Menu terloops

Plaasjapie S1

Op DStv [Gepubliseer op 14 Jul 2022]


‘Plaasjapie’ is kykNET se splinternuwe realiteitsreeks.

Kyk nou

Plaasjapie S1
Kyk lokprent

In Plaasjapie word 20 stadsjapies word na die “wilde weste” (eintlik maar net ’n plaas iewers in die Wes-Kaap, relax) gestuur waar hulle vir ’n maand in ’n skuur moet bly en hulself afsloof soos boere van ouds.

Onder die deelnemers tel ’n MMA-vegter, model, apteker, musikant en Guinness-wêreldrekordhouer vir Marmite eet. Jy kan meer oor die deelnemers in ons Wie’s wie op Plaasjapie-artikel lees.

Vanaf Donderdag, 14 Julie, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Online, asook Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies