Menu terloops

Recipes for Love and Murder S1

Op Showmax [Gepubliseer op 25 Mei 2023]


In ‘Recipes for Love and Murder’ span ’n kosrubriekskrywer en ’n rookie-joernalis kragte saam om ’n moord op te los.

Kyk nou

Recipes for Love and Murder S1
Kyk lokprent

Recipes for Love and Murder, wat in Suid-Afrika en Skotland verfilm is, is ’n gesamentlike produksie deur M-Net, AMC Networks se Acorn TV, Both World Pictures en Global Screen.

Recipes for Love and Murder is gegrond op die gelyknamige boek deur Sally Andrew. Die Ierse aktrise, Maria Doyle-Kennedy, vertolk die storie se hoofkarakter, Tannie Maria. Die boek is deur die Suid-Afrikaanse skrywer Karen Jeynes in ’n TV-draaiboek verwerk. 

Tannie Maria is ’n Skotse vrou wat ʼn plaashuis in die Karoo geërf het en die dorpskoerant se kosskrywer- en biegtannie is. As een van Tannie Maria se korrespondente dood aangetref word, is sy vasbeslote om die skuldige vas te trek. Sy span kragte saam met ’n rookie-joernalis, Jessie September (Kylie Fisher), om dié moord op te los. 

Doyle-Kennedy is bekend vir haar spel in onder meer Outlander en The Tudors. Fisher is ook in Fraksie en Troukoors te sien. 

Die reeks het intussen ook ’n internasionale gehoor gelok met die New York Times wat skryf dat die reeks “dieselfde mengsel van menslike drama, pragtige landskap, plaaslike kleur en watertandlekker kos [as die boek] bied”.

Die regie is deur die bekroonde Christiaan Olwagen (Kanarie, Poppie Nongena) tesame met David Isaacs (Swartwater, Joe Barber).


Vanaf Donderdag, 25 Mei 2023, op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies