Menu terloops
In Gons [22 Mar 2024]

Kyk nou: Agter die skerms op die stel van ‘Heart of the Hunter’


Hoe lyk dit as op die stelle van TV-reekse en flieks as die kameras nie aan die rol is nie? Die akteurs grap en lag saam; die regisseur deel notas uit; iemand skuif die props weer reg… Hier is ’n blik op wat agter die skerms op die stel van die plaaslike fliek, ‘Heart of the Hunter’, gebeur het.

Kyk nou: Agter die skerms op die stel van ‘Heart of the Hunter’
Kyk lokprent

Heart of the Hunter is gegrond op die gelyknamige topverkoperboek deur die gewilde plaaslike skrywer Deon Meyer. Dié boek is oorspronklik meer as twee dekades gelede in Afrikaans as Proteus uitgegee, maar of dit nou in Afrikaans, Engels, in ’n boek, of in ’n fliek vertel word – dié is ’n adrenalienbelaaide verhaal met politieke intrige as die storie se backbone.

Heart of the Hunter volg ene Zuko Khumalo (Bonko Khoza), ’n voormalige sluipmoordenaar en nou familieman, wie se verlede by hom kom spook as ’n geheime agentskap op hom jag maak nadat hy inligting oor ’n korrupte presidensiële kandidaat bekom.

Ook in die rolverdeling tel Tim Theron, Milan Murray, Connie Ferguson en Deon Coetzee. Die regisseur is Mandla Dube wat ook die regie van onder meer die briljante Silverton Siege behartig het.

Hier is wat op die stel van dié fliek tussen takes gebeur het.


Vanaf 29 Maart 2024 op Netflix beskikbaar om te stroom.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies