Menu terloops
In Gons [8 Apr 2024]

‘Real Housewives van Pretoria’ se Mel Viljoen maak ’n draai in ‘Diepe Waters’


‘RHOPTA’ se Mel Viljoen duik hierdie week kop eerste in die ‘Diepe Waters’-wêreld.

‘Real Housewives van Pretoria’ se Mel Viljoen maak ’n draai in ‘Diepe Waters’

TV-kykers het haar leer ken in die Real Housewives van Pretoria, maar een van die dae is Mel Viljoen in ’n heel ander rol te sien as sy haarself op 10 en 11 April 2024 in Diepe waters begewe.

Mel maak ’n draai in dié gewilde telenovela waar sy haar professionele kundigheid gaan inspan om aan van die vroueswemmers ’n nuwe voorkoms te gee. Dit kom ook aan die lig dat sy vir Thandi ken wanneer sy Skinvestment besoek. Mel ontmoet terselfdertyd vir Valencia, wat Brooklyn toe trek om by Mel se naelsalon te gaan werk.

Mel Viljoen, Diepe Waters, Real Housewives van Pretoria
Mel Viljoen op die Diepe Waters-stel saam met van dié telenovela se sterre. Foto: Verskaf

“Met realiteits-TV speel jy jouself en nie ’n fiktiewe karakter nie,” sê Mel oor wat vir haar die grootste verskil was tussen haar ervaring op RHOPTA en Diepe Waters.

“Die drama is eg in ’n realiteitsreeks. Niemand skryf jou teks nie. Jy leef ook met die nagevolge. Daar is nie kans vir ’n take two nie.

“In Diepe Waters speel ek myself as hoof van Tammy Taylor en daarom was dit heel natuurlik. Ek verstaan wat ek doen. Die Diepe Waters-span moes my net help om woorde by gesigsuitdrukkings te laat pas en te sorg dat dit net-net genoeg is. Hulle was baie professioneel.”

Mel Viljoen, Diepe Waters, Real Housewives van Pretoria
Mel soos sy in die telenovela verskyn het. Foto: Verskaf

Mel se hoogtepunt

“Dit het my asem weggeslaan om te sien hoe natuurlik die proses vir die akteurs is. Hulle verdien beslis hul geld!”

En ja, as sy die kans sou kry om dit weer te doen, sal sy nie huiwer nie.

“Ek sal ’n Barbie-cowgirl in die Amerikaanse reeks Yellowstone, met Kevin Costner in die hoofrol, wil speel. Ek sal wil leer perdry met my hare wat perfek wapper terwyl ek oor die vlaktes galop.”


Binnelanders saai op weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook op DStv Stream) uit. Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies