Menu terloops
In Kykgidse [28 Jul 2026]

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Augustus 2026


Die waarheid oor ’n dokter lei tot ’n dramatiese wending en Joe is desperaat om vrae oor sy identiteit te beantwoord. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Deur Redaksie

Kyk 'Binnelanders' op DStv Stream

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Augustus 2026

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Binnelanders kan verwag.

Maandag 3 Augustus 2026

Ella probeer haar bes om Binneland se bestuur van haar onskuld te oortuig, Louis se aanbevelings oor kostebesparing werk op Tracy se senuwees, en Thalia is onseker hoe Dewald oor haar voel.

Dinsdag 4 Augustus 2026

Ongevalle word gesluit om gesteriliseer te word, Tracy raak toenemend benoud oor Louis se planne vir Tonik, en Frieda is gereed om wraak te neem wanneer sy uiteindelik haar opwagting maak. 

Woensdag 5 Augustus 2026                                          

Bonnie moedig Thalia aan om Dewald uit te vra, Frieda daag by Henry se spreekkamer op, en Tracy het ’n ernstige gesprek met Louis. 

Donderdag 6 Augustus 2026            

Net toe dit lyk asof daar toenadering tussen Henry en Ella is, ontvang Joe skokkende nuus. Louis begin om marknavorsing oor Tonik te doen, en Tracy sien rooi. Petro gee Joe se Refentse-kaartjie vir Dewald.

Vrydag 7 Augustus 2026

Tracy en Tertius bereik uiteindelik ’n vreedsame balans in hul mede-ouerskapverhouding. Thalia is ontsteld wanneer dit duidelik word dat Dewald in iemand anders belangstel. Die waarheid oor ’n dokter lei tot ’n dramatiese wending. Refentse tree in Doepa op!

Maandag 10 Augustus 2026                                                

’n Voorheen gelukkige verhouding tussen twee kollegas lê aan skerwe ná verraad. Thalia steek haar neus in ander se sake, en hoewel Tracy se werkslewe vol uitdagings bly, begin dinge op ’n persoonlike vlak geleidelik verbeter.

Dinsdag 11 Augustus 2026                                        

Ella rig ’n byna onmoontlike versoek aan Johan. Tracy sukkel om die egskeidingsooreenkoms te teken, en Bonnie verklap Thalia se geheim aan Petro.

Woensdag 12 Augustus 2026                                                  

Tracy ontvang ’n onaangename verrassing wat haar heeltemal onkant betrap, Thalia is ontnugter en blameer ’n vriendin, en nóg ’n Binneland-dokter oorweeg dit om te bedank. 

Donderdag 13 Augustus 2026                      

Johan moet uiteindelik die uitkoms van ’n tugverhoor bepaal, Tracy worstel steeds met die realiteit van haar egskeiding, en dinge is baie ongemaklik tussen Dewald en Thalia. 

Vrydag 14 Augustus 2026

Ella en Dewald stamp koppe oor die behandeling van ’n pasiënt, Tracy voel skielik soos ’n nuwe mens, en Johan ontvang onverwagse nuus van iemand uit sy verlede. 

Maandag 17 Augustus 2026                                          

Petro skop ’n leierskapsprogram af, en Joe voel eensaam. Tertius en Leah herenig, en Katryn keer terug na Pretoria – maar sy wil nie hê enigiemand, behalwe Dewald, moet weet nie. 

Dinsdag 18 Augustus 2026                                          

Johan bespiegel oor die ware oorsaak van ’n motorongeluk. Die geheim wat Naomi voorlopig namens ’n vriend bewaar, verhoed haar om eerlik te wees. Petro raak bekommerd wanneer Joe weer vreemd begin optree.

Woensdag 19 Augustus 2026                          

Johan dink Katryn se lewe is in gevaar, Uys oorreed Tertius om by Tracy te gaan bly terwyl hy in Pretoria kuier, en Joe is vasberade om sy biologiese ma op te spoor.

Donderdag 20 Augustus 2026                            

Joe is desperaat om uit te vind wat sy ware identeit is, en Petro maak ’n deurbraak. Dinge raak merkbaar gemakliker tussen Tertius en Tracy, en Johan is gespanne wanneer Katryn geopereer moet word. Intussen maak ’n gevaarlike voormalige Binnelander haar verskyning.  

Vrydag 21 Augustus 2026

Tertius beraam ’n plan met Tracy, en Johan besef opnuut hy sal enigiets doen om sy dogter te beskerm. In sy soeke na die waarheid, bevind Joe homself in nóg ’n doodloopstraat. 

Maandag 24 Augustus 2026                                    

Annetjie bied aan om Petro met ’n voorlegging te help, terwyl Tracy se skuldgevoelens oor Tertius en Leah haar van binne af opvreet. Ella raai Johan aan om eerlik met Katryn te wees.  

Dinsdag 25 Augustus 2026                      

Katryn ontvang ’n besoeker, At maak Tertius bewus van alles wat hy in Suid-Afrika prysgee, en Joe ontdek potensiële nuwe leidrade oor sy biologiese ma. 

Woensdag 26 Augustus 2026                        

Katryn kry ’n persoonlike verpleegsuster, maar dié hou haar ware identiteit geheim. Petro is baie gespanne oor haar voorlegging, en Joe bied nie juis ondersteuning nie. Intussen bevind Tertius, Tracy en Leah hulself saam in At se plaashuis. 

Donderdag 27 Augustus 2026            

Johan kry snuf in die neus oor Katryn se skynbaar onskuldige en hulpvaardige verpleegster. Die rustigheid op At se plaas is baie goed vir die siel, en Rian ontvang ’n baie onverwagse en onwelkome gas.

Vrydag 28 Augustus 2026

Tertius en Tracy gaan ’n weddenskap aan, Rian se gas weerhou belangrike inligting van hom, en Joe is woedend wanneer hy ’n gesprek tussen Uys en Petro afluister. 

Maandag 31 Augustus 2026    

Tertius neem die wind uit Tracy se seile met ’n baie groot vraag, terwyl Uys wil weet hoekom Joe besig is om Petro te vervreem. Johan raak bekommerd wanneer Katryn té veel slaap, en sit uiteindelik twee en twee bymekaar. Intussen word ’n gevaarlike lokval gestel, en iemand se lewe is in gevaar.       


Nuwe episodes word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30 soggens.

Episodes van die vorige seisoen word vanaf Maandag tot Vrydag om 22:00 op kykNET&kie (kanaal 145) uitgesaai, met herhalings van dié episode om 01:00 die volgende dag. Daar is ook ’n omnibus van die week se episodes op ’n Saterdag om 10:30 soggens. 

Let wel: Met die sluiting van Showmax, is vorige seisoene van Binnelanders nou op DStv Stream beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Augustus 2026

Die waarheid oor ’n dokter lei tot ’n dramatiese wending en Joe is desperaat om vrae oor sy identiteit te beantwoord. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-kykgids vir Augustus 2026

Jacques en Theresa se groot dag breek aan, terwyl Karla en Arno nie tot ’n vergelyk kan kom nie. Hier is waarna 'Diepe Waters'-kykers in Augustus kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir Augustus 2026

Mike maak (weer) droog, Kaashifa vind iets skokkend uit en die Samsodiens sien rooi... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in Augustus kan uitsien.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies