Menu terloops
In Gons [25 Sep 2023]

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’-beoordelaar Bertus Basson deel sy peri-peri-hoenderresep


Lus vir ’n heerlike hoendergereg met ’n byt? Probeer ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’-beoordelaar Bertus Basson se lipafleklekker resep vir peri-peri-hoender.

Stroom nou

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’-beoordelaar Bertus Basson deel sy peri-peri-hoenderresep

Kykers het Bertus Basson die afgelope ruk leer ken as ’n streng, maar regverdige beoordelaar op kosrealiteitsreekse soos Kokkedoor Vuur & Vlam. Die veelsydige sjef, restauranteur, entrepreneur en TV-persoonlikheid het sy eie manier om ’n peri-peri-hoender te laat sing van lekkerte!

Hier deel hy sy spesiale peri-peri-hoenderresep wat in ’n skottelbraai voorberei word. Daar’s ook ’n nuttige wenk sodat jy kan seker maak jou marinade trek diep die hoender binne.

Peri-peri-marinade

6 vars rissies

3 lourierblare

10g koljandersade

10g swartpeperkorrels

15g vars koljanderblare

10g paprika

5g karwysaad

5g cayennepeper

2 suurlemoene – skil en sap

80ml witasyn

60g suiker

20g sout

1 heel hoender

Metode

Meng al die bestanddele saam.

Probeer om dit nie te fyn te meng nie, daar moet nog ’n bietjie tekstuur wees!

Druk die hoender plat (spatchcock) en sny die bene, dit sal help dat die marinade diep in die hoender intrek.

Marineer die hoender oornag.

Braai oor oop, matige kole in ’n ketelbraaier. Probeer om nie die hoender te gereeld om te draai nie.  

Hou aan om die hoender deurentyd met die marinade te bedruip vir die duur van die kooktyd.

Die perfekte peri-peri-hoender moet ’n krakerige vel, sappige vlees en ’n geurbalans tussen pikant en matige skerpheid hê.


Kokkedoor Vuur & Vlam saai Donderdagaande uit om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144 en DStv Stream). Die reeks is ook op Catch Up beskikbaar. Ons geliewe resensent, Annie Brand, se recaps word direk ná elke nuwe episode omstreeks 21:00 gepubliseer.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies