Menu terloops
In Gons [26 Jul 2023]

‘Plaasjapie’ S2: Skryf in vir ‘ervaring van ’n leeftyd’, sê eerste wenner, Dian Louw


Soos met die eerste seisoen van kykNET se ‘Plaasjapie’, gaan 16 deelnemers mekaar die stryd aansê om hul staal – en boervernuf – te toon.

Kyk weer S1

‘Plaasjapie’ S2: Skryf in vir ‘ervaring van ’n leeftyd’, sê eerste wenner, Dian Louw

’n Tweede Plaasjapie-seisoen is op pad met tot ’n koel R1 miljoen se prysgeld op die spel. 

Soos met die eerste seisoen, gaan 16 deelnemers mekaar die stryd aansê om hul staal en boervernuf te toon. Dít is net daar waar die kinkel is. Plaasjapie is nie op soek na gevestigde boere nie, maar na stads- en dorpsjapies wat smag na die plaaslewe en die uitdagings wat dit bied.

Dian Louw van Pretoria was die wenner van die eerste reeks. Hy het soos ’n veteraan skape aangejaag – iets wat myle buite sy gemaksone as kunstenaar was. (Jy kan die eerste seisoen nou op Showmax kyk.)

“Ek het flippen hard gewerk en ek het alles gedoen om my plek op die plaas te verdien sodat niemand die vinger kon wys dat ek lyf wegsteek nie,” het hy verlede jaar gesê nadat hy as wenner aangewys is.

Is jy dus iemand wat soos ’n boer ’n plan kan maak, ongeag die omstandighede? Het jy al in ’n basiese skuur sonder veel geriewe met 19 vreemdelinge gebly? 

Alliansies is jou voorland as jy die gekonkel en gekul wil oorleef, want, ja, ander deelnemers gaan jou onder die spreekwoordelike bus (of eerder, trekker) probeer gooi.

Maar Plaasjapie gaan oor meer as mind games en strategieë – deelnemers moet ook take voltooi. En dít is harde werk wat wag. Maar dis waaroor dit gaan om ’n boer te wees – om uit te hou, aan te hou en altyd met ’n doenbare, werkbare plan vorendag te kom.

Ewan Strydom is weer die programaanbieder van Plaasjapie se tweede seisoen. Foto: Verskaf
Ewan Strydom is weer die programaanbieder van Plaasjapie se tweede seisoen. Foto: Verskaf

Hoe voel Dian oor Plaasjapie 2

Dian moedig ook mense baie entoesiasties aan om in te skryf vir vanjaar se reeks, want, sê hy, dís ’n ervaring wat jou hart verander. 

“Dit is die avontuur van ’n leeftyd. Jy leer nie net meer van jouself ken nie, maar ook van ander mense, die plaas en hoe boere dit doen. Ek lê party aande en kan steeds nie glo ek het dit gedoen nie. Dit voel soos ’n droom.

“Skryf in, toets jouself. Dis maklik om op die bank te sit en te dink jy kan dit maklik doen… totdat jy daar is en jy met verlange en snaakse persoonlikhede moet deal.

“Jy leer om stil te wees en in daai stiltes groei jy ook. Of dit die eerste of laaste dag is wat jy daar wegstap, jy leer iets oor jouself, van ander mense en die lewe. Dan is daar die verbintenis met die natuur…

“Ek sit deesdae ook maklik my foon weg. Ek kan dit doen, ek het 21 dae sonder dit deurgebring. Dis net lekker om te weet dis back to basics. Dis een ongelooflike avontuur.” 

Die programaanbieder, Ewan Strydom, het Dian se sukses in Plaasjapie se eerste seisoen onder meer toegeskryf aan die sistematiese en kalm manier waarop hy als aangepak het.

Hoe om in te skryf

Inskrywings open op 26 Julie 2023 en sluit weer op 25 Augustus 2023. Geen laat aansoeke sal aanvaar word nie.

Gaan na kyknet.tv om jou aanlyn-aansoekvorm te voltooi en terselfdertyd ook jou video (nie langer nie as 3 minute) en ’n onlangse foto van jouself op te laai.

Jou inskrywingsvideo moet die volgende bevat: 

  • Stel jouself bekend; 
  • Vertel meer oor jouself; 
  • Vertel waar jy nou bly; 
  • Verduidelik hoekom jy ’n Plaasjapie wil wees.

Ook belangrik: 

Hoe oud moet iemand wees om deel te neem? Ten minste 18 jaar oud op die dag wanneer jy inskryfvorm voltooi.
Kan enigiemand inskryf? Enige Suid-Afrikaanse burger wat ’n geldige identiteitsdokument het. 

Hoe lank gaan die verfilming duur? Dit behoort nie langer as 25 dae te neem nie.

Wanneer gebeur verfilming? Deelnemers moet in Oktober 2023 beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

20

Wat om te kyk: 20+ gewilde boeke wat in TV-reekse omskep is

Van 'Recipes for Love & Murder' en 'Reënboogrant', tot 'Spooksoeker' en 'Dinge van ’n kind' – soveel boeiende boeke wat omskep is in soveel skitterende TV-reekse. Hier is ons keur van dié reekse wat jou gaan bekoor, inspireer en ontroer.

Meer

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
Sien alle opsies