Menu terloops
In Gons [28 Mar 2025]

Loop lig vir dié nuwe karakter op ‘Diepe Waters’


Haar nuwe karakter in ‘Diepe Waters’ is nie ’n vrou wat ’n mens sommer sal vergeet nie, vertel die aktrise Natasja Jacobs.

Stroom 'Diepe Waters'

Loop lig vir dié nuwe karakter op ‘Diepe Waters’

Kykers het vandeesweek kennis gemaak met ’n nuwe karakter in kykNET se telenovela, Diepe Waters. Bianca Bester het haar onverwagse verskyning as Fourie (David Louw) se eksvrou gemaak en haar teenwoordigheid gaan die poppe behoorlik laat dans. 

Die rol van Bianca Bester word deur Natasja Jacobs vertolk. Kykers sal haar as Amanda in Getroud met Rugby onthou.

Natasja Jacobs, Bianca Bester, Diepe Waters
Wat lê agter Bianca (Natasja Jacobs) se terugkeer? Foto: Verskaf

Oor haar karakter sê Natasja: “Bianca is ’n enigma. Niemand gaan haar kan vergeet nie, en die wêreld gaan nooit weer dieselfde wees nie. Goed of sleg, nadat Bianca deur jou lewe geloop het, weet jy sy was daar.”

Bianca is aantreklik, slim en suksesvol in haar eie juweliersbesigheid. Maar agter haar bekoorlike glimlag skuil ‘n verlede wat sy probeer begrawe het,  vertel Natasja.

Hoewel haar seun, Juvan (Christiaan Ackerman), bly is om sy ma te sien, wek haar verskyning allermins vreugde by Fourie en haar voormalige skoonpa, Nelius (Jürgen Hellberg).

Natasja Jacobs, Diepe Waters
Daar is ’n paar mense wat moet lig loop vir haar karakter, meen die aktrise Natasja Jacobs. Foto: Verskaf

Fourie se hart is jare gelede gebreek toe Bianca vir hom en hul seun sonder enige verduideliking agtergelaat het. Nou is sy terug – maar wat bring Bianca werklik terug? Is dit bloot ’n geval van ’n ma wat haar verhouding met haar seun wil herstel, of skuil daar iets donkerder agter haar terugkeer?  Soos dié storielyn uitspeel, blyk dit kykers gaan sien hoe moeilik dit is om ou geheime begrawe te hou…

“Bianca is nie daarop uit om enigiemand seer te maak nie. Kom ons sê maar net, daar is ’n paar mense wat lig moet loop. Sy mag dalk net weet waar hulle hul geraamtes begrawe het,” sê Jacobs oor die kinkels wat kykers kan verwag.

As sy haar karakter in een sin moet beskryf, sê Jacobs: “Bianca is daai dinamiese, komplekse, lewenslustige vrou wat jou beste vriend kan wees, maar daar is ’n donker kant wat jy definitief wil vermy.”


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies