Menu terloops
In Wat om te kyk [1 Okt 2021]

Queen Sono


Queen Sono is die eerste oorspronklike Netflix-reeks vir en deur Suid-Afrikaners.

Queen Sono
Kyk lokprent

Die eerste oorspronklike Netflix-reeks vir en deur Suid-Afrikaners, Queen Sono, sou aanvanklik ’n tweede seisoen kry, maar Covid-19 het die verfilming in die wiele gery.  Dis ’n groot jammerte, want die reeks, met die aktrise Pearl Thusi in die hoofrol as Queen Sono, is volop intrige en aksiebelaai. 

Queen Sono is ’n spioen vir ’n geheime regeringsorganisasie en die reeks begin met haar raison d’etre vir dié gevaarlike beroep. Dis die herdenking van haar ma, ’n vryheidsvegter se dood. Safiya Sono is vermoedelik deur pro-apartheid skurke vermoor en die reeks draai om Queen se pogings om die waarheid oor haar ma se moord uit te krap. Intussen moet sy ook met misdadigers afreken wat die land, en soms ook die kontinent, bedreig. 

’n Bonus is die klomp verskillende Suid-Afrikaanse tale wat gebruik word. 

Buiten Thusi, is Rob van Vuuren, Loyiso Madinga en selfs Frank Opperman, in die reeks te sien. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies