Menu terloops
In Wat om te kyk [2 Apr 2025]

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025


Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar… Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Stroom 'Reënboogrant'

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Reënboogrant is geïnspireer deur Louise van Niekerk se topverkoperboeke vir jong volwassenes wat in die negentigerjare gepubliseer is. Dié telenovela speel in Tshwane af en draai om die Brink-gesin. Minke Marais en Mila de Villiers (Wyfie) vertolk die graad 10-susters Shani en Sunette, met Paul Strydom (Spooksoeker) as hul ouer broer, Dolf, ’n matriekleerder en die skool se hoofseun. 

Daar is elke Woensdag twee nuwe episodes op Showmax beskikbaar. Hier is wat jy vandeesmaand op dié telenovela kan verwag.

Woensdag, 2 April 2025

Showdown vir Soens

Die leerders maak gereed vir “Showdown vir Soens”. Shani is bekommerd oor haar Face of the Future-onderhoud. Sunette kry skokkende nuus by die onkoloog.

Oggendstond

Die Brink-gesin wag angstig op die uitslae van rugmurgskenker-toetse, terwyl Henk en Maryna ’n geskikte skool vir Anderkant die Reënboog se jong akteur soek. Chris Fick maak homself tuis in Reënboogrant.

Woensdag, 9 April 2025

Chris Fick…

Almal in Reënboogrant voel die verskil in die atmosfeer nadat Chris Fick arriveer. Die meisies is almal in vervoering, maar die ouens is skepties oor dié kalant. 

Wanneer Poppe Dans…

Chris veroorsaak drama by die skool se sokkie. Johan en Shani ervaar spanning oor Chris se teenwoordigheid, wat deur Rachelle se inmenging vererger word. 

Woensdag, 16 April 2025

Die Ultimatum

Shani is opgewonde oor haar oudisie, terwyl Rachelle met haar pa se kontakte reeds ’n oudisie gereël het. Maryna en Henk stamp koppe oor die produksie. Tina ontdek een van Marius se geheime.

Anderkant die Oudisie

Sunette, Shani en Rachelle doen almal oudisies vir ’n rol in Anderkant die Reënboog, met ‘n onverwagse uitkoms. Al drie meisies is ook heel onbewus dat Chris by al drie betrokke is… 

Woensdag, 23 April 2025

In die Kollig

Chris se invloed en verhoudings word bevraagteken.  Dolf beplan om Bongi by die skool te help. Rachelle besluit wat om met haar troefkaart, Shani se foto’s, te maak.

Ficks-heid probleme

Shani en Chris se toneel lei tot ongemak, terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Henk betwyfel Sunette se vermoë om die rol te hanteer. Dolf, Lizane en Bongi beraam ’n plan om ’n skoolradiostasie te begin. Rachelle wil wraak neem op Shani deur gewaagde materiaal te versprei. 

Woensdag, 30 April 2025

Nuwe Bloed

Wanneer ’n nuwe meisie in Reënboogrant arriveer, laat sy die seuns se koppe draai… En die meisies se naels uitkom. Shani se aantrekkingskrag tot Chris groei terwyl sy oor Johan stres. Japie het slinkse planne.

Anderkant die Venster…

Shani en Chris se romantiese oomblik word onderbreek. Dolf en Pierre het albei hul oog op Monique. Ans probeer iets opwindend, met ongewenste nagevolge. 


Dubbelepisodes van Reënboogrant word elke Woensdag tot en met 11 Junie 2025 op Showmax beskikbaar gestel. Rëenboogrant word ook op Vrydae op kykNET (DStv-kanaal 101) en DStv Stream uitgesaai, maar met slegs een nuwe episode per week. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies