Menu terloops
In Gons [22 Mar 2024]

Kyk nou: Agter die skerms op die stel van ‘Heart of the Hunter’


Hoe lyk dit as op die stelle van TV-reekse en flieks as die kameras nie aan die rol is nie? Die akteurs grap en lag saam; die regisseur deel notas uit; iemand skuif die props weer reg… Hier is ’n blik op wat agter die skerms op die stel van die plaaslike fliek, ‘Heart of the Hunter’, gebeur het.

Kyk nou: Agter die skerms op die stel van ‘Heart of the Hunter’
Kyk lokprent

Heart of the Hunter is gegrond op die gelyknamige topverkoperboek deur die gewilde plaaslike skrywer Deon Meyer. Dié boek is oorspronklik meer as twee dekades gelede in Afrikaans as Proteus uitgegee, maar of dit nou in Afrikaans, Engels, in ’n boek, of in ’n fliek vertel word – dié is ’n adrenalienbelaaide verhaal met politieke intrige as die storie se backbone.

Heart of the Hunter volg ene Zuko Khumalo (Bonko Khoza), ’n voormalige sluipmoordenaar en nou familieman, wie se verlede by hom kom spook as ’n geheime agentskap op hom jag maak nadat hy inligting oor ’n korrupte presidensiële kandidaat bekom.

Ook in die rolverdeling tel Tim Theron, Milan Murray, Connie Ferguson en Deon Coetzee. Die regisseur is Mandla Dube wat ook die regie van onder meer die briljante Silverton Siege behartig het.

Hier is wat op die stel van dié fliek tussen takes gebeur het.


Vanaf 29 Maart 2024 op Netflix beskikbaar om te stroom.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies