In kykNET se Kokkedoor Vuur & Vlam spook deelnemers sake in die kombuis met hul braai-talente uit.
Die 20 deelnemers – tien onthoubraaiers en tien kinkelbraaiers – moet alles oor vlamme, op die kole, binne-in die as of op die rooster voorberei terwyl hulle ook die beoordelaars, Bertus Basson en Kobus Burger, met hul braaivaardighede probeer beïndruk. Dié lot kry darem tyd om snaaks te wees so tussendeur die braai en die senutergende uitdagings deur.
Hier is ’n keur van die heerlike sêgoed wat die deelnemers en beoordelaars op die stel van Kokkedoor Vuur & Vlam kwytgeraak het. (Dié lys word ná elke nuwe episode van die reeks bygewerk.)
Jan oor wat braai vir hom beteken: “As ek die vuur aansteek, beteken dit vir my dat ek net kan rustig wees en ontspan. Die vuur praat nie terug nie, die vuur kan my nie oordeel nie. Ek kan my wyntjie geniet, en ek kan my vleis braai.”
Nataan oor sy grootwordjare en hoe dit sy verhouding met kos beïnvloed het: “Die moeilikste vraag toe ek grootgeword het was, ‘wat eet ons vanaand?’ Nie oor jy stressed is oor wat om te maak nie. Maar omdat jy weet daar’s niks om te maak nie. En dit leer jou om te werk met wat jy het. Daar kan nog altyd baie liefde in baie min wees.”
Joubert (terwyl Borries die mieliepap-tamalas maak): “Dit lyk baie sexy hoor, amper soos jy!”
Weer Joubert aan Borries terwyl hy die smoor wat hy gemaak het, in ’n bakkie skep: “Ek is sommer smoorverlief op jou!”
Borries se reaksie op Joubert se troetelwoorde…: “Kom ons kry die wors op die tafel, en dan praat ons weer.”
Mooie Kevin net voordat die beoordelaars sy pot geproe het: “Proe net mooi, asseblief.”
Rodney ná hy uitgeskop is: “Om eerlik te wees, ek het geweet, want ek het nog nooit in my een lewe só slegte potjiekos gemaak nie.”
Gert oor sy kos (wat baie lekker proe, al lyk dit nie altyd mooi nie…): “Ek weet dit is seker soos as jy op die hoofweg ry en jy’t nou ’n Ferrari en hier kom ’n Citi Golf wat goed opgezoep is, en hy ry jou in jou moer in!’
Bertus Basson heel onskuldig aan Oom Jurie voor die wors-uitdaging: “Het oom al ooit ’n worsfout gemaak?”
Tjaart: “Oom Jurie het hom gevat hoor. Hy vat ’n wors vas.”
Deelnemer Bertus: “Boerewors spuit as jy hom byt.”
Joubert oor hoe besig hulle in die kombuis is: “Daar’s nie eens tyd vir kakpraat vandag nie.”
Mandre oor sy spanmaat Karen wat hom soos ’n kind hanteer: “As ek ’n ma in die kombuis soek, sal ek saam met my ma kook. Ek soek ’n spanmaat.”
Nataan oor Bertus wat sy dhania-wors gaan proe: “Dis maar nou soos as Michael Schumacher in jou kar klim en vir jou sê, ‘jy’t mos gesê jy kan ry – nou ry’.”
Deelnemer Bertus oor Kobus se kommentaar: “Daai ooghare van hom het gewikkel soos my vroutjie s’n as ek te laat by die huis kom.”
Kobus oor Mandre en Lara: “Hulle sit die ‘span’ in spanning.”
Bertus se wyse woorde: “Hoe minder jy op die bord sit, hoe minder foute kan jy maak.”
Tjaart se lewensles: “Ek werk mooi met mense, want ek weet hoe dit voel om nie gehoor te word nie – of om misverstaan te wees. So, ek maak altyd ’n punt daarvan om mense uit te hoor, hulle plek te gee. Dit is my manier om energie in mense in te stort.”
Tjaart: “Ek is well done van binne en buite, nie soos daai homp vleis nie…”
Mandre toe Kobus en Bertus die Rugbywêreldbeker-uitdaging aankondig: “Kobus begin sy hemp uittrek en ek dink ek moet omdraai en weghardloop want hier gaan nou weird goed hier gebeur…”
Joubert: “Soos pap en sous loop braaivleis en rugby saam.”
Joubert aan Nicole ná hulle ’n paar danspassies in die kombuis probeer gooi het: “As ons braai soos ons dans, dan is ons in die moeilikheid!”
Gert deel sy mening oor rugby: “Kan 15 mans agter een fokken bal aanhardloop? Ek sal my eie rugbybal koop en dan’s dit myne alleen.”
Gert oor die wilde spinasie wat hy en Karen net nie skoon kan kry nie: “Hierdie wilde spinasie is soos ’n vuil kind wat in die modder gespeel het.”
Karen ná sy sommer vinnig-vinnig ’n oond in die grond “bou”: “Ek’s nie Bear Grylls nie, ek’s Betsie Grylls!”
Deelnemer Bertus: “Maar dit is die ding van braai in die elemente: dit is ’n veld-gelykmaker. Almal het gesukkel, almal het gesweet, almal het geruik na rook. Son, reën, of waai: ons braai!”
Beoordelaar Bertus: “Niemand in die wêreld braai beter as ons, of speel beter rugby nie. Ons liefde vir braai en rugby in Suid-Afrika is universeel.”
Ashley: “In rugby sien jy dadelik die score ná die wedstryd. In Kokkedoor moet jy wag…”
Ashley (oor die hoender-uitdaging): “My all-time enemy: Hoenders.”
Cindy (terwyl sy hoenderpote sy): “Dit voel asof ek ’n kind se vingers afknip.”
Gert (oor die fancy drukkokers wat nie hy of Karen kon uitfigure nie): “Ek’s seker as jy hard probeer, kan jy die CIA hack met daai kookpot.”
Cindy (oor Joubert wat in die kombuis spartel): “Hoender is vir hom ’n groente. So ek dink hy het in sy kop gehad dis ’n wortel wat hy braai vandag.”
Nicole (meer as een keer deur die episode…): “Hoenderbraai is regtig ’n bliksem.”
Joubert (oor wat in sy hart aangaan in die kombuis): “Ek kook vir mense wat nie meer by my is nie… Daar’s iets soos imposter syndrome, waar jy net nie voel jy is goed genoeg nie. Kokkedoor het daai stemmetjie vir my ’n bietjie stiller gemaak.”
Mooie Kevin: “Ek hoop regtig nie ek moet ‘n trui brei vir iemand nie, anders kan ek maar net sowel nou huis toe loop.”
Nataan: “Mense sê altyd: ‘Vertel jou storie deur die kos’. Dit hoef nie net te wees met die geure nie, hoe jy dit bedien kan ook die storie vertel.”
Mandre: “Ons is hier om te wen, nie om te speel nie.” (Terwyl die opdrag duidelik was om te speel…)
Nataan: “Sometimes you are the flavour, and sometimes you are the labour.”
Nicole (oor Mandre): “Ek dink nie hy het genoeg blokkies gebou as kind nie.”
Mandre: “Ek is DIY, maar ek dink Nicole is meer DIY as wat ek is.”
Kokkedoor Vuur & Vlam saai Donderdagaande uit om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144 en DStv Stream). Die reeks is ook op Catch Up beskikbaar. Ons geliewe resensent, Annie Brand, se recaps word direk ná elke nuwe episode omstreeks 21:00 gepubliseer.