Menu terloops
In Sepies [30 Nov 2023]

‘Suidooster’ in Desember: Dié 5 storielyne gaan jou boei


Van ’n nuwe gesig in Ruiterbosch tot ’n huwelik op die rotse – hier is wat jy in Desember op ‘Suidooster’ kan verwag.

Stroom Suidooster aanlyn

‘Suidooster’ in Desember: Dié 5 storielyne gaan jou boei

Dié vyf storielyne gaan Suidooster se aanhangers op die punt van hul stoele voor die kassie hou:

1

Dinge lyk pikdonker vir Gary hoe sterker Nazeem se houvas op hom word. Nazeem plaas ook ongelooflike druk op Gary om miljoene rande by Bridgette te steel. Gary sukkel om met sy gewete saam te leef, maar dit lyk nie asof daar lig aan die einde van dié lang, donker tonnel is nie. Hy kan immers nie Nazeem se dreigemente ignoreer nie. Sy enigste uitkomkans is om Nazeem met ’n waaghalsige plan te probeer uitoorlê… Maar gaan die dice in plek val? 

2

Dit lyk ook of Lee-Ann en Tyron se huwelik op die rotse is ná haar affair met Alex. Sy is desperaat om haar huwelik te red en maak ’n skokkende voorstel aan Tyron. Dit is egter vet in die vuur – en dit lyk of die skrif aan die muur is vir die Daniels-egpaar. 

3

Kersfees in Ruiterbosch is nooit vervelig nie, maar ’n dief in dié rustige Kaapse woonbuurt bederf die feesseisoengees. 

4

Die KFM-oproeper Carl Wastie maak ook ’n verskyning, maar dit lyk of hy dalk vir Bridgette verkeerd gaan opvryf. 

5

Die Samsodiens verwelkom ’n familievriend in hul huis en die standvastige Laylla vang dadelik die oog van Nazeem. Gaan sy vir die grootste glyjakkals in Ruiterbosch se sjarme val? 


Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies