Menu terloops

Kokkedoor Vuur & Vlam S1

[Gepubliseer op 27 Jul 2023]


In die nuutste aflewering in die ‘Kokkedoor’-franchise op kykNET, ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’, moet deelnemers sake in die kombuis met hul braai-talente uitspook.

Kyk nou

Kokkedoor Vuur & Vlam S1
Kyk lokprent

Vir kykNET se Kokkedoor Vuur & Vlam is die bekende sjef Bertus Basson en braai-ghoeroe Kobus Botha as nuwe beoordelaars gekies. En dié keer is daar ook ’n nuwe aanslag met deelnemers wat sake in die kombuis met hul braai-talente moet uitspook. 

Die 20 deelnemers – tien onthoubraaiers en tien kinkelbraaiers – sal alles oor vlamme, op die kole, binne-in die as of op die rooster moet voorberei terwyl hulle ook die beoordelaars met hul braaivaardighede moet beïndruk. 

Volgens die reeks se inhoudsvervaardiger en koskenner, Errieda du Toit, bring die oop vuur en warm kole ” ’n onvoorspelbaarheid en baie drama. Jy kan nie die vuur beheer met die druk van ’n knoppie nie… En dit raak wárm in die kombuise, warmer as ooit vantevore. Die feit dat dit in Struisbaai – reg by die see – afspeel, bring ook ’n nuwe dimensie na die skerm. Die natuur en sy elemente ontwikkel amper ’n karakter van sy eie.”

Hou dop vir ons weeklikse recaps van Kokkedoor Vuur & Vlam ná elke episode se uitsending. Lees meer oor die deelnemers hier.


Weeklikse episodes vanaf Donderdag, 27 Julie 2023, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn). Episodes sal ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees.  

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies