Menu terloops
In Gons [25 Sep 2023]

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’-beoordelaar Bertus Basson deel sy peri-peri-hoenderresep


Lus vir ’n heerlike hoendergereg met ’n byt? Probeer ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’-beoordelaar Bertus Basson se lipafleklekker resep vir peri-peri-hoender.

Stroom nou

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’-beoordelaar Bertus Basson deel sy peri-peri-hoenderresep

Kykers het Bertus Basson die afgelope ruk leer ken as ’n streng, maar regverdige beoordelaar op kosrealiteitsreekse soos Kokkedoor Vuur & Vlam. Die veelsydige sjef, restauranteur, entrepreneur en TV-persoonlikheid het sy eie manier om ’n peri-peri-hoender te laat sing van lekkerte!

Hier deel hy sy spesiale peri-peri-hoenderresep wat in ’n skottelbraai voorberei word. Daar’s ook ’n nuttige wenk sodat jy kan seker maak jou marinade trek diep die hoender binne.

Peri-peri-marinade

6 vars rissies

3 lourierblare

10g koljandersade

10g swartpeperkorrels

15g vars koljanderblare

10g paprika

5g karwysaad

5g cayennepeper

2 suurlemoene – skil en sap

80ml witasyn

60g suiker

20g sout

1 heel hoender

Metode

Meng al die bestanddele saam.

Probeer om dit nie te fyn te meng nie, daar moet nog ’n bietjie tekstuur wees!

Druk die hoender plat (spatchcock) en sny die bene, dit sal help dat die marinade diep in die hoender intrek.

Marineer die hoender oornag.

Braai oor oop, matige kole in ’n ketelbraaier. Probeer om nie die hoender te gereeld om te draai nie.  

Hou aan om die hoender deurentyd met die marinade te bedruip vir die duur van die kooktyd.

Die perfekte peri-peri-hoender moet ’n krakerige vel, sappige vlees en ’n geurbalans tussen pikant en matige skerpheid hê.


Kokkedoor Vuur & Vlam saai Donderdagaande uit om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144 en DStv Stream). Die reeks is ook op Catch Up beskikbaar. Ons geliewe resensent, Annie Brand, se recaps word direk ná elke nuwe episode omstreeks 21:00 gepubliseer.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Augustus 2026

Die waarheid oor ’n dokter lei tot ’n dramatiese wending en Joe is desperaat om vrae oor sy identiteit te beantwoord. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer
Sien alle opsies