Menu terloops
In Sepies [9 Jun 2024]

Sepievoorskou: Uiteindelik liefde vir sommige, seerste seer vir ander


Twee sepiekarakters vind ná etlike jare eindelik hul pad na mekaar, terwyl ander steeds in rou gedompel is. Hier is waarna kykers hierdie week (10 – 14 Junie 2024) op ‘Suidooster’, ‘Arendsvlei’, en ‘Binnelanders’ kan uitsien.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Uiteindelik liefde vir sommige, seerste seer vir ander

Wat gaan in sepieland aan!? Het ek die memo gemis of kort ons sepieskrywers net ’n bietjie meer romcoms in hul lewens? Sjoe, dinge lyk op die oomblik donkerder as verlede week se tornadowolk in KwaZulu-Natal! 

Dit voel asof almal tans op ’n moord-en/of-ontvoering-mission is. Mens kan skaars byhou! Oor die afgelope paar weke het elke sepie al ’n beurt gekry en verlede week was dit Diepe Waters.

Ek het mos gesê Damian (Luan Jacobs) gee vir my erg creepy vibes, maar arme Nina (Reze-Tiana Wessels) het geen idee gehad nie. Die arme Nina het glad bleek gelyk toe Damian die vermomming van sy gesig af trek en sy besef dat haar kaartjie Amerika toe haar gesin wil vermoor. Om so verkeerd oor iemand se karakter te wees, kan ook nie lekker wees nie. Ek sou soos ’n totale idioot gevoel het, maar dit wys jou net hoe slinks die kamstige scout is!

Ek het regtig vir ’n oomblik gedink die Diepe Waters skrywers gaan ons met ’n triple moord los. Dit sou ’n eerste vir my wees, want ek kan nie onthou dat ek al ooit ’n hele familie in een aand op ’n sepie sien sterf het nie. Maar daar is altyd ’n eerste keer… Ek is seker Rose (Eloise Cupido) het fyn poepies gegee, want dit was darem amper of sy het haar hele familie voor haar sien sterf! 

Uiteindelik sien Gys (Justin Strydom) vir Rossouw (Altus Theart) raak, dit is net ’n jammerte dat hy eers moes bedank en toe homself van ’n motorfiets gegooi het voordat sy pa begin aandag gee het. 

Pam (Tracey-Lee Oliver) beter haar plek ken, want iets sê vir my dat sy nie meer pappa se gunsteling-kind gaan wees nie. 

Arendsvlei

So gepraat van too close for comfort – Rachel (Kim Syster) en Bompie (Jarrid Geduld) in Arendsvlei het daardie selfde fyn poepies as Rose gegee toe Desmond (Alistair Izobell) hulle betrap. Bompie is meer blaf as byt en kan nie ’n sin bymekaar sit wanneer sy pa hom laat skrik nie, maar gelukkig vir hom is lieg tweede natuur vir Rachel en het sy vinnig ’n storie gespin. Hulle beter ophou, want hier kom moeilikheid. 

Ten minste het Hein (Merlin Balie) en Yvette (Charlene le Roux) ná hoeveel tragedies en mislukte verhoudings hul pad na mekaar se arms gevind. 

Arendsvlei is elke Maandag tot Donderdag op kykNET & kie (DStv-kanaal 145, ook op DStv Stream) om 19:30 te sien. Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Binnelanders

Ek weet sy bedoel goed, maar Ciska (Deoudoné van der Merwe) moet nog leer dat jy jou neus uit ander mense se sake moet hou. Ciska vat dinge te ver hierdie week en dit het ernstige gevolge vir haar en Brenda (Elisabeth Nisbet). Tertius (Reynardt Hugo) en Tracy (Melinda Viljoen) probeer hul nuwe lewe saam met Leah navigeer, maar Tracy vind dit baie moeilik om haar te deel.  

Naomi (Je-ani Swiegelaar) en Louis (Germandt Geldenhuys) begin besef dat dinge glad nie goed gaan met Karen (Luandri Reynders) nie. Maar gaan sy toelaat dat mense haar help? Of gaan sy haar gevoelens wegdrink?  

Binnelanders saai op weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook op DStv Stream) uit. Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Suidooster 

Carlo (Jadon Booysen) en Lee-Ann (Portia Joel) se verhouding hang aan skerwe ná Ty (Maurice Paige) se dood. Die hele Ruiterbosch rou, maar die mense wat daar moet wees vir mekaar sukkel om mekaar se rouproses te respekteer. 

Bianca (Simone Biscombe) en Riaan (Daniel Coetzee) neem hul verhouding na die volgende vlak toe, maar property guru Riaan besef hy is dalk nie ’n kenner in sekere velde nie. 

Kaashifa (Jawaahier Petersen) en Rhafiek (Irshaad Ally) se huwelik is besig om te verbrokkel. Selfs Mymoena (Jill Levenberg) kan hulle nie help nie. 

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies