Menu terloops
In Sepies [12 Nov 2023]

Sepievoorskou: Krisisse en kinkels in ‘Suidooster’, ‘Binnelanders’ en ‘Diepe Waters’


Sepieland se karakters veg vir oorlewing hierdie week met die een krisis ná die ander wat hulle soos ’n tsunami tref. Mense gaan slim – en vinnige – besluite moet neem. Die liefde kom ook nie sonder sy eie kinkels nie. Hier is waarna jy hierdie week (13 tot 17 November) op ‘Diepe Waters’, ‘Binnelanders’ en ‘Suidooster’ kan uitsien.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Krisisse en kinkels in ‘Suidooster’, ‘Binnelanders’ en ‘Diepe Waters’

Ons het die inside scoop oor die grootste storielyne in Suidooster, Binnelanders, en Diepe Waters hierdie week. (Dié sepievoorskou het geen spoilers nie!)

Diepe Waters  

Ná die amok wat Riaan (Ryno Hattingh) gesaai het, sukkel Pam (Tracey-Lee Olivier) nog met die nagevolge van sy bose planne teen haar ma en pa.  

Zelda (Sandi Schultz) kan maar ’n miljoen kanse in die lewe kry, maar sy sal nooit luister nie! Sy is wéér met slinkse planne besig en hierdie keer lei dit tot verrassende verwikkelinge… Maar selfs dít blaas in haar gesig op. 

Gys (Justin Strydom) is in ’n persoonlike geveg tussen sy hart en kop gewikkel. Sy hart wil een ding hê, maar logika en feite oortuig hom dat dit nie die regte besluit is nie. 

Intussen gaan Charity (Dané de Waal) en Johan (Liam Bosman) moeilike besluite van hul eie moet neem en vir hul verhouding veg. Hulle sal moet besluit of hulle meer van mekaar of goue medaljes hou, want in die Swartmarlyne se wêreld kan jy mos nie albei hê nie. 

Jacques (Werner Coetser) is verpletterd nadat hy vir Meghan (Lea Vivier) en hul baba verloor het. Hy is besig om uit te rafel en is ’n groot gevaar vir homself.  

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar. 

Binnelanders

Tracy (Melinda Viljoen) is siek van bekommernis nadat sy vir dae nie van Tertius (Reynardt Hugo) hoor nie. Sy het goeie rede, want nadat ’n bekende gesig in die middel van nêrens opdaag, het sy humanitêre sending skielik in ’n geveg tussen lewe en dood ontaard. 

Febé (Claudia Jones) wil nie erken dat haar hart nog sterk vir Uys (Gerald Steyn) klop nie. Sy neem eerder haar frustrasies op arme Karen (Luandri Reynders) uit en sien spoke wat daar nie is nie. 

Steve (Clint Brink) moet besluit tussen ’n moontlike kind of sy verhouding en dit is  nie iets waaroor hy nou wil dink nie. Maar wat beteken dit vir sy gelukkige familie se toekoms? 

Binnelanders saai op weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook op DStv Stream) uit. Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Suidooster

Nazeem (Irvine van der Merwe) gee verniet voor dat sy hart van klip gemaak is. Wanneer iemand vir wie jy lief is in gevaar is, sal jy selfs met jou grootste vyand werk om hulle te red. 

Lee-Ann (Portia Joel) en Ty (Maurice Paige) is uiteindelik weer in ’n goeie plek, maar hoe lank gaan dit hou, want Lee-Ann lyk asof sy iets op die hart het?

Veroné (Zandélle Meyer) sukkel om te besluit of sy haar hele lewe vir Justin (Eden Classens) moet verander, want ons almal weet hy is een groot ladies man. Maar Justin glo sy is die een. 

Kaashifa (Jawaahier Petersen) en die res van Ruiterbosch wag vir nuus nadat Rhafiek (Irshaad Ally) en Mymoena (Jill Levenberg) saam met ’n paar ander Ruiterbosch-inwoners spoorloos verdwyn. 

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies