Oor die rol van Hugo
My agent het vir my die brief gestuur om te vra of ek belangstel om te oudisie en ek maak toe ’n self-tape. ’n Rukkie daarna het ek ’n e-pos gekry wat sê ek het nie die cut gemaak nie. Maar toe kom hulle weer terug na my toe en sê hulle wil my graag vir ’n ander rol sien. In hierdie stadium was ek op pad Frankryk toe en ek was heel skepties om die ander oudisie te doen, maar ek sê toe maar net vir myself, ‘just do it’.
Ek is daar anderkant (in Europa) en ek kry ’n e-pos van my agent af om te sê hulle wil my hierdie rol van Hugo aanbied. Ek vra toe meer inligting, soos teenoor wie ek gaan speel want die materiaal is ’n bietjie daring en intimate en ek wou seker maak teenoor wie ek sou speel. Dis toe Bianca Flanders. And funny story, ek en Bianca is baie, baie goeie vrinne. My beste vriend (Dean Balie) en sy is verloof (hulle is nou getroud). Ons ken mekaar al baie lank en baie goed. En toe is ek net soos, ‘ok, this is gonna be awkward…’ Ek het die e-pos vir ’n week laat lê en toe besef ek moet eintlik met Bianca daaroor gesels en uitvind hoe sy daaroor voel en of sy oraait is daarmee.
Ons albei was soos ‘you know what, it’s our job. We need to do it, let’s have fun with it.’ Ek moet sê, ons speel baie lekker saam. En dis ook die eerste keer wat ek en Bianca saam op kamera is. In hindsight is dit toe nou ook lekker om een van my beste vriende saam met my op stel te hê.
Oor die karakter
Dit is vir my so ’n lekker karakter. Hugo is ’n mathematical genius, ’n doktor in wiskunde. So hy is ’n groot, groot nerd. Dan kom hy nou in en tutor hierdie seun, Abi se halfbroer, wat hulp nodig het met sy wiskunde. Maar met eerste oogopslag, as hy en Abi mekaar nou sien, dan vlieg die sparks. Hoewel Hugo ’n nerd is en booksmart is, is hy ook baie selfversekerd en hy weet presies wat hy wil hê. En met Abi – she meets her match. Hulle staan skouer aan skouer.
Abi is hierdie no nonsense, go for what you want-karakter. Sy het nie ’n wag voor haar mond nie en doen wat ook al sy wil en gaan vir wat ook al sy wil. Met die vorige verhoudings wat sy aangeknoop het… dit was so half lig en so half ’n pastime thing. Met Hugo is daar van die begin af sparks, ietsie meer as met haar vorige verhoudings.
Maar dan natuurlik, ons is in die besigheid van televisie, so daar is ’n paar kinkels in die kabel. Hulle albei is ewe hardkoppig en eiewys. Ons almal weet verhoudings in die werklikheid is nie black and white nie. Veral as jy sterk persoonlikhede kry en mense van verskillende agtergronde. Dit is so half ’n heightened comedy that we’re playing but set in realness. Die egtheid en die realisme lê in die subteks, in dit wat nie gesê word nie, maar wat met die oë of met ’n kyk gespeel word.
Marlo vs Hugo
Ek is meer teruggetrokke. Hugo vat kanse en weet hy is out of his depth met Abi. Abi is ’n kragtoer op haar eie. Ek dink Hugo het vir my so ’n bietjie confidence gegee. To take that leap and just throw caution to the wind. Gaan vir wat jy wil hê. Dis daai ding van, soos die jong mense sê, YOLO! You only live once! Ek dink dis wat Hugo gedoen het. Hy het net gedink, ‘hier’s my kans’ en hy’s dolverlief. In my persoonlike lewe is ek iemand wat twee keer dink voordat ek iemand nader en ’n bietjie bang vir liefde en commitment is. Marlo is maar baie versigtig as dit by liefde kom. (lag skaam) Met dit kan ek my egter met Hugo vereenselwig want daar kom ’n stadium waar hy baie seerkry en dan by ’n kruispad staan. Waarheen nou? Hoe nou gemaak?
Oor regisseur, Nina Swart
Dis die eerste keer wat ek met Nina werk en sy is so ’n ongelooflike persoon. Maar jare gelede, toe ek nog ’n student was, het ek een jaar by die Baxter gewerk en sy het ’n presenter gig gehad. Sy het hierdie beautiful rooi rok aangehad en ek was só starstruck. Ek gaan sê toe vir haar, ‘luister ek is ’n groot fan van jou. Ek adore jou!’ En sy het dit onthou!
Sy gee ’n mens so baie kreatiewe vryheid om rond te speel. Daar is nooit ’n vervelige oomblik met Nina op stel nie. Waar ander regisseurs ‘cut!’ skree, maak Nina hierdie beautiful, amper orgasmic sound, ‘ah!’ En dan weet ons almal dís die cut. (lag)
Oor Louis Pretorius en Albert Snyman, reeksskeppers
My eerste kamerawerk, my eerste rol vir TV, was in Louis en Albert se reeks, Die Boland Moorde. Ek was daai tyd net uit universiteit uit, en Louis het ’n kans gevat op my en my ge-cast as deel van die polisie-ondersoekspan. Dis lekker om weer saam met hulle te werk en ook om weer terug op stel te wees.
Uitdagings
Om weer terug te gaan na my en Bianca toe – kyk daar is mos nou soentonele en die tipe dinge ook. Sy het my een keer gevra of dit minder awkward sou gewees het as dit nie met haar was nie. Toe sê ek, ‘weet jy wat, nogals ja, maar dit gaan nie oor jou nie. Dit is oor ek jou so goed ken en jy is my beste vriend se verloofde.’ Daar is ’n bietjie van ’n awkwardness, ’n cringe-oomblik wat niks met haar te doen het nie. Dis my eie insecurities. So die intimacy scenes was moeiliker, maar is nou nie iets waar ek huis toe gegaan en gaan huil het oor wat ek vandag aangevang het nie. (lag)
Oor die impak van die intimiteitskoördineerder op stel
Almal op stel hou dit so veilig. En dit maak dit lekker vir ’n akteur. Vir ’n kunstenaar – as jy veilig voel en jy voel gemaklik met dit wat op die tafel gelê word, wil jy eintlik net meer gee. Enige anxiety vlieg dan by die ruit uit, jy weet?
Hoekom moet jy kyk?
Ek dink dit is ’n reeks wat mense nog nie gesien het nie. Dis quirky, dis snaaks, daring. Louis-hulle is baanbrekers in terme van al die reekse wat hulle al gedoen het – van Boland Moorde af tot Boekklub tot Fynskrif. Louis en Albert het hierdie beautiful neiging om iets klein te vat en net hul eie spin daarop te sit. Hulle weet presies wat hulle doen met die gevoel van ’n reeks.