Menu terloops
In Features [21 Jun 2024]

‘Arendsvlei’: 610 akteurs, 7 begrafnisse, 5 troues en nog feite en syfers oor dié telenovela


Voordat die son finaal op ‘Arendsvlei’ sak, deel ons van die interessantste feite en syfers oor dié enig in sy soort-telenovela.  

Deur Tarren-Lee Habelgaarn

Stroom 'Arendsvlei'

‘Arendsvlei’: 610 akteurs, 7 begrafnisse, 5 troues en nog feite en syfers oor dié telenovela

Toe Arendsvlei se eerste episode op 1 Oktober 2018 op kykNET&Kie uitgesaai is, was dit ’n eerste van sy soort. Ja, daar was al voorheen telenovelas, maar beslis nie ’n oorspronklike Afrikaanse produksie nie. En ook nog nie een wat op die Kaapse Vlakte uitspeel nie. 

Daar was niks oortollige glam nie, geen spoggerige buurt of groot besighede nie. Ons is eerder gegroet deur doodgewone mense in ’n alledaagse buurt. En dis hul stories waarby kykers aanklank gevind het. Natuurlik was daar nie ’n tekort aan drama, spanning, liefdesdriehoeke en skurke nie, maar ons verwag mos niks minder van ’n sappige telenovela nie!

Arendsvlei het met drie episodes ’n week begin, en later vier dae ’n week begin uitsaai. Kykers het egter dikwels op sosiale media gevra of dit nie maar asseblief vyf dae ’n week kan uitsaai nie. Maar, met dié dat Arendsvlei oorspronklik net ’n jaar op die kassie sou wees, was meer as vier episodes ’n week niks meer as ’n wens nie. 

Daai een jaar het in ses verander, en dis met die einde van die sesde seisoen dat kykers dié telenovela en die mense van die Vlei moet groet. 

Voordat die son finaal op Arendsvlei sak, deel Penguin Films, wat die reeks vervaardig het, van die interessantste feite en syfers van die program wat die weg vir ander plaaslike telenovelas gebaan het. 

Hoeveel troues was daar tydens die reeks en wie se troue was die duurste en mees uitspattig? 

Die mense in die Vlei was besig en daar was amper een troue vir elke jaar! Daar was altesaam vyf troues. 

Hierdie paartjies het voor die kansel gestaan: Ronel en Thys, Lee-Roy en Wesley, Janice en Lionel, Ayesha en Langes, en Angel en Priester. 

Ayesha en Langes se troue was die uitspattigste troue en Lee-Roy en Wesley se troue die duurste. 

Arendsvlei
Lionel (Jody Abrahams) en Janice (Crystal-Donna Roberts) was onder die paartjies wat troue gehou het. Foto: Verskaf

Watter tonele het die langste geneem, en was die moeilikste om te skiet?

Anton se ongeluk, Adam se dood op die kamp, Steve en Woelag se dood by die swembad, die hoftonele en ál die troues was die moeilikste tonele om te skiet en het ook die langste geneem om te verfilm. 

Hoeveel begrafnisse was daar op Arendsvlei

Daar was sewe keer begrafnis gehou (vir Anton Venter, Clint Smit, Steve Mortlock, Ayesha Noor, David Abrahams, Monique Ross en Ronel Cupido). Daar was meer sterftes, maar daar is nie vir almal begrafnis gehou nie. 

Het die reeks toekennings oor die afgelope ses jaar gewen?

Arendsvlei het drie Safta-toekennings gewen. Roberto Kyle vir beste akteur in ’n telenovela in 2020, Beatrix van Zyl vir beste kunsregie in ’n telenovela in 2020, en Shaleen Surtie-Richards vir beste byspeler in ’n telenovela in 2022. 

By die 2023 Silwerskermfees-toekennings het Arendsvlei twee toekennings opgeraap: Devonecia Swartz vir beste nuweling in ’n telenovela of sepie en Dann-Jacques Mouton vir beste akteur in ’n telenovela of sepie. 

Hoeveel van die rolverdeling is opgelei om agter die kameras as regisseurs te werk? 

Vier! Hulle is: Roxanne Blaise, Jarrid Geduld, Roberto Kyle en Bobby Stuurman.

Watter karakter het die meeste tyd in hare en grimering spandeer? 

Audrey Galant vertolk deur Taryn Hess. 

Taryn Hess, Arendsvlei, Audrey
Vir haar rol as Audrey in Arendsvlei word die aktrise Taryn Hess se voorkoms met latex en grimering verander om haar onder meer ouer te te laat lyk. Foto: Verskaf

Wie het die danse vir al die dansvertonings/kompetisies ge-choreografeer? 

Melissa de Vries wat die rol van Sasha Daniels vertolk. 

Wie was die jongste akteur op stel? 

Baba Rhoné was twee maande oud toe sy haar debuut op Arendsvlei as Lee-Roy en Anna se baba gemaak het. 

Is Arendsvlei by ’n regte skool geskiet en het hulle enige van die skoolkinders as ekstra’s gebruik? 

Ja! Dit is by die Axios Vaardigheidskool in Eersterivier geskiet. Al die ekstras in die skooltonele was leerders van dié skool. 

Op hoeveel plekke (buite die ateljee) het hulle tydens die reeks geskiet? 

Oor die ses seisoene is die reeks by ongeveer 121 locations verfilm.

Hoeveel crew-lede en akteurs het gedurende die ses seisoene aan die produksie gewerk? 

Meer as 610 rolverdelingslede (ekstras uitgesluit) en min of meer 350 mense wat as deel van die crew gewerk het. 


Arendsvlei is elke Maandag tot Donderdag op kykNET & kie (DStv-kanaal 145, ook op DStv Stream) om 19:30 te sien. Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
5

Totsiens, ‘Wyfie’: S2 se 5 onvergeetlike storielyne

Met die laaste sarsie 'Wyfie'-episodes op hande, kyk ons terug na vyf storielyne wat ons tydens die tweede seisoen van dié baanbrekende Afrikaanse universiteitsdrama geboei het.

Meer
Sien alle opsies