Black Tax S2
Die gewilde BET Africa komediereeks Black Tax is terug met ’n lag-uit-jou-maag-uit tweede reeks. Sakevrou en enkelma Thuli Dlamini (Jo-Anne Reyneke, Broken Vows, Isono) sukkel steeds om haar “familieskuld” af te betaal. Volgens die “pay as you grow”-reël, oftewel “black tax”, moet sy nou haar finansiële sukses deel met almal wat haar op haar lewenspad ondersteun het – soos haar ouers, wat summier by haar intrek. In die nuwe seisoen kry Thuli bure wat hou van inmeng. Vanaf 9 Oktober.
Succession S3
Succession, word wyd beskou word as een van die beste TV-dramas nog (let wel: “een van” – dit is nie sommer dat The Wire of The Sopranos ooit van hul gedeelde troon geskop gaan/kan word nie). Die derde reeks kom byna twee jaar na die verstommende finale van die vorige seisoen. Die bekroonde HBO-reeks tel op met Kendall (Jeremy Strong) wat nou teen die magsbehepte Logan (Brian Cox) te staan kom.
Succession draai om die Roy-gesin en die wipplank-rit wat hul sakereus-pa (Logan) meebring as hy besluit om af te tree. ’n Magstryd speel onder sy kinders af soos hulle mekaar probeer uitoorlê om die familiebesigheid – een van die wêreld se grootste media- en vermaakmaatskappye – oor te neem.
Volgens HBO gaan hoogdrama afspeel: “Nadat sy seun Kendall aan die einde van die tweede seisoen in opstand gekom het, is Logan Roy met die aanvang van die derde seisoen in ’n kwesbare posisie, en skarrel om mense aan sy kant te kry. Die spanning styg namate die korporatiewe konflik tussen hulle toeneem en later ook dreig om hul gesin in twee te skeur.” Express from the US elke Maandag vanaf 18 Oktober.
The L Word: Generation Q S2
Dis amper asof al wat ’n TV-reeks tussen 1990 en 2010 was, nou herleef. Té gereeld bederf dit die magic van die oorspronklike storie. Daar is ’n amperse ongemaklikheid daaraan – asof ’n middeljarige weer in hul tiener tie-dye leggings probeer okei lyk. In sy oorspronklike gedaante was The L Word tussen 2004 en 2009 ’n baanbrekende reeks oor die queer experience. Dit was onder meer die eerste TV-reeks met ’n ensemble gay en biseksuele karakters. Net so was dit ook die eerste televisiereeks wat hoofsaaklik deur queer vroue geskryf en geregisseer is. Maar dit was ook die reeks se grafiese sekstonele – toe nêrens anders op TV te sien nie – wat dit onderskei het.
Jennifer Beals (Flashdance), Kate Moennig (Ray Donovan, Grown-ish) and Leisha Hailey (CSI) keer in die herlewing, The L Word: Generation Q, in hul oorspronklike rolle terug met ’n nuwe generasie van diverse LGBTQIA+ -karakters wat by hul reis van liefde, leed, seks, struwelinge en sukses aansluit. Vanaf 14 Oktober.
Wie Word ‘n Miljoenêr?
Suid-Afrika het uiteindelik ’n Afrikaanse weergawe van Who Wants to Be a Millionaire? Dis nou al heelwat jare sedert die internasionale TV-konsep plaaslik deur Jeremy Maggs aangebied is, en dié keer is Rian van Heerden in beheer. Van Heerden sit nou om dieselfde vuur as Britse aanbieders Chris Tarrant en Jeremy Clarkson. Wie Word ’n Miljoener? is reeds – voordat dit selfs ’n enkele episode uitgesaai het – vir ’n tweede rondte hernu. Die lekkerte vir kykers is dat die twee reekse opeenvolgend uitgesaai gaan word.
Uit duisende inskrywings is 156 kandidate gekies om oor 26 weke teen mekaar mee te ding. Die reeks is by Atlantic Studios in Kaapstad voor ’n gehoor van slegs sowat 40 mense, en met streng Covid-riglyne in plek, opgeneem.
Vanaf 27 Oktober om 21:00. Gelyktydige uitsending op kykNET en Showmax.
Saint Frances
Dié fliek het al ’n hele string toekennings ingepalm (onder meer die gesogte gehoorprys by die SXSW-fliekfees) en is ook deur The National Board of Review as een van 2021 se top-10 indie-flieks aangewys.
Saint Frances vertel die storie van Bridget, ’n 34-jarige vrou wat ná ’n aborsie as ’n sesjarige dogtertjie se nanny begin werk, met ’n onwaarskynlike vriendskap wat tussen hulle ontwikkel. Vanaf 11 Oktober.
Triggered
Triggered volg nege voormalige hoërskoolvriende wat vir hul vyf-jaar-reunie in die bos gaan kamp. In ’n skokwending word elkeen wakker met ’n bom wat aan hul bors vasgemaak is. Dit blyk die enigste manier om die nagmerrie te oorleef, is om ander se tyd te “steel”.
Die rolverdeling sluit in: Reine Swart (Siembamba), Liesl Ahlers (Friend Request), Russell Crous (The Watch, Escape Room), Craig Urbani (Isidingo) en Sean Cameron Michael (Black Sails, Fried Barry). Vanaf 11 Oktober.
Toorbos
Dalene Matthee se gelyknamige boek is met sorgsame hande deur regisseur René van Rooyen en haar man, Corné, verwerk. Matthee se romanse speel af in die 1930s teen die agtergrond van die laaste bewoners van die Knysnabos wat vir die denneplantasies moet padgee. Dit draai om die liefdesverhaal tussen Karoliena, ’n veel ouer dorpsman, en die bos in haar bloed.
Toorbos is as Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir die 2021 Oscars gekies en Elani Dekker se vertolking van Karoliena is wyd geloof. Vanaf 21 Oktober.
Nog hoogtepunte:
1 Oktober
- Love Island binge! | Binge die Amerikaanse reeks se tweede seisoen vanaf 1 Oktober and Love Island UK S7 vanaf 20 Oktober.
- Delilah S1
- Intergalactic S1
4 Oktober
- The Croods: A New Age
7 Oktober
- Lycra & Petticoat
- Motel
- Sometimes, Always, Never
11 Oktober
- Summerland
- Oppiestoep S4
14 Oktober
- Unpregnant
- Everything But a Man
- Huishou
- Niemand
- Freedom
18 Oktober
- The Cleansing Hour
- The Quiet Ones
19 Oktober
- ’n Ram vir ‘n Rus S1
21 Oktober
- Krismasboks
- The Secrets We Keep
25 Oktober
- A Brother’s Honor
- Worth
27 Oktober
- Chucky | Binge episodes 1-3 van 27 Oktober, weeklikse episodes daarna
28 Oktober
- What They Had