Menu terloops
In Sepies [3 Des 2023]

Sepievoorskou: Sondes maak skuld in ‘Binnelanders’, ‘Diepe Waters’ en ‘Suidooster’


Soms kan ’n fout die beste ding wees wat al ooit met jou gebeur het. Ander tye verg dit ’n wonderwerk om jou lewe weer op koers te kry… Hier is ’n voorskou van wat jy hierdie week (4 tot 8 Desember 2023) op ‘Diepe Waters’, ‘Binnelanders’ en ‘Suidooster’ kan sien uitspeel.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Sondes maak skuld in ‘Binnelanders’, ‘Diepe Waters’ en ‘Suidooster’

Almal kan ’n crook van ver af sien. Hulle is mos die ouens wat altyd besig is met die verkeerde dinge en, ja, hulle is gevaarlik, maar nie so gevaarlik soos dié wie se sondes eers later uitkom nie. Baie karakters se ware kleure skyn hierdie week helder in sepieland. Ons sepievoorskou gee vir jou die inside scoop oor die grootste storielyne van die week. 

Binnelanders  

Tertius (Reynardt Hugo) is vasbeslote om ’n gelukkige lewe saam met Tracy (Melinda Brink) en hul baba te bou, maar nie almal is so opgewonde soos hulle nie. ’n Spesiale gas kom kuier en Tertius wonder of die baba dalk onwetend vir hierdie persoon omkrap. 

Annelize (Cindy Swanepoel) is erger as ’n kat met nege lewens. Hierdie vrou kan enigiets oorleef. As iets lewensgevaarlik gebeur, wil jy langs Annelize wees, want jy weet al sy gaan dit oorleef. Of dalk is Jeremy (Craig Urbani) haar lucky charm? Hierdie twee bevind hulself weer in ’n kwesbare posisie, maar soms kry jy uiteindelik jou fairytale ending

Steve (Clint Brink) dink hy het Delia (Odelle de Wet) se baby fever vrygespring, maar hy ken ’n broeis vrou maar sleg. 

Louis (Germandt Geldenhuys) se terapie-rekening is seker sky high, want Naomi (Je-ani Swiegelaar) is wéér in die hospitaal en ons almal weet daar is niks erger vir Louis as wanneer sy vroutjie nie gesond is nie.  

Binnelanders saai op weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook op DStv Stream) uit. Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Diepe Waters

Almal in die Swarts-familie, maar veral Johan (Liam Bosman), sukkel om die waarheid te verwerk. Een oomblik het jy ouers en ’n sussie, die volgende oomblik is hulle jou tannie, oom en niggie. Die skrywers van Diepe Waters het nie rondgespeel toe hulle hierdie storielyn geskryf het nie. Daar is so baie lae aan dié storielyn en as iemand nie binnekort ’n time-out vat nie, gaan Sanet (Nadia Valvekens) weer diep in die bottel begin kyk. 

Anja (Reandi Grey) wil so graag die lewe saam met Rossouw (Altus Theart) aanpak, maar met ’n familie soos die Swarts-familie is die lewe een groot avontuur. En ongeluk praat ek nie van avonture soos safaris en die buitelewe in Kenya nie! O, nee! Ek praat van ’n onvoorspelbare, scary en nagmerrie-agtige avontuur wat mense in ’n fliek soos Wrong Turn beleef. Jy sien die tekens, maar jy ignoreer dit en glo dinge gaan goed eindig. My advies aan Anja is: hardloop meisie! Hardloop so vinnig as wat jy kan en moenie terugkyk nie, want ek weet regtig nie of Rossouw die drama en seerkry werd is nie. En nes Anja se lewe uitmekaar val, daag Farooq (Federico Fernandez) op, maar sy aankoms het meer as een verrassing… 

Jacques (Werner Coetser) voel geskeur tussen sy skuldgevoelens oor almal se seer en sy begeerte om ’n verhouding met sy seun te hê. Maar is daar ooit ’n verhouding om te hê?

Gys (Justin Strydom) probeer vir Charity in ’n hoek druk, maar sy is te uitgeslape vir hom. Charity het op straat gewoon – of het hy dit vergeet?! Dít is hardcore en dit gaan beslis baie meer as blote dreigemente vat om haar te laat bewe. 

Lettie (Stephanie Baartman) was haar hande in onskuld as dit by haar ma kom, want Valencia (Vinette Ebrahim) just can’t read the room.  

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Sepievoorskou, Diepe Waters
Valencia (Vinette Ebrahim) gaan vinnig moet lees hoe om die vibe te lees in Diepe Waters… Foto: Skermgreep

Suidooster 

Ons almal het geweet Veroné (Zandélle Meyer) is te goed vir Justin (Eden Classens). Maar hy kan mos enige vrou se bene lam maak. Nou weet arme Veroné nie watter kant toe nie. 

Lee-Ann (Portia Joel) as skuldige gee vir Ty (Maurice Paige) ’n ultimatum, maar obviously het sy nog nie die gelyknamige Netflix-treffer gekyk nie! Anders sou sy weet dat mense nie altyd gaan kies soos wat jy dink nie. Ultimatums is gevaarlik! 

Nazeem (Irvine van der Merwe) dink hy is slim, maar Gary (Craig Adriaanse) weet hy is ’n slim, en nes die spreukwoord vang slim altyd sy baas. Gary en Aiden (Theodore Jantjies) weet nou albei met wie hulle regtig besigheid doen en werk saam om vir Nazeem ’n les te leer. 

Daar is ’n rede hoekom mense nie besigheid met plesier meng nie… Rhafiek (Irshaad Ally) en Kaashifa (Jawaahier Petersen) gaan dit vinnig agterkom. 

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies