Menu terloops

Kokkedoor Vuur & Vlam S1

[Gepubliseer op 27 Jul 2023]


In die nuutste aflewering in die ‘Kokkedoor’-franchise op kykNET, ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’, moet deelnemers sake in die kombuis met hul braai-talente uitspook.

Kyk nou

Kokkedoor Vuur & Vlam S1
Kyk lokprent

Vir kykNET se Kokkedoor Vuur & Vlam is die bekende sjef Bertus Basson en braai-ghoeroe Kobus Botha as nuwe beoordelaars gekies. En dié keer is daar ook ’n nuwe aanslag met deelnemers wat sake in die kombuis met hul braai-talente moet uitspook. 

Die 20 deelnemers – tien onthoubraaiers en tien kinkelbraaiers – sal alles oor vlamme, op die kole, binne-in die as of op die rooster moet voorberei terwyl hulle ook die beoordelaars met hul braaivaardighede moet beïndruk. 

Volgens die reeks se inhoudsvervaardiger en koskenner, Errieda du Toit, bring die oop vuur en warm kole ” ’n onvoorspelbaarheid en baie drama. Jy kan nie die vuur beheer met die druk van ’n knoppie nie… En dit raak wárm in die kombuise, warmer as ooit vantevore. Die feit dat dit in Struisbaai – reg by die see – afspeel, bring ook ’n nuwe dimensie na die skerm. Die natuur en sy elemente ontwikkel amper ’n karakter van sy eie.”

Hou dop vir ons weeklikse recaps van Kokkedoor Vuur & Vlam ná elke episode se uitsending. Lees meer oor die deelnemers hier.


Weeklikse episodes vanaf Donderdag, 27 Julie 2023, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn). Episodes sal ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees.  

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies