Menu terloops
In Gons [28 Mar 2025]

Loop lig vir dié nuwe karakter op ‘Diepe Waters’


Haar nuwe karakter in ‘Diepe Waters’ is nie ’n vrou wat ’n mens sommer sal vergeet nie, vertel die aktrise Natasja Jacobs.

Stroom 'Diepe Waters'

Loop lig vir dié nuwe karakter op ‘Diepe Waters’

Kykers het vandeesweek kennis gemaak met ’n nuwe karakter in kykNET se telenovela, Diepe Waters. Bianca Bester het haar onverwagse verskyning as Fourie (David Louw) se eksvrou gemaak en haar teenwoordigheid gaan die poppe behoorlik laat dans. 

Die rol van Bianca Bester word deur Natasja Jacobs vertolk. Kykers sal haar as Amanda in Getroud met Rugby onthou.

Natasja Jacobs, Bianca Bester, Diepe Waters
Wat lê agter Bianca (Natasja Jacobs) se terugkeer? Foto: Verskaf

Oor haar karakter sê Natasja: “Bianca is ’n enigma. Niemand gaan haar kan vergeet nie, en die wêreld gaan nooit weer dieselfde wees nie. Goed of sleg, nadat Bianca deur jou lewe geloop het, weet jy sy was daar.”

Bianca is aantreklik, slim en suksesvol in haar eie juweliersbesigheid. Maar agter haar bekoorlike glimlag skuil ‘n verlede wat sy probeer begrawe het,  vertel Natasja.

Hoewel haar seun, Juvan (Christiaan Ackerman), bly is om sy ma te sien, wek haar verskyning allermins vreugde by Fourie en haar voormalige skoonpa, Nelius (Jürgen Hellberg).

Natasja Jacobs, Diepe Waters
Daar is ’n paar mense wat moet lig loop vir haar karakter, meen die aktrise Natasja Jacobs. Foto: Verskaf

Fourie se hart is jare gelede gebreek toe Bianca vir hom en hul seun sonder enige verduideliking agtergelaat het. Nou is sy terug – maar wat bring Bianca werklik terug? Is dit bloot ’n geval van ’n ma wat haar verhouding met haar seun wil herstel, of skuil daar iets donkerder agter haar terugkeer?  Soos dié storielyn uitspeel, blyk dit kykers gaan sien hoe moeilik dit is om ou geheime begrawe te hou…

“Bianca is nie daarop uit om enigiemand seer te maak nie. Kom ons sê maar net, daar is ’n paar mense wat lig moet loop. Sy mag dalk net weet waar hulle hul geraamtes begrawe het,” sê Jacobs oor die kinkels wat kykers kan verwag.

As sy haar karakter in een sin moet beskryf, sê Jacobs: “Bianca is daai dinamiese, komplekse, lewenslustige vrou wat jou beste vriend kan wees, maar daar is ’n donker kant wat jy definitief wil vermy.”


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies