Menu terloops
In Sepies [14 Apr 2024]

Sepievoorskou: Geld troef bloed in ‘Suidooster’


Mense wat sê bloed is dikker as water het nog nie ’n power couple ontmoet nie! Hier is ’n voorskou van wat jy hierdie week (15 tot 18 April) op ‘Suidooster’ en ‘Binnelanders’ kan sien uitspeel.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Geld troef bloed in ‘Suidooster’

As jy na Tim (Marco Spaumer) en Zoë (Lauren Joseph) se verhouding in Suidooster kyk, dan kan jy maar weet dat arme antie Bridge (Denise Newman) nie ’n kans staan teen Tim se craving vir mag nie. Dié uitgeslape man speel darem vir Zoë soos ’n viool en sy is maar net te gretig om saam te speel. 

Ek het nooit gedink dié prinses sou haar familie se vuil wasgoed so in die media wou uitwas nie, maar dit bewys net weereens dat ’n sterk band nie altyd ’n sterk bankbalans gaan troef nie. 

In Arendsvlei is dit die teenoorgestelde. Desmond (Alistair Izobell) het nog gedink hy gaan troue hou en toe sy suster sê, ‘Spring!’, toe spring die man. Desmond mag dalk die gesig van hierdie crime family wees, maar ná hierdie week is dit so duidelik soos daglig dat Audrey (Taryn Hess) die broek in hierdie familie dra. Ek was verstom toe Desmond net daar vir dominee moes sê dat hy nie vandag gaan trou nie omdat sy ousus so sê. Imagine! Desmond gaan hard moet werk om sy skuld af te betaal. Intussen verbeel hierdie creep vir haar dat sy nou Rachel (Kim Syster) se kind se ma is. Nee, kyk, Audrey is nou nie die tipe vrou met wie ek sou mors nie… As sy my kind wou borsvoed, sou ek ook seker maar moes ingee… Want wat sou sy nie aan jou in jou slaap doen nie?!

Maar nie almal kan op familie staat maak nie. Vra maar vir arme Arno (Jean Henry) in Diepe Waters. Charity (Dané de Waal) het hom hoeveel keer gewaarsku teen hul ma, maar hy wou mos nie luister nie. En daar verdwyn sy toe met haar nuutste crush (óftewel, slagoffer). 

Maar haar ma was nie Charity se enigste challenge hierdie week nie. Ek het so lekker gelag vir die uitdrukking op haar gesig toe sy en die ander meisies hul Kardashian-lengte naels deur Real Housewives van Pretoria se Mel Viljoen onthul. Maar ek net nog harder gelag toe Mel vir die meisies probeer oortuig om by hul skoonheidsroetine te hou want, “Consistency is key! ’n Meisie wil nie soos ’n rosyntjie lyk oor ’n paar jaar oor hierdie chloor nie”. 

Binnelanders 

Delia (Odelle de Wet) probeer haar verhouding en Ben10 teen Steve (Clint Brink) en Conrad (Hykie Berg) beskerm, maar met dié dat hy sy pa gewaarsku het, mag dit groter probleme vir Binneland, en veral Conrad, veroorsaak het. 

Conrad en Tertius (Reynard Hugo) kry uiteindelik nuus oor Tracy (Mel Viljoen). Dit is egter glad nie wat hulle verwag het nie. 

Dit lyk asof Louis (Germandt Geldenhuys) en Naomi (Je-ani Swiegelaar) weer terug in mekaar se arms wil wees… Maar is dit te goed om waar te wees?  

Binnelanders saai op weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook op DStv Stream) uit. Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Suidooster

Dinge tussen Queen B en haar prinses neem ’n lelike draai in die October-huis. Dit draai uit met een op straat en die ander een as die swartskaap van die familie. Ons moes almal seker hierdie een sien kom het, maar dit is steeds skokkend hoe alles hierdie week uitspeel. 

Intussen sukkel Danni (Vashti Prins) en Aiden (Theodore Jantjies) om hul hande van mekaar as te hou. Ek wonder wat Siya (Gantane Kusch) gaan sê wanneer hy uitvind? Maar daar is ook ’n ou gesig wat almal hierdie week in Ruiterbosch verras. En ek wed jou hy gaan beslis opgewonde wees as hy van hierdie nuwe verwikkeling hoor. 

Susan (Natasha van der Merwe) is daarop gefokus om damage control te doen. Maar lyk my haar nuutste show Sê vir Suzie gaan vir haar baie meer probleme as net ’n ongelukkig Angie (Char Carrie) gee.

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies