Menu terloops
In Gons [5 Jun 2024]

‘Pronk Primêr’: Terug skool toe in nuwe kykNET-komedie met Tobie Cronje


‘Pronk Primêr’, kykNET se nuwe komediereeks wat eersdaags begin, draai om ’n groep skoolvriende wat nou by hul eertydse alma mater skoolgee.

‘Pronk Primêr’: Terug skool toe in nuwe kykNET-komedie met Tobie Cronje

Magda Louw se Desiré Gardner is die draaiboekskrywer van kykNET se nuwe komediereeks waarin die geliefde plaaslike akteur Tobie Cronje die hoofrol vertolk. Pronk Primêr vertel oor ’n groep skoolvriende wat na hul alma mater terugkeer om daar klas te gee – met dieselfde skoolhoof, mnr. Welgehawe (Cronje) wat steeds aan die stuur van (wispelturige) sake staan. 

Die storie begin met Ada (Juanita de Villiers), ’n wiskunde-onderwyser, wat by haar eertydse skoolvriende, Earl (Pietie Beyers), Charl (Solomon Cupido), Driena (Laura-Lee Mostert), en Filip (Jaco Muller), aansluit waar hulle by Pronk Primêr as onnies werk. 

Pronk Primêr se rolverdeling.
Pronk Primêr se rolverdeling. Foto: Verskaf

Die daaglikse lewe en uitdagings van onderwysers word binne – en buite – die klaskamer, verken. Daar’s byvoorbeeld Charl se pogings om dissipline te handhaaf, liefdesdriehoeke, inspeksies, fondsinsamelings en Filip se ongemak met gesinsvoorligting… En dis net die goed wat in die eerste kwartaal oor hul pad kom.

Desiré vertel dat sy inspirasie vir die storie van oraloor geneem het. 

“Inspirasie vir stories is eintlik oral om ons en ek is mal daaroor om daai stories te vertel… Dít waarmee mense kan vereenselwig. Ek is geseënd om my lewe met my twee (tans laerskool)-kinders te deel. So, ek sien baie mooi stories om my uitspeel en gebruik dit as inspirasie. Alhoewel van die temas se inspirasie fiktief is en uit die verbeeldingswêreld kom, is dit tog ook geanker in realiteit. Ek glo onderwysers is van die grootste juwele in ons samelewing. Om dus ’n storie te vertel oor hulle doen en late, is ’n inspirasie op sigself.”

André Velts, die storie se kreatiewe vervaardiger en  regisseur vertel dat hulle uit die staanspoor vir Tobie as die perfekte mnr. Welgehawe beskou het.  

Ons is baie gelukkig dat hy die rol aanvaar het.” 

Oor die res van die rolverdeling sê hy: “Ons het saam met kykNET deur ’n oudisieproses gegaan om die perfekte kombinasie van akteurs te vind om die vyf vriende te vertolk. Die uitdaging was om seker te maak dat die rolverdeling oortuigend oorkom as vriende wat mekaar al amper 30 jaar ken.”

Pronk Primêr is by Irene Primary School in Irene, Centurion, verfilm.


Vanaf Maandag, 1 Julie 2024, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Stream. Ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies