Menu terloops
In Wat om te kyk [5 Mar 2025]

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025


Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Stroom 'Reënboogrant'

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025
Kyk lokprent

Reënboogrant is geïnspireer deur Louise van Niekerk se topverkoperboeke vir jong volwassenes wat in die negentigerjare gepubliseer is. Dié telenovela speel in Tshwane af en draai om die Brink-gesin. Minke Marais en Mila de Villiers (Wyfie) vertolk die graad 10-susters Shani en Sunette, met Paul Strydom (Spooksoeker) as hul ouer broer, Dolf, ’n matriekleerder en die skool se hoofseun. 

Daar is elke Woensdag twee nuwe episodes op Showmax beskikbaar. Hier is wat jy vandeesmaand op dié telenovela kan verwag.

Woensdag, 5 Maart 2025

Meng jou met die semels…

Die polisie stel ’n lokval vir die dwelmsindikaat en wil vir Shani betrek. Dolf konfronteer vir Ans oor die dieëtpille. Rachelle het slinkse planne met Pierre, terwyl Japie sy beste voetjie vir Sunette voorsit. 

Judasbok

Shani word as lokaas gebruik om die dwelmsindikaat waarvoor Jacques werk te ontbloot. Japie slaan sy kloue stywer om Sunette, terwyl Rachelle vir Pierre in haar web toespin. 

Woensdag, 12 Maart 2025

Asteroïede

Rooi graffiti teen die skoolmuur met aantuigings oor Meneer Bothma veroorsaak dat ’n nuwe debietstelsel geïmplementeer word. Sunette sukkel om die gebeure met Japie te verwerk. 

As die reënboog verdof

Sunette se gesondheid bekommer die Brink-familie. ’n Mediaberig plaas die skool in ’n swak lig en Bongi word verdink. Shani leen geld by Japie vir haar modelfoto’s. Dit lei tot ’n misverstand met Johan.

Woensdag, 19 Maart 2025

Motivering, oorreding, intimidering

Shani en Rachelle het albei uitdagings met die “Face of the Future”-kompetisie. Sunette word opgeneem vir toetse. Bongi weier om terug te keer skool toe. Tina slaag daarin om Shani vir die graffiti te blameer. 

Gekke en Dwase

Die person agter die graffiti-voorval word ontmasker. Daar is ’n groot krisis by Maryna se produksiemaatskappy. Japie word aangeval en Bongi daag die skool se debietstelsel uit. 

Woensdag, 26 Maart 2025

Skuldgevoelens en vergoedings

Die Brink-gesin verwerk Sunette se skokkende diagnose. Die brand by die produksiemaatskappy mag dalk ernstige nagevolge vir Maryna hê. Shani en Dolf beplan ’n fondsinsameling vir Sunette se behandeling.

Oog vir ’n Oog

Pierre kom tot Shani se redding in ’n ongemaklike situasie. Maryna se nuwe vennoot maak haar lewe moeilik. Sunette vind van die fondsinsameling.


Dubbelepisodes van Reënboogrant word elke Woensdag tot en met 11 Junie 2025 op Showmax beskikbaar gestel. Rëenboogrant word ook op Vrydae op kykNET (DStv-kanaal 101) en DStv Stream uitgesaai, maar met slegs een nuwe episode per week. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir Augustus 2026

Mike maak (weer) droog, Kaashifa vind iets skokkend uit en die Samsodiens sien rooi... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in Augustus kan uitsien.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer
Sien alle opsies