Menu terloops
In Gons [8 Apr 2024]

‘Real Housewives van Pretoria’ se Mel Viljoen maak ’n draai in ‘Diepe Waters’


‘RHOPTA’ se Mel Viljoen duik hierdie week kop eerste in die ‘Diepe Waters’-wêreld.

‘Real Housewives van Pretoria’ se Mel Viljoen maak ’n draai in ‘Diepe Waters’

TV-kykers het haar leer ken in die Real Housewives van Pretoria, maar een van die dae is Mel Viljoen in ’n heel ander rol te sien as sy haarself op 10 en 11 April 2024 in Diepe waters begewe.

Mel maak ’n draai in dié gewilde telenovela waar sy haar professionele kundigheid gaan inspan om aan van die vroueswemmers ’n nuwe voorkoms te gee. Dit kom ook aan die lig dat sy vir Thandi ken wanneer sy Skinvestment besoek. Mel ontmoet terselfdertyd vir Valencia, wat Brooklyn toe trek om by Mel se naelsalon te gaan werk.

Mel Viljoen, Diepe Waters, Real Housewives van Pretoria
Mel Viljoen op die Diepe Waters-stel saam met van dié telenovela se sterre. Foto: Verskaf

“Met realiteits-TV speel jy jouself en nie ’n fiktiewe karakter nie,” sê Mel oor wat vir haar die grootste verskil was tussen haar ervaring op RHOPTA en Diepe Waters.

“Die drama is eg in ’n realiteitsreeks. Niemand skryf jou teks nie. Jy leef ook met die nagevolge. Daar is nie kans vir ’n take two nie.

“In Diepe Waters speel ek myself as hoof van Tammy Taylor en daarom was dit heel natuurlik. Ek verstaan wat ek doen. Die Diepe Waters-span moes my net help om woorde by gesigsuitdrukkings te laat pas en te sorg dat dit net-net genoeg is. Hulle was baie professioneel.”

Mel Viljoen, Diepe Waters, Real Housewives van Pretoria
Mel soos sy in die telenovela verskyn het. Foto: Verskaf

Mel se hoogtepunt

“Dit het my asem weggeslaan om te sien hoe natuurlik die proses vir die akteurs is. Hulle verdien beslis hul geld!”

En ja, as sy die kans sou kry om dit weer te doen, sal sy nie huiwer nie.

“Ek sal ’n Barbie-cowgirl in die Amerikaanse reeks Yellowstone, met Kevin Costner in die hoofrol, wil speel. Ek sal wil leer perdry met my hare wat perfek wapper terwyl ek oor die vlaktes galop.”


Binnelanders saai op weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook op DStv Stream) uit. Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies