Menu terloops

Recipes for Love and Murder S1

Op Showmax [Gepubliseer op 25 Mei 2023]


In ‘Recipes for Love and Murder’ span ’n kosrubriekskrywer en ’n rookie-joernalis kragte saam om ’n moord op te los.

Kyk nou

Recipes for Love and Murder S1
Kyk lokprent

Recipes for Love and Murder, wat in Suid-Afrika en Skotland verfilm is, is ’n gesamentlike produksie deur M-Net, AMC Networks se Acorn TV, Both World Pictures en Global Screen.

Recipes for Love and Murder is gegrond op die gelyknamige boek deur Sally Andrew. Die Ierse aktrise, Maria Doyle-Kennedy, vertolk die storie se hoofkarakter, Tannie Maria. Die boek is deur die Suid-Afrikaanse skrywer Karen Jeynes in ’n TV-draaiboek verwerk. 

Tannie Maria is ’n Skotse vrou wat ʼn plaashuis in die Karoo geërf het en die dorpskoerant se kosskrywer- en biegtannie is. As een van Tannie Maria se korrespondente dood aangetref word, is sy vasbeslote om die skuldige vas te trek. Sy span kragte saam met ’n rookie-joernalis, Jessie September (Kylie Fisher), om dié moord op te los. 

Doyle-Kennedy is bekend vir haar spel in onder meer Outlander en The Tudors. Fisher is ook in Fraksie en Troukoors te sien. 

Die reeks het intussen ook ’n internasionale gehoor gelok met die New York Times wat skryf dat die reeks “dieselfde mengsel van menslike drama, pragtige landskap, plaaslike kleur en watertandlekker kos [as die boek] bied”.

Die regie is deur die bekroonde Christiaan Olwagen (Kanarie, Poppie Nongena) tesame met David Isaacs (Swartwater, Joe Barber).


Vanaf Donderdag, 25 Mei 2023, op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies