Menu terloops
In Gons [5 Jun 2024]

‘Pronk Primêr’: Terug skool toe in nuwe kykNET-komedie met Tobie Cronje


‘Pronk Primêr’, kykNET se nuwe komediereeks wat eersdaags begin, draai om ’n groep skoolvriende wat nou by hul eertydse alma mater skoolgee.

‘Pronk Primêr’: Terug skool toe in nuwe kykNET-komedie met Tobie Cronje

Magda Louw se Desiré Gardner is die draaiboekskrywer van kykNET se nuwe komediereeks waarin die geliefde plaaslike akteur Tobie Cronje die hoofrol vertolk. Pronk Primêr vertel oor ’n groep skoolvriende wat na hul alma mater terugkeer om daar klas te gee – met dieselfde skoolhoof, mnr. Welgehawe (Cronje) wat steeds aan die stuur van (wispelturige) sake staan. 

Die storie begin met Ada (Juanita de Villiers), ’n wiskunde-onderwyser, wat by haar eertydse skoolvriende, Earl (Pietie Beyers), Charl (Solomon Cupido), Driena (Laura-Lee Mostert), en Filip (Jaco Muller), aansluit waar hulle by Pronk Primêr as onnies werk. 

Pronk Primêr se rolverdeling.
Pronk Primêr se rolverdeling. Foto: Verskaf

Die daaglikse lewe en uitdagings van onderwysers word binne – en buite – die klaskamer, verken. Daar’s byvoorbeeld Charl se pogings om dissipline te handhaaf, liefdesdriehoeke, inspeksies, fondsinsamelings en Filip se ongemak met gesinsvoorligting… En dis net die goed wat in die eerste kwartaal oor hul pad kom.

Desiré vertel dat sy inspirasie vir die storie van oraloor geneem het. 

“Inspirasie vir stories is eintlik oral om ons en ek is mal daaroor om daai stories te vertel… Dít waarmee mense kan vereenselwig. Ek is geseënd om my lewe met my twee (tans laerskool)-kinders te deel. So, ek sien baie mooi stories om my uitspeel en gebruik dit as inspirasie. Alhoewel van die temas se inspirasie fiktief is en uit die verbeeldingswêreld kom, is dit tog ook geanker in realiteit. Ek glo onderwysers is van die grootste juwele in ons samelewing. Om dus ’n storie te vertel oor hulle doen en late, is ’n inspirasie op sigself.”

André Velts, die storie se kreatiewe vervaardiger en  regisseur vertel dat hulle uit die staanspoor vir Tobie as die perfekte mnr. Welgehawe beskou het.  

Ons is baie gelukkig dat hy die rol aanvaar het.” 

Oor die res van die rolverdeling sê hy: “Ons het saam met kykNET deur ’n oudisieproses gegaan om die perfekte kombinasie van akteurs te vind om die vyf vriende te vertolk. Die uitdaging was om seker te maak dat die rolverdeling oortuigend oorkom as vriende wat mekaar al amper 30 jaar ken.”

Pronk Primêr is by Irene Primary School in Irene, Centurion, verfilm.


Vanaf Maandag, 1 Julie 2024, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Stream. Ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies