Menu terloops
In Recaps & Resensies [1 Okt 2021]

Blood & Water II delf dieper in ’n wêreld van leuens


Verraad. Leuens. Smartsaga-drama. Tyd vir die plaaslike sit-op-die-punt-van-jou-stoel-reeks se tweede rondte.

Deur Zahra Doola
Blood & Water II delf dieper in ’n wêreld van leuens
Kyk lokprent

Toe Blood & Water se eerste seisoen midde in die grendeltyd in Mei 2020 op Netflix vrygestel is, het kykers vasgenael gesit voor dié oorspronklike Netflix-reeks uit Afrika – slegs die tweede produksie wat die leier in die streaming-wêreld plaaslik aangepak het. Sy voorloper, Queen Sono met Pearl Thusi in die rol van ’n dodelike spioen, is laas Februarie vrygestel, maar die beplande tweede seisoen is gekelder deur die produksieuitdagings wat Covid-19 meegebring het.

Soos met die positiewe reaksie op Queen Sono, wat deur die resensent Dominic Patten as ’n “koninklike fees” beskryf is, word Blood & Water wyd geloof. Die storie draai om die tiener Puleng Khumalo (Ama Qamata) wie se suster, Phume, kort ná haar geboorte uit die hospitaal ontvoer is. Dan ontmoet sy vir Fikile Bhele (Khosi Ngema), ’n sterswemmer aan ’n privaatskool in Kaapstad, en begin wonder of Fikile nie eintlik haar vermiste suster is nie.

Soos ons hier op tuisbodem moes kykers wêreldwyd – ook die musiekster Lil Nas X en die aktrise Gabrielle Union – op hete kole wag vir nuus oor ’n tweede reeks. Die slotepisode van die eerste seisoen het immers op ’n cliffhanger of note geëindig toe Puleng die waarheid oor die ontvoering aan Fikile onthul het.

Die lief en leed van tiener-wees

As die eerste seisoen se storielyn gemik was om hierdie saadjie van ’n raaisel te plant, is die tweede seisoen ’n ontdekkingsreis waar daar dieper in die lewe van elke karakter gedelf word. Of dit nou Wendy is, of Chris en Reece – ons sien deurdagte, diepe selfondersoek en karakterontwikkeling. Dis die spil waar om die tweede aflewering draai –en ook juis waarom dit so ’n plesier is om te kyk.

Blood & Water II bring al die temas wat kykers in die eerste reeks aangegryp het na vore en bou op dié reeds gevestigde spanning en drama. As Puleng nie verhoudingsprobleme het, of op die punt staan om geskors te word nie, vind sy haar in netelige situasies soos sy probeer om die raaisel van Phume se ontvoering 17 jaar gelede te ontsyfer. In die proses ontdek sy ook ’n hele paar familiegeheime.

Dit is nodig, dalk selfs ’n vereiste, om só ’n komplekse hoofkarakter te hê in ’n drama wat op ’n tienergehoor fokus – en hul realiteite weerspieël. Maar Puleng se besluite is soms so twyfelagtig dat ’n mens nie anders kan as om ’n love-hate relationship met haar te hê nie.

Tog, dit is juis die gevolge van haar keuses wat die spanning bou en drama verseker – soveel as wat jy jou kop vir haar skud, weet jy ook wat haar motivering is: Soeke na waarheid. ’n Tipe “die doel heilig die middelle”-situasie is hier aan die afspeel.

Dit is nodig, dalk selfs ’n vereiste, om só ’n komplekse hoofkarakter te hê in ’n drama wat op ’n tienergehoor fokus – en hul realiteite weerspieël. 

Met die hulp van haar vriende Zama, Wade en Fikile, neem Puleng se soektog haar deur ’n reeks van emosies en die geraamtes van Parkhurst College se ouers word blootgelê.

Een van die bestes

Die reeks is in Kaapstad verfilm en die vervaardigers en spelers verdien ’n veer in die hoed dat hulle dit onder Suid-Afrika se Covid-maatreëls kon doen.

Blood & Water is ook sonder twyfel een van die beste Suid-Afrikaanse produksies wat op ‘n jonger gehoor gemik is.

Die reeks vermy nie die drama wat gepaard gaan met tiener-wees nie en ernstige kwessies word reguit aangespreek. Blood & Water verval nie in clichés nie, en hoewel sommige van die storielyne nie altyd raakvat nie, is die hoofbestanddele van die reeks fassinerend, om die minste te sê.

Die vertelling is ’n vertoonvenster van die gewone redigeringstegnieke en storie-kinkels waaraan ons gewoond is in reekse uit Hollywood, maar dit maak wel nie die algemene foute wat ander tienerreekse maak nie. Die een manier hoe die vervaardigers dit regkry, is met ’n rolverdeling wat die beste van Suid-Afrika se jong talent ten toon stel; spelers wat met gemak lyk of hulle nog op hoërskool is.

En dan ook omdat hulle verskeie Suid-Afrikaanse tale in die draaiboek gebruik sonder dat dit ongemaklik of geforseerd klink. Van die kritiek teenoor die eerste seisoen was dat die musiek nie noodwendig gepas het by dit wat op die skerm gebeur het nie, en die tweede seisoen het geantwoord met ’n veel beter klankbaan wat plaaslike talent insluit.

Verrassings, soos ’n verskyning deur YoungstaCPT, help ook om die seisoen bo die eerste een uit te styg.

Die nuutste aflewering proe, werklik, soos nog.

Ook in die rolverdeling is Thabang Molaba (KB), Dillon Windvogel (Wade), Arno Greef (Chris), Ryle de Morny (Chad), Natasha Tahane (Wendy), Mekaila Mathys (Tahira), Cindy Mahlangu (Zama), Duane Williams (Mark) en ander.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies