Menu terloops
In Lysie-lysie [23 Sep 2023]

Kokkedore deel beste braaigeheime vir Braaidag


Koester jou kole, hou die witwyn op ys en maak seker om alles te proe wat jy voorsit. Hier deel van die deelnemers van kykNET se ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ van hul beste braaiwenke vir Braaidag.

Stroom nou

Kokkedore deel beste braaigeheime vir Braaidag

Tien deelnemers van die koswerklikheidsreeks Kokkedoor Vuur & Vlam deel hul braaigeheime vir Braaidag wat op Sondag, 24 September op Erfenisdag gevier word. 

1

Ashley Dokter (34), Mosselbaai

As jy langs my vuur kom staan, ongeag wat op die kole aangaan . . . Wees net die beste mens wat jy kan wees. Wees ’n trotse Suid-Afrikaner en geniet dit net. 

2

Borries Bornman (46), Alberton 

Vergeet van tyd – soveel minute op dié kant en soveel minute op daai kant op die vuur – dit maak geen sin nie want geen vuur is dieselfde hitte 15 minute uitmekaar nie.  Moenie uit vuur hardloop nie. Kyk na die vleis se kleur. Voel jou vleis. 

Kokkedoor Vuur & Vlam Borries
Borries Bornman. Foto: Verskaf
3

Cindy Menigo (38), Wellington

Beheer heeltyd jou vuur en kole. Sy is soos ’n vrou . . . as jy haar té kwaai stook, gaan jy brand en as jy haar afskeep, kry jy vaal kos! Braai waarvan jy hou, jy hoef niemand te beïndruk nie. As jy met liefde braai sal dit heerlik wees. Proe alles voordat jy dit voorsit.

4

Gert Joubert (31), Jeffreysbaai

As jy dit geniet, dan doen jy iets reg.

5

Kevin Reed (24), Brackenfell

Hou jou hitte dop.

6

Bertus Fourie (49), Wellington

Die witwyn moet koud wees. Op ’n ernstige noot, as ek moet . . .  raak stil, en dissekteer die vuur in sy dele: Vlamme, rook, as, kole – en jy sal gou besef dat jy soveel meer kan doen as net ’n tjoppie gaar kry. Vlamme seël en kole rooster terwyl as stowe en rook geur verskaf.   

7

Joubert Spies (38), Pretoria

As jy dink jy het genoeg vuur om te braai, gooi nog hout op!

8

Karen Els (46), Malmesbury

Dis basies twee wenke wat saamloop wat ek altyd probeer toepas. Moet nooit jou vleis aanhoudend omdraai nie. Nadat jy dit op jou warm rooster geplaas het, draai jy dit net een keer om. En ek hou altyd ’n spuitbottel met gegeurde soutwater/olyfolie byderhand om die vleis gereeld te spuit. Dis dieselfde tegniek waarop bedruiping vir ’n spit werk.

Karen, Kokkedoor, Braaidag, Braaiwenke
Karen: “Moet nooit jou vleis aanhoudend omdraai nie.” Foto: Verskaf
9

Nate Smith (48), Durbanville

Moenie bang wees vir kole wat té warm is nie. Dit werk beter vir karamelisering en ook om die sous binne te hou. Jy kan dit dan na kole met ’n laer temperatuur beweeg en gaarheid bepaal. Dis nie so maklik as jy met kole begin het wat te koud was nie. 

10

Nicole Buirman (35), Robertson

Moenie die vleis dóódbraai nie.


Kokkedoor Vuur & Vlam saai Donderdagaande uit om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144 en DStv Stream). Die reeks is ook op Catch Up beskikbaar. Ons geliewe resensent, Annie Brand, se recaps word direk ná elke nuwe episode omstreeks 21:00 gepubliseer.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies