Menu terloops
In Recaps & Resensies [8 Nov 2021]

‘Resident Alien’: Lag jouself sat vir dié buite-ruimtelike blik op die mensdom


‘Resident Alien’, nou op Showmax, is die perfekte, maklike kykgenot wat eintlik vir enigiemand bedoel is.

Deur André-Pierre du Plessiss

Kyk nou

‘Resident Alien’: Lag jouself sat vir dié buite-ruimtelike blik op die mensdom
Kyk lokprent

’n Knippie Northern Exposure, die storielyn in Alf en dialoog wat jou herinner aan The X-Files. Meng daardie drie bestanddele saam, los dit oornag in die yskas, en die volgende oggend sal jy iets op die kombuistafel vind wat heel moontlik die perfekte televisieprogram vir ouens in hul laat-30’s is.

Resident Alien, nou op Showmax, is die perfekte, maklike kykgenot wat eintlik vir enigiemand bedoel is. Vervaardig deur ’n spul ouens wat eintlik nader aan hul vroeë-50’s is, het dit ’n onverwagse nuwe gehoor gelok na die SyFy-kanaal (waarop dit eksklusief in Amerika uitgesaai word).

Resident Alien is een van ’n handjievol programme wat heel moontlik SyFy se TV-lewe kan red. Daar is onlangs besluit om dié kanaal, wat voorheen as die Sci-Fi Channel bekend gestaan het en destyds op DStv beskikbaar was, vir eens en vir altyd te sluit. ’n Spul nuwe programme, wat ’n nuwe Chucky-televisiereeks insluit (en ook op Showmax beskikbaar is), laat die boontjietellers nou twee keer dink oor hulle planne om SyFy finaal te skrap.

Resident Alien is ’n unieke mengsel van komedie, drama en wetenskap-fiksie wat dit regkry om aanhangers in bykans elke demografie te vind. Dit handel oor die avonture van Harry Vanderspeigle (vertolk deur Alan Tudyk) wat op die oog af lyk soos die plaaslike dokter, maar eintlik ’n ruimtewese is. Die régte dokter (wie se liggaam hy oorgeneem het), het in ’n dam verdrink. Maar in die klein dorpie waar die reeks afspeel, is die twee polisiebeamptes doodeenvoudig te naïef om al die leidrade te volg. Of hulle wil bloot nie aanvaar dat die nuwe dokter eintlik ’n alien is nie.

Alan Tudyk as Harry Vanderspeigle in Resident Alien. Foto: James Dittinger/SYFY)
Alan Tudyk as Harry Vanderspeigle in Resident Alien. Foto: James Dittinger/SYFY)

Harry gebruik die een of ander onverklaarbare tegnologie wat hom in staat stel om soos die dooie dokter te lyk. Maar daar’s een persoon op wie dié truuk nie werk nie. Die 10-jarige Max (Judah Prehn) sien slegs Harry se akkedisvoorkoms en eekhoringoë as hy na hom kyk. Harry probeer gevolglik alles in sy mag om van Max ontslae te raak. Hy sny sy fiets se brieke en oortuig Max se ouers om hom koshuis toe te stuur. Maar omdat Harry die naïwiteit van ’n agt-jarige het en nog nie heeltemal verstaan hoe menseverhoudinge werk nie, kry Max in elke situasie die oorhand.

Resident Alien is gegrond op die strokiesprent met dieselfde naam wat deur Dark Horse Comics uitgegee word. Die doel van die hele storie is om vir ons uit te wys hoe ongewoon die mensdom eintlik is. Ons norme en sê-goed is as’t ware só vreemd dat dit ’n ruimtewese neem om dit vir ons uit te wys. Soos Harry dit stel:

“To say my species is more advanced than humans would be a massive understatement. If the universe had a scale for intelligence, humans would land right below lizards.”

Harry leer alles wat hy nodig het oor hoe om met mense te kommunikeer deur eindelose episodes van Law & Order te kyk. Dit kom handig te pas wanneer die polisie die (regte) dokter se liggaam ontdek en vir Harry vra om ’n lykskouing te doen. Harry maak gevolgtrekkings wat dikwels net so onsamehangend is as ’n episode van dié polisiedrama:

Harry: A good mystery. Figuring out what happened. Like Law & Order. Kung kung! That was fun.
Polisie: Fun?
Harry: Yeah. I know who killed him.
Polisie: Who?
Harry: He did. The angle of the wounds. The way the blood is on his hand. He murdered himself.

Hoekom Harry aarde toe gekom het, is nie onmiddellik duidelik nie. Het sy ruimtetuig hier verongeluk? Het hy ’n spesifieke doel wat hy op die aarde moet verrig? Sonder om enigiets weg te gee is daar ’n toneel in ’n Chinese restaurant wat dit duidelik maak die antwoord is dalk meer ingewikkeld as wat Harry voorgee.

Dis by besoek aan die Chinese restaurant dat ’n seekat in ’n vistenk Harry herken. Hy is eintlik een van sy nasate. Harry spring op van waar hy besig is om noedels te eet en begin ’n telepatiese gesprek met die seekat voer. Harry vind dan uit dat seekatte hoofsaaklik in akwariums of restaurante woon en dat dit waarskynlik te laat is om al sy “mense” te red.

Dit klink soos ’n lawwe program maar Resident Alien het reeds ’n spul toekennings losgeslaan en het ’n punt van 94% op die resensiewebblad Rotten Tomatoes.

Medespelers sluit in Corey Reynolds, bekend vir sy rol in ’n ander televisiegunsteling The Closer, waarin hy ’n doellose polisieman vertolk. ’n Paar Emmy-genomineerde akteurs van bekende wetenskapsfiksieprogramme en -flieks maak ook hul verskyning as gasspelers. Linda Hamilton, wat die rol van Sarah Connor vertolk het in die Terminator flieks, is in Resident Alien die persoon op wie die regering uiteindelik staatmaak om die ruimtewese Harry te vind. Dis haar werk om almal met wie Harry uiteindelik bevriend raak te oortuig dat hy eintlik ’n vreesaanjaende monster is.

Teen die einde van die eerste reeks word dit duidelik dat dit Harry se verbintenis met die mense rondom hom is wat uiteindelik sal bepaal of hy die wêreld sal vernietig – of red.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

20

Wat om te kyk: 20+ gewilde boeke wat in TV-reekse omskep is

Van 'Recipes for Love & Murder' en 'Reënboogrant', tot 'Spooksoeker' en 'Dinge van ’n kind' – soveel boeiende boeke wat omskep is in soveel skitterende TV-reekse. Hier is ons keur van dié reekse wat jou gaan bekoor, inspireer en ontroer.

Meer

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
Sien alle opsies