
Lily worstel met die leuen wat sy vir Amber vertel. Amber wens sy het iets van haar pa gehad. Tasneem het nuus oor ’n moontlike werk vir Kevin. JP gee aan Kevin ’n ultimatum.
Dinsdag, 15 April
Amber is in ’n woerwal oor die DNS-toetse. Gloria bied aan om ’n vergadering tussin Kevin en Jamal te reël. Tillie verklap amper hulle geheim oor Willem.
Woensdag, 16 April
Junior maak ’n skokontdekking en deel dit met JP. Kevin moet ’n belangrike besluit neem wat groot nagevolge gaan hê. Amber is hoogs emosioneel en onvoorspelbaar.
Donderdag, 17 April
Lily probeer Amber vind en vrede maak. Kevin kry ’n verrassing op sy eerste dag in Kaapstad. Tillie en Dirk sien iets ontstellend deur hul verkyker.
Maandag, 21 April
Ruan is op ’n missie om uit te vind wat Lily se geheim is. Dirk wil proaktief wees. Junior begin vrae oor die graf vra. Kirby maak ’n interessante oproep aan iemand.
Dinsdag, 22 April
Ruan spoor Kirby se kar in Kaapstad op. Tillie is geruk na die besoek aan Willem se graf. Jasmine kry ’n boodskap van Amber en konfronteer Lily.
Woensdag, 23 April
Lily word gedwing om die waarheid te praat oor haar en Abel. Jasmine konfronteer Ragel oor die verlede. Manny vind iets wat vir Tillie en Dirk baie senuweeagtig maak.
Donderdag, 24 April
Lily is desperaat om Amber te vind. Die spanning bou tussen JP en Jasmine. Dirk hoor van Junior se vermoedens. Junior span Ruan se hulp in.
Maandag, 28 April
JP en Jasmine sukkel om wat Abel gedoen het te verwerk. Junior oortuig vir Ruan om na die graf te kyk. Kirby neem die volgende stap om Amber te korrupteer.
Dinsdag, 29 April
Dirk en Tillie is bekommerd. Lily is gespanne oor Amber. Kevin sukkel om tuis te voel by Gloria. Gloria besef haar beloftering is weg.
Woensdag, 30 April
Lily vertel vir Erica en Ragel oor Kirby se vals identiteit. Gloria soek angstig na haar beloftering. Amber ontmoet die groot baas.
Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.