Menu terloops
In Sepies [22 Okt 2023]

Sepievoorskou: Skokke en gevaar wag in ‘Diepe Waters’, ‘Suidooster’ en ‘Binnelanders’


Skokgolwe tref sepieland dié week en niemand is gereed vir die hartseer wat gaan volg met meer as een lewe wat in die weegskaal hang nie. Hier is waarna jy hierdie week (23 tot 27 Oktober 2023) op ‘Binnelanders’, ‘Suidooster’ en ‘Diepe Waters’ kan uitsien.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Skokke en gevaar wag in ‘Diepe Waters’, ‘Suidooster’ en ‘Binnelanders’

Ons het die inside scoop oor die grootste storielyne wat hierdie week in  Diepe Waters, Binnelanders en Suidooster gaan uitspeel. Moenie worry nie, dié sepievoorskou het geen spoilers nie!

Diepe Waters

Soms moet ’n mens maar eerder die speurwerk aan die polisie oorlaat, want as dinge skeefloop en jy nie gereed is nie, gaan iemand dalk met hul lewe boet.  

Pam (Tracey-Lee Olivier) se lewe is nou meer as ooit in gevaar, maar niemand wou glo dat Riaan (Ryno Hattingh) net onmin saai nie. Nou gaan Zelda (Sandi Schultz) en Bybie (Lizz Meiring) op die harde manier vir hul sondes, leuens en geheime moet betaal. Gelukkig vir haar, vind Zelda troos in die mees onverwagse arms. Kan Zelda regtig vir iemand anders as haarself omgee? Of is dit nou weer net een van haar slinkse planne? Dié vrou wil mos nie luister nie. 

Iets gebeur wat die Swartmarlyne se gemeenskap tot stilstand ruk en in vreemde tye doen mense vreemde dinge. Terwyl almal voorgee, is daar net een persoon wat alles verloor het en heeltemal verpletterd is.   

Jacques (Werner Coetser) en Meghan (Lea Vivier) se liefde het al baie struikelblokke oorleef, maar soms gebeur daar dinge wat selfs liefde nie kan oorwin nie. 

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar. 

Binnelanders

Een besluit kan jou hele lewe onherroeplik verander en dit word hierdie week keer op keer in die Binneland-gemeenskap bewys.  

Ná weke se smeek en ’n ring, is dit uiteindelik tyd vir Tracy (Melinda Brink) en Tertius (Reynardt Hugo) om hul baba op die sonar te sien. Maar in ’n verrassende wending word die wind uit hul seile geslaan met dit wat hulle daar uitvind. In sepieland kan mense mos nie net ’n boring en voorspelbare lewe lei nie…

Ella (Marlee van der Merwe) en Naomi (Je-ani Swiegelaar) is op Marissa (ook Marlee van der Merwe) se spoor, maar tyd is nie aan hul kant nie. En nou is daar baie meer as net Ella se reputasie op die spel. 

Intussen wys Dawid (Deon Lotz) hoekom hy Binneland se grootste skurk is. Nes hy in ’n hoek gedruk word, wag hy reeds met sy back-up planne. Dawid het sy oë op een prys en dit is die hoofstoel in Binneland. Steve (Clint Brink) sal egter eerder vir die res van sy lewe nie weer die binnekant van ’n teater sien, as wat hy vir Dawid toelaat om met sy lang vingers in die hospitaal se slaai te kom krap.    

Louis (Germandt Geldenhuys) is dood van bekommernis, maar dit gaan ’n wonderwerk neem om sy nagmerrie te beëindig.

Binnelanders saai op weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook op DStv Stream) uit. Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Suidooster

Niemand is meer gretig vir ’n paycheck as Gary (Craig Adriaanse) nie. Ongelukkig deel hierdie Gen-Z nie daardie selfde opgewondenheid wanneer dit by werk kom nie. Hy dink seker geld val uit die lug uit. Of dalk is sy idee van lug… Nazeem (Irvine van der Merwe) se beursie!

Terwyl almal by JPD mal is oor die mystery man uit Lee-Ann (Portia Joel) se verlede, wil Lee-Ann geen geheime tussen haar en Ty (Maurice Paige) hê nie. Ty voel ongemaklik met hierdie nuwe werksgeleentheid, maar het meer vertroue in sy huwelik as ander. 

Susan (Natasha van der Merwe) sukkel om dinge tussen Atlantic Adrenaline en die radiostasie te laat werk en dit plaas vir Rhafiek (Irshaad Ally) in ’n moeilike situasie noudat hy ’n nuwe geleentheid het. Maar hy is nie die enigste een met ’n nuwe geleentheid nie! Kaashifa (Jawaahier Petersen) skraap nog die moed bymekaar om haar planne met Rhafiek te deel. 

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

20

Wat om te kyk: 20+ gewilde boeke wat in TV-reekse omskep is

Van 'Recipes for Love & Murder' en 'Reënboogrant', tot 'Spooksoeker' en 'Dinge van ’n kind' – soveel boeiende boeke wat omskep is in soveel skitterende TV-reekse. Hier is ons keur van dié reekse wat jou gaan bekoor, inspireer en ontroer.

Meer

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
Sien alle opsies