Menu terloops
In Sepies [23 Jun 2024]

Sepievoorskou: ’n Spook in ‘Arendsvlei’? En ou skelms weer lastig in ‘Suidooster’


Die meesterbrein agter elke dodgy deal in ‘Suidooster’ is besig met sy nuutste skelmstreke, terwyl spoke vir mense in die Vlei uit die bed jaag en tweede kanse nie ’n waarborg in ‘Binnelanders’ is nie. Hier is waarna kykers hierdie week (24 tot 28 Junie) op ‘Suidooster’, ‘Binnelanders’ en ‘Arendsvlei’ kan uitsien.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: ’n Spook in ‘Arendsvlei’? En ou skelms weer lastig in ‘Suidooster’

Ons is nou meer as halfpad deur die jaar, so daai middel van die jaar-moegheid begin my nou goed tref. Maar in sepieland is daar nie tyd vir rus nie. Dit voel eintlik asof ons skrywers nou behoorlik spoed optel en voet in die hoek druk, want drama, romanse en rampokkery word tans teen F1-spoed uitgedeel. 

Suidooster 

Dinge in die Daniels-huis het nou amptelik kookpunt bereik en almal se verhoudings val uitmekaar uit. As Lee-Ann (Portia Joel) haar sin kon kry, het sy seker in haar pajamas met roomys en flieks in haar kamer weggekruip om haar man se dood in vrede te rou. Maar nou moet sy met Wade (Dean Smith) se inmengery en Carlo (Jayden Booysen) se tiener-rebellie opgeskeep sit en orals rond bel om die kind op te spoor.

Sy en Wade is ewe hardkoppig. Hulle sou vinnig kon uitvind waarheen Carlo verdwyn het as hulle net koppe bymekaar sou sit. Dinge is dalk op die oomblik ondraaglik, maar Carlo is ’n slim kind en met hierdie move van hom, mag hy dalk net sy familie red. 

Maar soms maak dit nie saak hoeveel kanse iemand kry nie, want Nazeem (Irvine van der Merwe) wil net nie saam met die gemeenskap werk nie. ’n Mens sou dink dat hy ná die hele Tim-debakel rigting sou kry, maar nee. Met Texas (Donovan Pietersen) aan sy kant, gaan Nazeem die mense van Ruiterbosch nog kaal uittrek! En nee, dit het niks met hul vuil wasgoed te doen nie. Ongelukkig vir Texas hou Riaan (Daniel Coetzee) sy lyf Sherlock Holmes met sy eie Watson, aka Bianca (Simone Biscombe), en dít dwing Texas en Nazeem om seker te maak dat hulle twee tree voor Riaan bly.  

Elana (Esther von Waltsleben) se “gawe” smokkel met Gary (Craig Adriaanse) se kop en lei tot ’n groot flater tussen hom en Angie (Char Carrie). Dit voordat Elana nuus ontvang wat haar loopbaan met die blare heeltemal laat ontspoor. Gelukkig vir ouboet Aiden (Theodore Jantjies) word daar op ’n heel ander manier met sy kop gesmokkel. Dís nou danksy Ruiterbosch se nuutste inwoner… 

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Arendsvlei 

Daar is niks soos ’n spook-sighting om dinge interessant te hou nie en dit is veral lekker as dit ’n paar van Hein (Merlin Balie) se beste one-liners oplewer. Ek het behoorlik gekraai van die lekkerte vir hierdie week se Arendsvlei-teks! Wat is ’n series-finale dan nou sonder ’n Lazarus-oomblik? Maar as jy iemand gaan terugbring beter dit ’n goeie karakter wees… En hierdie is beslis ’n epiese herrysing! Vir ’n beter vaarwel episode kon kykers nie gevra het nie.

Kry maar die tissues gereed, want dit is ALLES wat kykers nog ooit wou hê. 

Binnelanders 

Wat is beter as een power couple? Twee power couples, ’n siek eks, ’n tweeling sussie wat almal ongemaklik maak omdat sy soos haar letterlike evil twin lyk en  ’n nuwe stokperdjie vir Naomi (Je-ani Swiegelaar)!  

Dinge is nooit vervelig in die gange van Binneland-kliniek nie, maar op die oomblik word daar uitsluitlik gevry en bespiegel.

Steve (Clint Brink) en Nicolette (Kate Roothman) se verhouding is nog nie eens ’n week oud nie, maar met Bronwyn (Kim Cloete) wat skoknuus oor haar gesondheid ontvang en haarself in haar eks se huis bevind, is dit beslis ’n mood killer vir ’n nuwe verhouding. Nicolette gaan maar moet sterk wees… Of weg van Steve se scrubs af bly. 

Uys (Gerald Steyn) het meer as een meisie wat tans sy scrubs met hom wil deel… Maar vir hierdie once upon a time ladies man is Karen (Luandri Reynders) die enigste meisie op sy brein.

Naomi raak opgewonde oor ’n nuwe stokperdjie, maar luister nie na Louis (Germandt Geldenhuys) se bekommernisse nie. En dan doen sy iets wat haar hart dalk finaal kan breek. 

Binnelanders saai op weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook op DStv Stream) uit. Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies